Ontmoet die span

Ons toegewyde en bekwame span staan gereed om elke kliënt te help. 

Carmen Roberts - Uitvoerende Hoof en Direkteur

  • Strategiese leierskap en algemene bestuur van die opleidingsentrum.
  • Hoofskakel met sleutelbelanghebbendes (lede/kliënte, SETA’s, opleidingsaanbieders en hulpbronne).
  • Bestuur en koördinering van WSP- en ATR-prosesse.
  • Beplanning en implementering van die jaarlikse opleidingsprogram.
  • Uitvoering van gereelde plaasbesoeke om verhoudings te bou en kwaliteit te verseker.

Edna Nigrini - NPO Bestuurder en Direkteur

  • Strategiese bestuur en leiding van die NPO.
  • Ondersteuning aan die maatskappy waar nodig.
  • Koördinering van PROCARE-dienste.
  • Bestuur van projekte en inisiatiewe, insluitend Witzenberg Prestige Landboutoekennings, Musiekprojek, Bestuursdag en Jeugontwikkelingsprogramme.
  • Bestuur van NPO-befondsing, voorleggings en gepaardgaande administrasie.
  • Hantering van sosiale media en kommunikasie.

Landi Kahlmeyer - Gemeenskapsontwikkelaar

  • Beplanning en uitvoering van NPO-projekte, insluitend Jeugdag, Vrouedag en Mannedag.
  • Koördinering van ontwikkelingskampe (Junior, Senior en die volledige programproses).
  • Hoofskakel met GOB’s en die aksiekomitee.
  • Uitvoering van gemeenskaps- en plaasbesoeke.
  • Skakeling met relevante hulpbronne en instansies.

Jacob Coetzee - Leerlingskapkoördineerder en Landboudepartement Bestuurder

  • Bestuur en koördinering van alle landbouleerlingskappe.
  • Beplanning en hantering van logistiek, insluitend klasroosters.
  • Skakeling met plase en AgriSETA.
  • Assessering van studente se werk en take.
  • Aanbieding van klasse en opvoedkundige uitstappies.
  • Aanbieder van relevante kortkursusse.
  • Ontwikkeling van nuwe leermateriaal en vernuwing van bestaande inhoud.

Emang Lenyatsa - Administratiewe en Opleidingsondersteuning

  • Administratiewe ondersteuning vir landbouleerlingskappe.
  • Hantering van vertalings en taalondersteuning.
  • Ondersteuning tydens die aanbieding van landbouleerlingskappe.
  • Tolk- en ondersteuningsdienste tydens kortkursusse.
  • Betrokkenheid by die NPO-afdeling, met spesifieke fokus op sokkerinisiatiewe.

Naledi Rampone - Opleidings- en Projekondersteuning

  • Ondersteuning met klasaanbiedings vir landbouleerlingskappe.
  • Aanbieding van verskeie kortkursusse, insluitend voedselveiligheidsopleiding.
  • Hantering van vertalings en taalondersteuning.
  • Betrokkenheid by NPO-projekte en gemeenskapsinisiatiewe.
  • Ontwikkeling en skryf van leermateriaal vir landbouleerlingskappe.

Euria Cloete - Senior Administratiewe Beampte

  • Hantering van navrae en besprekings vir kortkursusse.
  • Bestuur en instandhouding van databasis en Pastel-administrasie.
  • Opstel en uitreik van EuroGAP-briewe.
  • Koördinering van vurkhysers-opleiding (inskrywings, roosters en navrae).
  • Ontvangs van studente en monitering van bywoning.

Danelle Titus - Ontvangs- en Administratiewe Beampte

  • Professionele bestuur van ontvangs en eerste kontakpunt vir besoekers en kliënte.
  • Koördinering van lokaal- en etebesprekings.
  • Bestuur en administrasie van die e-leer platform.
  • Opstel, druk, verpakking en verspreiding van sertifikate.
  • Registrasie van studente op AgriSETA Indicium.
  • Fasilitering van die musiekprojek en aanbieding van kitaarlesse.

Marnel Human - Administratiewe Beampte

  • Opstel en koördinering van die jaarlikse opleidingsprogram in samewerking met kortkursus aanbieders.
  • Uitvoering van bemarking plaasbesoeke.
  • Bestuur en indiening van WSP- en ATR-prosesse.
  • Hantering en koördinering van AgriSETA-befondsing.
  • Koördinering van gespesialiseerde landbouprojekte.

Jarred Muller - Finansiële Intern

  • Bestuur en verwerking van fakturering (Pty en NPO), insluitend verifikasie, uitreiking en kliëntkommunikasie.
  • Hantering van finansiële rekords op Pastel (bankstate, kleinkas en datavaslegging).
  • Rekonsiliasies en finansiële administrasie, insluitend leningsrekeninge en ledegeld.
  • Verseker nakoming en opdatering van dokumentasie (B-BBEE, tax clearance, CSD).
  • Ondersteuning met jaar-einde prosesse, WSP’s en projekverwante administrasie.
  • Opvolg van uitstaande betalings en algemene administratiewe ondersteuning (databasis, ure, kliëntinligting en programme).