Geskiedenis
Wat ons doen
Die Koue Bokkeveld-opleidingsentrum is in ‘n landbougebied in die Wes-Kaap geleë en fokus op alle aspekte van gemeenskapsontwikkeling vir werkers in die omgewing. Ons gebruik ‘n holistiese benadering (insluitend akademiese kursusse, lewensvaardighede en gemeenskapsontwikkelingsprojekte) om te verseker dat die mense wat ons bereik intellektueel, sosiaal en geestelik bevoordeel word. Die sentrum is in twee entiteite verdeel; ‘n maatskappy wat opleiding en vaardigheidsontwikkeling doen, en ‘n NPO wat fokus op gemeenskapsontwikkeling.
Kliek hier vir meer inligting.