Oktober 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
OKTOBER LEKKERTE
Somer is hier! Die warmer dae is lieflik na 'n lang koue en nat winter. Tussendeur al die voorbereidings vir oestyd, maak ons tyd vir leer, presteer, groei en ontwikkeling.
Lees meer onder oor al die bedrywighede en vooruitsigte vir 2024 by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.
XHOSA EN SOTHO KAMP TERUGVOERING
26 jong werkende persone het by Boy Muller gaan kamp. Dit was ‘n ‘ah-ha’ oomblik vir hulle toe hulle besef dat die besluitnemingsproses nie so maklik is nie en dat elke keuse tot ‘n gevolg lei.
9 PROSES
Op Saterdag, 5 Oktober, het die 9 Proses by die sentrum plaasgevind. Die leerders het hulle persoonlikheidstoetse afgelê wat gaan help met vakkeuses, en daarna het ‘n RootSkillsdag gevolg wat bestaan het uit verskeie leerervarings-metodes.
MANNEKAMP TERUGVOERING
10 leiers en 23 nuwe manne het die naweek bymekaar gekom vir ons legendariese mannekamp. Ons wil werklik vir die mannekamp leiers gelukwens met die werwing vir die kamp. Die model is gebou op die beginsel om vir elke kamp nuwe manne te kry en sowaar het hul hulself oortref. Die foto’s hieronder getuig van die positiewe impak wat dit op elke man EN sy gesin se lewe het.
NUWE PRODUKTIEWE SPANNE
In die Produktiewe Spanne programme leer die spanleier en span hoe hulle produktiwiteit kan verhoog deur beter kommunikasie en spangees. Die trots en entoesiasme wat by die opleiding momentum kry, is in die meeste gevalle nie volhoubaar oor langtermyn nie, daarom die nuwe aanslag! Aanbieder van hierdie program, Archie van Biljon, het die volgende genoem: "Ek het besef dat ‘n ander strategie nodig is wat groter eienaarskap kan vestig by bestuur".

Met die Produktiewe Spanne program wat by Dutoit - Crispy Farming gedoen is (April – Augustus), is ‘n nuwe benadering gevolg. In plaas van die standaard 1½ dag sessies wat die spanleier saam met sy span bywoon, is aparte aanbiedings gemaak, eers vir bestuur, daarna ook vir die spanleiers. Deeglike inkoop op die boonste vlakke is hiermee gevestig, voordat dit vir die spanlede ook aangebied is.
 
Terugvoering:
“Die vroue spanne het die beste daarby gebaat. By beide vroue spanne is WhatsApp groepe gestig waar take, verandering in take, redes vir afwesigheid, maar ook aanmoediging en motiveringsgesprekke aan mekaar gegee word”.
 
“Spanleiers lyk meer positief en besef dit hang van hulle af om spanlede positief te hou. Dat dit ‘n spanpoging verg om dit ‘n sukses te maak. Spanlede het ook besef dat hulle insae baie belangrik is, dit lei tot samewerking en produktiwiteit”.
QCTO UITSTAPPIE
Op 16-18 Oktober is ‘n baie leersame en insiggewinde 3-dag uitstappie vir die QCTO-studente aangebied. Van die plekke wat besoek was is die Pro-Hort projek by Boland Landbouskool, gereël deur Hortgro, Elsenburg Landboukollege, Fruit Fly Africa se perseel op Stellenbosch, SAPO, Frontier Labs in Brackenfell, Kaap Agri se Agriplas fabriek en groentetuin projekte in Khayalitsha, Gugulethu, Phillipi en Nyanga. Die toer is afgesluit met 'n besoek aan die Kaapse Mark en Alan Simons, 'n kleinboer naby Raithby wat saailinge kweek.

Dit is wat van die studente gesê het na afloop van die toer:
  • “Die ervarings wat ons kon deel en beleef was een in ‘n duisend. Ek dink nie ek sou kon leer wat ek geleer het op hierdie trip op enige ander plek nie”.
  • “Persoonlik vir my as persoon het die besoeke wat afgelê was my met nuwe oë na dinge laat kyk. Daar is so baie geleenthede, maar ons sien dit baie keer nie eens raak nie omdat ons vaskyk in omstandighede, maar indien ons die omstandighede sien as geleenthede kan ons werklik ‘n verskil maak. Die besoeke aan die tuine waar groente organies verbou word het my laat besef ek moet ook so ‘n projek aanpak”.
  • “Vir my was die besoek aan Fruit Fly Africa ‘n hoogtepunt omdat vrugtevlieë ook in ons omgewing losgelaat word”.
NPO JAARVERGADERING
Ons GOB’s (Gemeenskap Ontwikkelaarbeamptes), het effektiewe terugvoering gegee oor 2024 se projekte en ons help dink oor 2025.
SENTRUM PERSONEEL REIK UIT
Ons het vir twee dae (10 en 11 Oktober), ‘n uitstalling gehou in samewerking met Wes-Kaapse Departement van Landbou (Landelike Ontwikkeling), om werklose jeug bloot te stel aan geleenthede binne die landbou sektor.
PLUKKURSUS
XHOSA LEIERSDAG - SKRYF NOU IN!
KURSUSSE IN OKTOBER
Basiese beginsels van Toesighouding kursus.
Kettingsaag kursus.
Weedeater kursus.
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Xhosa Leiersdag: 6 November; NG Kerk Op-Die-Berg
  • Noodhulp vlak 3: 6-8 November; Ceres Vallei Kerksaal Veiligheid en gesondheidsverteenwoordiger: 18 en 19 November; KBOS (geborgde kursus R800 p.p.)
  • Excel vlak 1: 19 en 20 November; KBOS
  • Veiligheid en gesondheidsverteenwoordiger heropleiding: 20 November; KBOS (geborgde kursus R450 p.p.)
  • Brandbestryding: 20 en 21 November; KBOS
  • Nasorg program: 20 en 21 November; Ceres
  • Noodhulp vlak 3: 20-22 November; KBOS
  • Vrugte produksiebestuurvelddag: 21 November
  • Groente Landloop: 4 Desember
  • Boordmonitor: datum en plek – T.B.C.
  • Paklyn Toesighouers: 4-6 Februarie 2025; Ceres
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*