September 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
BIBBER SEPTEMBER
Die vrolike maand van lente is hier! Kleurvol, maar KOUD en NAT. Dit is asof die winter ons nog nie heeltemal wil los nie. 
Die warm stemme van die kore by die Koor en NQF Sertifikaat Aand het opgemaak vir die koue. 
Dalk koue hande en voete, maar die vrouens is met warm harte huis toe by Vrouedag en die mans het hul warm gedans en gesels by Mannedag.
Vir nog warm nuus...lees meer onder. 
KOOR EN NQF SERTIFIKAAT AAND
Op Saterdag, 16 September was dit ons jaarlikse koor-finaal gekombineerd met die NQF sertifikaat oorhandiging. Baie geluk aan al die studente wat hulle kwalifikasies in NQF 1 en NQF 4 Plantproduksie behaal het. Baie dankie ook aan die produsente en maatskappye wat hulle geborg het. Beide groepe se studente was deur die plase befonds.
Baie geluk aan Môrester se gemengde koor, wat vanjaar met die beker as algehele wenner weggestap het. Sien onder, pragtig in pienk.
VROUEDAG WEEREENS 'N FEES!
Uiteindelik kon ons Vrouedag op 2 September vier. 471 vrouens het hierdie dag saam geniet en heerlik ontspan.
ONS VIER WEER MANNEDAG!
Al kon die manne nie braai as gevolg van die reën nie, het dit verseker nie gekeer dat 455 mans ‘n lekker tyd gehad het nie! Van Koelfontein se rieldans, tot rugby stories, tot ‘n drama toneel, was hierdie ‘n propvol en leersame dag vir die mans.
GRAAFF FRUIT WERKNEMER WELSTAND PROGRAM
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het ‘n behoefte spesifiseerde program vir Graaff Fruit ontwikkel ten einde die algehele gesondheid en welstand van hulle werknemers te verbeter. Hierdie program in samewerking met PROCARE, is by al die plase sowel as die pakstoor aangebied. Die terugvoering is fenominaal en lewensveranderend.
DIE PERSONEEL VAN DIE OPLEIDINGSENTRUM GENIET 'N KREATIEWE UITSTAPPIE
Die personeel van die opleidingsentrum het vir Hortgro besoek in die Paarl, en meer geleer oor wat hulle doen en die projekte waarby hulle betrokke is. Daarna was ons Clay Café toe waar ons, ons beste kuns-tegnieke beoefen het en lekker saam gekuier het.  
Dankie aan Laerskool FD Conradie, dat ons kon deel wees van julle wintersport afsluiting vir 2023. Dit was groot pret om aan die jong leerders sokker reëls en tegnieke te demonstreer.
KORT KURSUSSE GOED OP DREEF
September was 'n bedrywige maand wat kort kursusse aanbetref! Ons geniet al die studente by die sentrum, en dit maak ons veral opgewonde as die aanbieders vir ons vertel hoe goed hulle opleiding was.

Ons is ook baie opgewonde oor die 123 Werk program wat begin het! Hierdie 21 jong mense gaan modules van plant produksie doen, asook kort kursusse soos; Bright Star Core, Noodhulp vlak 1, Rekenaars vir beginners en Boordmonitor.
Basiese beginsels van toesighouding.
KID
Nasorg Program
1,2,3 Werk
WINTER PLAASBESOEKE
Die winter plaasbesoeke vorder goed. Daar is wel nog ‘n paar plase wat nog nie ‘n datum vasgemaak het vir hulle besoek nie. Ons kan nog winter plaasbesoeke doen tot einde Oktober, so maak nou jou datum vas vir jou plaasbesoek!
OPKOMENDE KURSUSSE:

Vervoer van gevaarlike stowwe: 3 en 4 Oktober; KBOS
Opvolg van 2022 toesighouers Xhosa: 5 en 6 Oktober; Ceres Museum
Onkruidbestuur: 6 Oktober; KBOS
Besproeiing voormanne: 9 Oktober; Ceres
Besproeiing voormanne: 5 Oktober; KBOS
Opvolg van 2022 toesighouers - Afrikaans: 10 en 11 Oktober; KBOS
Toesighouer kwaliteit opvolg: 16 Oktober; KBOS
Besoek en bespreek chemiese uitdun: 18 Oktober
Veiligheid en gesondheid heropleiding: 18 Oktober; Graaff Packing
Veiligheid en gesondheid heropleiding: 19 Oktober; Ceres
Groente monitors - Xhosa: 19 Oktober; KBOS
Veilige hantering van gifstowwe beginners: 20 Oktober; Ceres Museum
Basiese beginsels van toesighouding - vermengde leer: 24 en 25 Oktober; Ceres Museum
Trekker operateur Xhosa: 24-26 Oktober; KBOS
Paklyn toesighouers: 7 November: Ceres Museum

 
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*