September 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
LAAT DIT BLOM
Jou siel is 'n blom wat blom in die natuur. Kom ons streef daarna om die mooi van die lewe raak te sien en saam met mekaar te groei, leer en BRAAI.
Daar was 'n hele paar hoogtepunte in September. Van Mannedag, tot mooi musiek, tot tuinmaak en lekker kampe. 
Ons het BAIE GOEIE NUUS oor ons 1,2,3 Werk Program! Lees meer onder en kom wees deel van dit wat nog voorlê.
KOOR-EN NQF AAND - 'N SPOGGERIGE BYEENKOMS

Op Saterdag, 13 September, het ons kore pragtig gesing tydens die koorfinaal én het ons sertifikate uitgedeel aan ons welverdiende NQF 1- en 4-studente. Die kore het hulle harte uit gesing en ons is ongelooflik trots op almal. Baie geluk aan al die kore en wenners.

Baie geluk aan ons algehele wenner, Leeuwenfontein se Vrouekoor!
Baie geluk aan ons naaswenner, Paardekloof se gemengde koor.
Môrester se gemengde koor was in die 3e plek. Baie geluk.
Ons trotse NQF 4 - studente.
MANNEDAG - 'NO SHRINKING BACK"
Op 24 September 2025, het 622 landbouwerkers by Ceres Sekondêr bymekaargekom. Toe Ivor Swartz begin praat, het die saal stil geword — sy woorde het die hart diep geraak.
Hy het nie doekies omgedraai nie: “62% van kinders in Suid-Afrika word sonder ’n pa groot.” Dit was ’n oproep om op te staan en weer verantwoordelikheid te neem. “Wie moet ons kinders beskerm? The adult in the room”, het hy gesê — volwassenes moet hul plek inneem en nie wegkyk nie.
Ivor het mans uitgevra om eerlik te wees oor hul gevoelens: “Sê wat jy voel – ek is bang, ek is kwaad, ek is onseker”. Hy het gewaarsku teen selfvernietiging en die pyn wat deur stilte veroorsaak word: “Tot jy nie sê jy kort hulp nie, kan jy nie gehelp word nie”.
Hy het ook ’n eenvoudige waarheid herhaal: “Jy maak nie net jouself seer nie, maar ander om jou seer”.
Die risiko’s was duidelik aangespreek: kinders wat verwerp word, soek plekke om te behoort — en te dikwels is daardie plekke gevaarlik. “’n Kind moenie kies om eerder unsafe op straat te wees omdat dit unsafe in jou ouers se huis is nie”. Daarom moet mans hul kinders skooltoe stuur en struktuur bied: “Basic beloning bied… anders gaan ander mense en dinge soos social media / bendes daardie leemte vervul”.
Ivor het hardop gepraat oor die valstrikke wat op ons pad lê. Die gevangenis was ’n skerp waarskuwing: “In die gevangenis is daar een manier in; op jou voete en een manier uit; op jou rug as jy dood is”. Hy het die realiteit van bende-invloede benoem: “So wat doen jy, jy word deel van die 26’s/28’s vir oorlewing”. Maar hy het beklemtoon: daar is altyd ’n keuse — “Daar is ander alternatief” — en mense en gemeenskappe wat jou kan help om ’n ander pad te kies.
Hy het sy besluit verklaar: “No shrinking back”. En hy het mans uitgedaag om hul laste te deel en ankers te bou: “Anker jouself in ’n gesonde omgewing, werk, mannegroep, kerk”.
Sy raad was prakties en warm: “Kry iemand wat die nurturing rol kan speel as jy nie meer iemand het nie. Niemand moet alleen wees nie”.
Sy boodskap was een van hoop: dat niemand alleen hoef te wees nie, dat jy altyd ’n “u-turn” kan maak, en dat elke man nog ’n doel het om te vervul. Soos ’n dokter eens vir hom gesê het ná ’n ongeluk wat hy nie moes oorleef het nie: “There must be something you still have to do in this life. Go figure out what it is”.
MUSIEK PROJEK - BEAT BEYOND: FROM LITTLE BREATHS TO BIG SOUNDS
Ons eie inhuis musiekkonsert is om die draai! Kom geniet ’n oggend vol musiek en ondersteun ons talentvolle blokfluit- en kitaargroepe. 
WINTER PLAASBESOEKE
Daar is nog ‘n paar plase wat nie winter plaasbesoeke gehad het vanaf die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum span nie. Indien jy al gekontak is deur een van ons oor ‘n besoek, maar nog nie ‘n datum vasgemaak het of ‘n besoek gehad het nie, moet jy gou spring! Ons winter plaasbesoeke stop einde Oktober. Daarna is dit weer tyd vir bemarkingsbesoeke om te gesels oor ons program en projekte vir 2026. 
1,2,3 WERK 2026

Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons weer befondsing gekry het vir `n groep 1,2,3 Werk - studente vir 2026!! Hierdie groep sal 'n volledige NQF 1 of 2 leerlingskap doen, met 3 beurse vir die top 3 studente wat in 2027 Landbou wil gaan studeer. Studente moet matriek geslaag het in 2023/2024 of huidiglik in matriek wees. Voornemende studente mag nie voltyds in diens van die plaas wees nie. Studente gaan weer soos hierdie jaar een dag klas bywoon (teorie) en moet die res van die week op die plaas werk (prakties). Kyk asseblief uit vir die inskrywingsvorms in die volgende paar weke. Ons het slegs 20 plekke beskikbaar. Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop nie!!
HR STUDIEGROEP: COIDA EN ESTA
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Besproeiing: Voormanne; 1 Oktober; Ceres Museum
  • Noodhulp Vlak 2 (Xhosa); 6-8 Oktober; T.B.C
  • Veiligheid en Gesondheidverteenwoordigers (Xhosa); 7+8 Oktober; KBOS
  • Excel Vlak 3; 7+8 Oktober; KBOS
  • Xhosa Leiersdag; 5 November; KBOS
  • QC Pakstore: Groente; 6 November; KBOS
  • QC Groente; 11 November; KBOS
  • QC Pakstore: Vrugte; 14 November; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*