Gereelde vrae
- Hoe lank voor die tyd mag ‘n mens kanselleer vir ‘n kursus?
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het ‘n kansellasie beleid van 72 uur (3 werksdae). Groepe kan 5 dae voor die tyd kanselleer. Indien daar meer as 5 inskrywings per plaas is, 5 werksdae voor die tyd. Bestuurskursusse moet 2 weke voor die tyd gekanselleer word. - Wanneer kry ek my sertifikaat?
Ons stuur die sertifikate uit aan die einde van elke maand. Maksimum wagperiode is 2 maande. - Hoe bespreek ‘n nie-lid vir die kort kursusse?
Kontak asb vir Euria by die kantoor. - Ek het my “teken aan” besonderhede verloor. Hoe nou?
Kontak asb vir Euria by die kantoor sodat sy vir jou kan help om ‘n nuwe profiel met nuwe besonderhede te skep. - Kan ek privaat inskryf vir ‘n leerlingskap?
Nee, jy moet ‘n werksplek hê.