Ons 2021 jaar het opwindend begin met vele vernuwing en jeug insette. Dit is duidelik vanuit ons bywoningsgetalle dat die jeug ‘honger’ was na 2020-COVID om toegerus te word met vaardighede en om interaksie te hê met leerders van ander plase. Die volgende nuwe projekte het veral uitgestaan en was suksesvol geïmplementeer:
- Ouer-en-kind aand: Gesprekke en aanbieding oor vakkeuses en
loopbaan opsies. - FARR (Foundation for Alcohol Related Research) jeugdag:
Teaterproduksie oor tienerswangerskap en Fetale Alkoholsindroom
(FAS). - 1,2,3 Werk – Produktiewe ‘GAP’ jaar vir matrikulante.
- Vakansieprogramme:
1. Besige Bytjies – Kreatiewe aktiwiteite vir
laerskoolleerders.
2. Voete Jik – Dans werkswinkel vir hoërskoolleerders.
3. Loopbaantoetse- Help met vakkeuses en
loopbaan keuses.