Maart 2022_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
‘N MAAND VOL HOOGTE EN LAAGTE PUNTE
Ons lewe in onsekere tye. Kovid-19 klop wel al hoe minder aan ons deur en die protokolle en regulasies is vir die eerste keer in twee jaar verslap na die laagste vlak nog, maar toe kom gooi Rusland vir ons 'n "curve-ball". Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum verstaan dat die Oekraïne-Rusland-konflik werklike gevolge vir Suid-Afrika se landbousektorprestasie sal hê. Daarom kan ons lede verseker wees dat daar so vêr moontlik geen addisionele prysverhogings in kursusfooie sal wees nie en ledegeld is dieselfde as in 2021. Ons het begrip vir hierdie onsekere en moeilike ekonomiese tye.

Daar was omtrent strategiese planne gemaak gedurende Maart-maand. Die personeel van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het hul eerste strategiese sessie/spanbou van die jaar gehad, ons het 'n waardevolle sessie saam met die aanbieders tydens ons jaarlikse aanbieders werkswinkel gehad en die sokkerspelers moes strategiese planne maak en "slim" speel om as wenners van die velde af te stap.

Lees meer onder oor die lekker kamp wat ons beplan vir die skoolkinders, watter opleiding plaasgevind het en beplan word, en nog vele meer.
BESTUURSDAG - 19 MEI 2022
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum beplan weer 'n leersame dag met praktiese voorstelle om te implementeer. Ontmoet solank twee van ons sprekers onder. Bespreek vroegtydig jou plek op ons webwerf by www.kbos.co.za of by euria@kbos.co.za of vir enige navrae kontak edna@kbos.co.za 
AANBIEDERS WERKSWINKEL
Op 23 Maart het ons jaarlikse aanbieders werkswinkel plaasgevind. Marjorie Smit van Total Solution Partners, was ons gasspreker vir die dag. Sy het ons raad gegee oor aanlyn opleiding en die verskillende maniere waarop dit gedoen kan word, en ook hoe om nogsteeds die interaksie tussen student en fasiliteerder te behou. Die voorstelle en uitdagings wat tydens ons evaluasies en plaasbesoeke geidentifiseer is, is ook met ons aanbieders bespreek. Ons glo dit was 'n suksesvolle dag.
VEILIGHEID EN GESONDHEIDSVERTEENWOORDIGERS E-LEER
Ons het vir die eerste keer die Veiligheid en gesondheidsverteenwoordigers e-leer kursus op ons program. Kostes beloop R250 per persoon en ons eerste kursus het reeds op 28 Maart 2022 plaasgevind. Ons volgende kursusse sal op 6 Junie 2022 en 1 Augustus 2022 plaasvind. Skryf nou in op ons webwerf of kontak vir Euria indien jul dit nie wil misloop nie. Hou asb. ingedagte dat slegs studente wat reeds die volle 2 dae Veiligheid en gesondheidsverteenwoordigers kursus bygewoon het, hierdie e-leer kursus mag doen. Sertifikate sal as bewys aangevra word.
GRAAD 11 LEIERSKAP ONTWIKKELING KAMP
"Unplug" van die chaos daar buite, kom leer uit nuwe ervarings en geniet ‘n lekker tyd saam jong en lewenslustige mentors!
 
•             Buite avontuur en hindernisbaan
•             Probleemoplossingsvaardighede
•             Leierskap vaardighede
•             Selfvertroue
•             Spanbou
•             Nuwe vriende
 
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en Kunika Outdoors bied ‘n Graad 11 kamp aan vir Skurwerberg- en Bella Vista Hoërskool leerders op 8-10 April by Ribbokskloof (Bronaar). Leerders wat reeds ingeskryf is vir die 11 Proses hoef nie weer in te skryf nie. Kostes is R350 per leerder. Stuur asb. jou plaas se leerders se name teen 4 April 2022 vir Edna by edna@kbos.co.za

