Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Landbou opleiding en menslike ontwikkeling



Opkomende kursusse
Q3. Septiese Tenk Dag
2022-07-25 8:30 am
Deel 1:
Septiese tenke in algemeen.
- Die regte grootte en keuse van septiese tenke.
- Die korrekte intallasie prosedure/gebruik van die tenke.
- Die regte produkte en chemikalieë wat in samewerking met die tenk gebruik kan word om die optimale werking van die tenk te kan verseker.
- Die metode van installasie.
Deel 2:
Die chemiese prosesse en hoe om dit te beskerm.
Deel 3:
Mense en septiese tenke.
- Algemene wangedrag wat die septiese tenk verongeluk.
- Aksies wat geneem kon word om die gedrag te verander.
- Die nutsman se rol in die gedragsverandering.
- Uitvoerbare oplossings
B10. Appel Skurf en Witroes Verfrisser: Die patogeen, epidemiologie en bestuur
2022-08-04 08:30 am
Appel skurf en witroes van appels is twee belangrike beheerbare patogene wat jaarliks kop uitsteek. Die lesing sal handel oor die volgende punte:
- Ekonomiese belang en gewasskade
- Die patogene en belang tot gewasskade
- Simptome
- Siekte siklus
- Epidemiologie
- Siekte modelering en siektebestuur
2022-07-26 08:30 am
Doel: Positiewe Lewensverandering
Mense word op ‘n effektiewe wyse begelei om eienaarskap vir hulle eie lewens te neem en beter keuses te maak.
Onderwerpe wat hanteer word: Denke, verantwoordelikheid, waardes, lewensdoel, kommunikasie, self-beheer, prioriteite, rolmodel, bou & bemagtig.
Werkers word toegerus om ‘n beter bydrae tot die werkplek te maak. Wanneer ‘n persoon ontdek hoe sy lewensdoel en waardes ‘n verskil kan maak in die werkplek, word hul werk betekenisvol en verbeter motivering.
2022-07-29 8:30 am
Hierdie is nie `n kursus nie, eerder `n bespreking sessie o.l.v. ‘n fasiliteerder. Hierdie sessie gaan fokus op lower toegepaste winter spuit opstellings. Die sessie is gemik op senior vrugte bestuurders en behoort hoogstens 3 ure te duur wat `n lesing, bespreking en `n besoek aan `n perseel of demonstrasie insluit.
Hierdie kursus mag ongelukkig nie vir twee weke voor die datum gekanselleer word nie.
2022-08-02 08:30 am
DAG 1
- Drie beginsels van produktiwiteit (Gedagtes, Omgewing en Tyd).
- Hoe bestuur ek my gedagtes/take/verantwoordelikhede produktief?
- Hoe bestuur ek my omgewing produktief?
DAG 2
- Stel ‘n persoonlike tydsbegroting op wat fokus op elke persoon se mees waardevolle aktiwiteite.
- Hoe bestuur ek my tyd produktief? (Wat, Waar, Wanneer Prosessering).
Getuienis
“Wonderlike leerervaring en opleiding. Ongelooflik toepaslik en prakties”