Ons NPO
Agtergrond
Die NPO is in 2007 geregistreer by die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Sedert 2007 is ons suksesvol in ons projekte en programme en is die landbou werker en sy gesin ons eerste prioriteit. Ons lewer gemeenskapsontwikkelingsdiente aan die breë Witzenberg gemeenskap.
Doelwit
Die organisasie se hoofdoelwitte is:
- Holistiese ontwikkeling van die sosiale, emosionele, geestelike en intellektuele aspekte van die gemeenskap deur middel van verskeie projekte.
- Om verantwoordelike burgerskap aan te moedig
- Om maatskaplike behoeftes en uitdagings aan te spreek deur die gemeenskap in staat te stel om persoonlike en sosiale verantwoordelikheid te neem.
Die organisasie se sekondêre doelwitte is:
- Opleiding met die oog op die ontwikkeling van jeug en die breër gemeenskap
- Om vir regverdige landbou werker se regte te staan.
- Om in samewerking met ander organisasies (hoofsaaklik maatskaplike ontwikkeling) te werk.
Hierdie doelwitte sal op die volgende wyses realiseer:
- Kampe (verdeel in Vrouekampe, Mannekampe, Xhosa en Jeugkampe)
- Gemeenskapsleiers opleiding
- Jong werkendes uitstappie
- Nuweland en Sokker uitstappies
- Talent kompetisie
- Koor kompetisie
- Witzenberg Prestige Landboutoekennings
- Mannedag
- Vrouedag
- Tuinbou kompetisie
- Sportprogramme soos Sokker liga
- Jeugontwikkeling:
- Jeugdag
- Jeugprogram
- Tienermentor program
- Landbou Jeugprogram
- Skoleprojek
- Talentkompetisie
- Junior Omgewingsbewaring kamp (Graad 7)
- Senior kamp (Graad 9-11)
- Vakansie programme
- Skool musiekprojekte (kitaar klasse en blokfluit klasse)