September 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
SEPTEMBER BLOM MET NUWE GROEI
Ons bring met GROOT opgewondenheid die volgende nuus: Ons het 'n nuwe LOGO!! 
Die manne braai en kuier weer saam by ons Mannedag. Die Koorfinaal was weereens 'n pragtige musiekaand. En ons deel nog baie ander lekker vars nuus vanaf die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.
VARS LOGO, OPWINDENDE TOEKOMS
Dit is nou 4 jaar nadat Joy van Biljon (Stigter van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum), uitgetree het en die stokkie aan Carmen Roberts (Huidige Uitvoerende hoof), oorhandig het. Verskeie strategieë is deur die personeel geïmplementeer om die vooruitgang van die sentrum te verseker. Een van die aspekte was om die missie te herëvalueer en om waardes te koppel aan die sentrum se werksaamhede. Dit is soos volg:
 
Missie:
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum fokus op alle aspekte van landbou- en lewensvaardigheidsopleiding om te bemagtig, produktiwiteit te verseker en menslike ontwikkeling te stimuleer deur middel van 'n holistiese benadering, betekenisvolle opleiding en gemeenskapsondersteuning.
 
Waardes:
  • Verantwoordelikheid
  • Eerlikheid
  • Integriteit
  • Innovasie
  • Toewyding
‘n Ander belangrike aspek is om voortdurend ons dienste te verbeter, uit te brei/diversifiseer en om nader aan ons kliënte te beweeg. Ons het nuut gedink oor ons bemarkingstrategie en na aanleiding hiervan het ons nuwe logo gestalte gekry, wat hierdie belangrike tree weerspieël en ooreenstem met die sentrum se nuwe identiteit.
 
Hoekom die verandering? 
Soos die maatskappy ontwikkel het, wou ons 'n logo hê wat hierdie groei verteenwoordig en in lyn is met ons toekomsvisie.
Simboliek:
  • Gloeilamp: Kennis en innovasie.
  • Vrug: Groei, volhoubaarheid en 'n klem op landbou.
  • O: In die woord "OPLEIDING" maak dit die fokuspunt, dit beklemtoon ons kernfunksie - Opleiding en Ontwikkeling.
Terwyl ons logo verander, bly ons verhouding met ons lede en studente ons topprioriteit. Die nuwe ontwerp weerspieël ons verbintenis tot innovasie, groei en ons toewyding om die beste aan ons kliënte te lewer. Dit sluit aan by die doelwitte van die sentrum, deur simboliese elemente te gebruik wat leer en ontwikkeling weerspieël.

#leerpresteer
MANNEDAG
Op Erfenisdag erken en vier ons Suid-Afrika se kulturele rykdom waaruit ons nasie bestaan. Tydens ons jaarlikse Afrikaanse en Xhosa/Sotho Mannedag het die mans aandagtig geluister, vele nota’s gemaak, gelag en die sonskyn om die braaivure geniet.
DE KOCK BOERDERY SE SOTHO GEMENGDE KOOR KRAAI KONING
'n Groot applous vir ons kore wat toekennings by die Koorfinaal ontvang het. De Kock Boerdery se Sotho gemengde koor was aangewys as die wenners van die spogaand.
DIE PROSES
Dit is die derde jaar wat ons Die Proses kon aanbied en ons sien elke keer die merkwaardige impak wat hierdie jeugprogram op die leerders se lewe het.

23 graad 10 leerders is na Brandvlei gevangenis, Toevlug rehabilitasiesentrum en Kleinplasie. Terwyl die bewaarder vertel wat alles in die gevangenis gebeur, het een van die leerders gereageer: “Hier wil ek nooit eindig nie”.

Tydens die 11 Proses kamp het die leerders wenke geleer oor hoe om binne die eerste 3 sekondes ‘n indrukwekkende indruk te skep met ‘n CV en ‘n werksonderhoud. Die leerders het hulle beroepstoetse voltooi en is toegerus met leierskapontwikkelingvaardighede.
Die 9 Proses het geskuif na Saterdag, 5 Oktober, by die sentrum. Die leerders skryf persoonlikheidstoetse om hulle te help met vakkeuses vir graad 10. Daarna gaan Brett Viljoen ‘n RootSkills sessie aanbied.
Die doel van die dag is die vaslegging van waardes deur middel van leerervaring metodes en aktiwiteite. Kostes beloop R950 per leerder (toebroodjies en middagete is ingesluit).
WINTER PLAASBESOEKE
Daar is nog ‘n paar plase wat nie winterbesoeke gehad het vanaf die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum span nie. Indien jy al gekontak is deur een van ons oor ‘n besoek, maar nog nie ‘n datum vasgemaak het of ‘n besoek gehad het nie, moet jy gou spring! Ons winterplaasbesoeke stop einde Oktober. Daarna is dit weer tyd vir bemarkingsbesoeke om te gesels oor ons program en projekte vir 2025.
OPKOMENDE KURSUSSE
Bespreek asb. nou alle opleiding wat voor die oestyd gedoen moet word. Ons opleiding begin nou na ‘n kant toe beweeg, so ons wil julle graag help terwyl ons nog kursusse beskikbaar het. Hierdie kursusse het nog plek, moenie wag nie, bespreek nou!
  • Besproeiing vir voormanne: 2 Oktober; Ceres
  • Weedeater heropleiding: 3 Oktober; KBOS
  • Veilige hantering van gifstowwe heropleiding: 3 Oktober; Ceres
  • Brandbestryding: 8 en 9 Oktober; Ceres
  • Excel vlak 3 e-leer: 8 en 9 Oktober
  • Veiligheid en gesondheidverteenwoordiger Afrikaans: 15 en 16 Oktober; KBOS
  • Toesighouer Kwaliteit Opvolg: 16 Oktober; Ceres
  • Noodhulp vlak 2 Afrikaans: 21-23 OKtober; KBOS
  • Kettingsaag heropleiding: 22 en 23 Oktober; Ceres
  • Kettingsaag heropleiding: 24 en 25 Oktober; KBOS
  • Veilige hantering van gifstowwe heropleiding Xhosa: 1 November; KBOS
  • Paklyn Toesighouers: 5 en 6 November; Ceres
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*