Oktober 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
LIFE'S A PEACH, ISN'T IT!
Kom ons wees dankbaar vir lieflike oomblikke, seëninge, en selfs soeter perskes!
Daar was groot opwinding en 'n hele paar "sweet moments" in Oktober. Van sokkerfinaal wenners, tot nutsman wenke, tot atlete met lang asems by die Michell's Pass Marathon. Die jeug het hul gate uit geniet en was vol inspirasie na hul deelname by die 9,10 en 11 Proses.
Onthou, ons eie inhuis musiekkonsert is ook om die draai! Kom leer ook meer by ons Plukkursus.
Meer onder.
SOKKERFINAAL 2025 - WARE SPORTMANGEES EN GOEIE SPANWERK 

Ceres het behoorlik gegons van opwinding tydens die sokkerfinaal op Saterdag, 11 Oktober 2025. Die toeskouers het omtrent die spanne toegejuig!
Baie geluk aan Tandfontein 2 wat as kampioene gekroon is toe die eindfluitjie geblaas is. Baie geluk ook aan die ander 3 spanne. Ons is baie trots op elke span se ware sportmangees en puik spel. Die uitslae is soos volg:
1. Tandfontein 2
2. Die Eike
3. De Hoek - Howbill
4. Uitsig

Mooi so Tandfontein 2!
DIE 9,10 EN 11 PROSES
9 Proses
Die leerders het die oggend begin met hul vakkeusetoetse, gevolg deur RootSkills. Die fokus was op fondasiewaardes wat persoonlike groei en selfinsig bevorder. 
10 Proses
Die leerders het besoek afgelê by Brandvlei-gevangenis en Toevlug, waar 15- en 16-jarige seuns hul lewensverhale met hulle gedeel het. By Toevlug was daar selfs ‘n negejarige seun wat erken het dat hy aan TIK verslaaf is. Ons het die middag afgesluit by Kleinplasie, waar daar ruimte geskep is vir ontlading en emosionele ondersteuning.
11 Proses
Ons het die hele naweek in Boy Muller-koshuis oorgebly. Vrydag het die leerders hul beroepstoetse afgelê en ‘n sessie bygewoon oor hoe om ‘n CV op te stel en voor te berei vir ‘n werksonderhoud.
Saterdag het verskeie sprekers sessies aangebied oor lewenskeuses, leierskap en persoonlike groei.
Deur eerlike gesprekke en getuienisse het hulle ‘n nuwe waardering vir verantwoordelikheid, dissipline en tweede kanse ontwikkel. Die ervaring het hul selfvertroue, empatie en spanwerk versterk en hulle met ‘n hernieude gevoel van hoop en doel laat terugkeer.
MUSIEK PROJEK - BEAT BEYOND: FROM LITTLE BREATHS TO BIG SOUNDS
Ons eie inhuis musiekkonsert is om die draai! Kom geniet ’n oggend vol musiek en ondersteun ons talentvolle blokfluit- en kitaargroepe. 
MICHELL'S PASS HALF MARATHON
Die kranige stappers van links na regs: Danelle Titus, Joy van Biljon en Carmen Roberts.
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum span wat gehelp het met registrasie en verversings.
PRODUKTIWITEITSVERSLAG OPVOLG
Hierdie is die 5de jaar van produktiwiteit, die “default” tydens die winter plaasbesoeke. Joy het voortgegaan om te praat oor die 5 insette wat produktiwiteit verbeter en by die meeste plase gefokus op werwing of opleiding. 
Kliek hier om die volledige verslag te lees.
DIE MANNE HET MET BAIE SELFVERTROUE EN "HANDYMAN" KENNIS WEGGESTAP BY DIE NUTSMAN KURSUS!
DIE DAMES LEER PRAKTIESE WENKE BY DIE KANTOOR ADMINISTRASIE KURSUS
PLUKKURSUS 2025/2026
Verbeter jou span se vaardighede met ons gespesialiseerde en interaktiewe plukkursus!
 
In die 2024/2025 seisoen het 105 spanne reeds voordeel getrek uit hierdie opleiding, wat fokus op:
 
✅ Hoë gehalte plukpraktyke
✅ Die belangrike rol van die toesighouer
✅ Vermindering van vrugverliese a.g.v. kneusing (vanaf die boord tot pakstoor).
 
Verseker dat jou plaas die beste, hoogs opgeleide plukkers en oes-span het vir die nuwe seisoen.
 
📅Bespreek nou by euria@kbos.co.za en verseker ‘n suksesvolle oes.
QC GROENTE KURSUS - SKRYF NOU IN!
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Xhosa Leiersdag; 5 November; NG Kerk Op die Berg
  • Algemene Nutsman (Teëlwerk en Pleisterwerk); 10-14 November; KBOS
  • Noodhulp vlak 3; 11-13 November; Ceres
  • QC: Groente; 11 November; KBOS
  • Nasorg Program; 13+14 November; Ceres
  • QC: Vrugte; 14 November; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*