September 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
HALLO SEPTEMBER: GROEI, INSPIREER EN VIER
September was 'n besonderse maand by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, vol nuwe geleenthede, groei en betekenisvolle oomblikke. Ons is trots om ons eerste Noodhulpkursus in Xhosa te kon aanbied. 'n Belangrike stap om opleiding meer toeganklik en inklusief te maak.

Ons het ook Mannedag gevier en stilgestaan by die waardevolle rol wat mans in ons gemeenskappe, werkplekke en gesinne speel. Daarby is ons Selfoonfotografie werkswinkel suksesvol aangebied, waar kursusgangers nuwe vaardighede geleer het om die wêreld deur die lens van hul selfone vas te vang.

Ons sien uit na die Xhosa Leiersdag en nog meer. Kom lees saam oor alles wat in September gebeur het en wat nog voorlê.
KBOS BIED EERSTE NOODHULPKURSUS IN XHOSA INTERN AAN
Ná verskeie strategiese besoeke aan lede gedurende die afgelope jaar, is die behoefte geïdentifiseer om wetlik vereiste opleiding, soos Noodhulp, meer bekostigbaar en toeganklik te maak. Een van die voorstelle was dat KBOS ondersoek instel na die moontlikheid om Noodhulp Vlak 1 vir Xhosa sprekende studente intern aan te bied.
In Augustus het KBOS ’n belangrike mylpaal bereik toe die eerste Noodhulp Vlak 1-kursus in Xhosa deur een van ons interne aanbieders, Naledi Rampone aangebied is. Hierdie prestasie is nie net ’n groot stap vorentoe vir moedertaalonderrig nie, maar beklemtoon ook KBOS se groeiende vermoë om kwaliteit opleiding intern te lewer.
Altesaam 42 deelnemers het die kursus in twee groepe bygewoon en suksesvol voltooi. Die positiewe terugvoer wat ontvang is, bevestig die waarde van opleiding wat in deelnemers se moedertaal aangebied word, aangesien dit begrip en deelname bevorder. 
Hierdie kursus is slegs die begin van ’n groter inisiatief. KBOS beoog om in die toekoms nog meer kursusse intern aan te bied, wat nie net koste bespaar nie, maar ook die behoefte aan `n tolk verminder en opleiding meer toeganklik maak vir ons lede.
MANNEDAG: 'N DAG VAN ERFENIS, LEER EN SAAMWEES
Wat ’n besonderse dag! 654 mans het bymekaargekom om ons erfenis te vier, lekker saam te kuier en natuurlik heerlik te braai tydens ons Mannedag! 
Een van die grootste wegneem-boodskappe van die dag was die belangrike rol wat ons as ouers speel. Ons kinders kyk na hoe ons leef, hoe ons optree en hoe ons ander behandel. As ouer is jy jou kind se eerste en grootste leermeester. Elke woord, besluit en optrede kan ’n voorbeeld wees wat hulle saam met hulle dra.
Nog ’n kragtige boodskap was dat jou huidige omstandighede of waar jy vandaan kom, nie hoef te bepaal waarheen jy op pad is nie. Jou verlede kan deel wees van jou storie, maar dit hoef nie die einde van jou storie te wees nie. Daar is altyd ruimte om te groei, nuwe keuses te maak en ’n ander toekoms te bou.
Mannedag het ons herinner dat ware erfenis gaan oor meer as waar ons vandaan kom, maar ook oor wat ons vandag kies om agter te laat.
KUNS IS ONTDEK TYDENS ONS SELFOONFOTOGRAFIE WERKSWINKEL
Klik. Skep. Inspireer. 13 ywerige jong amateurs het Saterdag, 12 September, hul selfoonfotografievaardighede opgeskerp! 
Hulle het geleer hoe om hul selfone optimaal te gebruik om sosiale media-foto’s professioneel te laat lyk; van beter komposisie tot die regte beligting en hoek, tot om elke foto soos 'n meesterstuk te laat lyk.
Hulle het dit omtrent geniet en is nou reg om hul sosiale media-foto’s na die volgende vlak te neem!
ONS STUDENTE "EXCEL" TYDENS DIE EXCEL VLAK 2 KURSUS
DIE MANS HET TYDENS DIE BESPROEIINGSKURSUS IDEES UITGERUIL OOR DOELTREFFENDE WATERVERSPREIDINGSMETODES
SIEN MEER INLIGTING ONDER OOR ONS OPKOMENDE KURSUSSE!
XHOSA LEIERSDAG
OPKOMENDE KURSUSSE

Excel Vlak 3
Datum: 13 en 14 Oktober
Lokaal: Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
 
Komitee Mentorskap
Datum: 20 en 21 Oktober
Lokaal: Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
 
Trekker Instandhouding
Datum: 28 Oktober
Lokaal: Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
 
Lead ABC (Xhosa) - veranderde naam vir die Basiese beginsels van Toesighouding
Datum: 8 en 9 Oktober
Lokaal: Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
 
Lead ABC (Afr) - veranderde naam vir die Basiese beginsels van Toesighouding
Datum: 28 en 29 Oktober
Lokaal: Sal nog bevestig word
 
Weedeater (Nuweling en Hertoets)
Datum: 27 tot 29 Oktober
Lokaal: Sal nog bevestig word

Veiligheid en gesondheid
Datum: 14 en 15 Oktober
Lokaal: Ceres

 
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*