Hier volg foto's van watter lekker aktiwiteite verwag kan word by die kamp.
Op 16 Maart 2022, het die personeel van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum hul eerste strategiese sessie/spanbou van die jaar gehad. Sien onder hoe daar koppe bymekaargesit is.
TREKKER OPERATEUR KURSUS EN SERTIFIKATE
Ons wil julle net weer herinner aan die slaagvereistes vir die trekker operateur kursus, voordat sertifkate uitgereik gaan word aan studente. Indien `n student nie aan die vereistes voldoen nie, sal daar nie sertifikate vir daardie student uitgereik word nie. Ons sal wel `n bewys van bywoning uitreik. Studente kan wel na afloop van die eerste probeerslag/poging weer `n assessering doen. Indien die student dan aan al die vereistes voldoen sal `n sertifikaat uitgereik word.
MEDIESE GESKIKTHEID KLARING - VURKHYSER
Tydens die plaasbesoeke het dit onder ons aandag gekom dat van die administratiewe vereistes rondom die vurkhyser opleiding uitdagings inhou vir sommige van ons lede.  Een van die vereistes is die mediese geskiktheid verslag van die drywer. Hierdie is `n uitdaging vir plase wat nie `n Suster het wat die mediese geskiktheid klaring kan doen nie, met die gevolg dat addisionele kostes moet aangegaan word om so `n verslag te kan kry, wat by tye meer as die kursuskoste self is. Ons onderhandel tans met `n “Beroepsuster" wat een keer `n week beskikbaar sal wees om hierdie toets te doen, teen `n verminderde fooi, ten einde die verslag te kry. Ons beoog om op `n geografiese rotasie-stelsel te werk. Meer inligting rakende kostes en die verskillende toetse wat gedoen kan word sal met die volgende nuusbrief aan julle gekommunikeer word. 
GRAAD 9 ROOTSKILLS
Wat is ons veronderstel om by ons ouerhuis te leer, maar leer nie of kinders wil nie hoor nie? Rootskills. Ons lê die fondasie vas van basiese waardes. Ons nooi alle graad 9’s uit om in te skryf vir ‘n dag vol interaktiewe en buitelug aktiwiteite ook aangebied deur Kunika Outdoors by Ribbokskloof (Bronaar). Leerders wat reeds ingeskryf is vir die 9 Proses hoef nie weer in te skryf nie. Kostes is R100 per leerder. Stuur asb. jou plaas se leerders se name teen 11 April vir Edna by edna@kbos.co.za
 
Dag Datum Tyd Skool
Saterdag 23 April 08:00-16:00 Skurweberg + Bella Vista
Saterdag 7 Mei 08:00-16:00 Ceres Sekondêr + Iingcinga Zethu
VASTRAP VAT DIE SOKKER-BEKER HUIS TOE!
2022 se sokker-finaal word beskryf as die "beste" nog. Die wedstryd het in Ceres by die Munisipaliteit se sportvelde plaasgevind en is deur WLFA georganiseer. Die toeskouers/ondersteuners se gedrag was baie goed en beskaafd, en aansienlik beter as die afgelope tyd op die plase. Die energie was aansteeklik en die sportmangees was mooi om te aanskou.
Ons wil graag die Koue Bokkeveld Sokker Komitee bedank vir hul onsterflike gees en deursettingsvermoë om die sokker-liga onder die moeilike omstandighede te reël. 
Baie geluk aan die 4 spanne; Dennekruin, Vastrap, Hoogland en Tandfontein, wat in die semi-finale deelgeneem het. Vastrap en Tandfontein het mekaar in die opwindende finaal aangevat, waar Vastrap die wedstryd met 'n 3-2 oorwinning afgesluit het. Sien onder foto's van die finaliste.
Naaswenners: Tandfontein
Wenners: Vastrap
BROKKIES:
1. Opkomende kursusse: Bespreek jul plekke nou op ons webwerf of by Euria.
  • Veilige hantering van gifstowwe: beginners: 14 April te Ceres
  • Basiese beginsels van toesighouding Afrikaans: 3 Mei te Ceres
  • Xhosa gespreksklasse: 3 Mei te KBOS
  • Fokus en tydbestuur: 12 Mei te Ceres
2. 1,2,3 Werk Jeugprogram: Ons wil graag in Mei met hierdie program begin en ons wag nog vir befondsing. Begin solank asb. om 'n opname te maak en te dink en besluit wie jul wil inskryf. Vir enige navrae of inskrywings kontak asb vir edna@kbos.co.za
Onder volg 'n foto van die Pluk Assessering by ZZ2.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*