Oktober 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
HOU DIE GROEN KANT BO!
Die gees loop nog hoog na die wen van die Springbokke by die Rugby wêreldbeker-toernooi.

Oktober-maand was 'n aangrypende maand propvol suksesverhale, inspirerende gebeurtenisse en lekker aktiwiteite/projekte.

Moenie uitmis op die laaste kursusse en projekte van die jaar nie. Maak ook gereed vir afsprake in jul dagboeke vir die jaarlikse plaasbesoeke.
BAIE GELUK CARMEN ROBERTS!
Ons wil graag vir ons Uitvoerende Hoof, Carmen Roberts, hartlik gelukwens. Sy het haar BCom-graad in Menslike Hulpbronnebestuur ontvang. Carmen het in 2018 met haar graad begin en einde verlede jaar daarmee klaargemaak. Haar toewyding by die opleidingsentrum, deursettingsvermoë en laat aande se harde werk is voorwaar 'n inspirasie vir ons almal. Ons is baie trots op jou.
VROUE TOESIGHOUERS
Toe die groot Xhosa mans met wie ek, Joy van Biljon, sukkel-sukkel ‘n gesprek gevoer het sê: ”Ons toesighouer is Mamma Lisa”, was dit asof ‘n geheime bly-lyk knoppie aangeskakel is. Alhoewel die antwoord redelik voor die hand liggend was, vra ek toe: “Is Mamma Lisa ‘n goeie toesighouer?”. 'n Entoesiastiese; “JA”. Hoekom? “Want sy is kwaai”, vertel hulle lag-lag. Bestuur stem saam dat haar span se resultate beïndruk. So wat maak dat Mamma Lisa, ‘n middeljarige Afrikaanse vrou, sulke goeie produktiwiteit met haar Xhosa span kry? Sy is nie alleen nie. Dit fassineer my al jare hoe die spanne met vrouens as toesighouers ander spanne met mans as toesighouers uitstof. Ek het van hulle gaan vra waarom dit werk.
Kliek op die skakel regs vir die volle artikel vroue toesighouers.
BLOKFLUIT PROJEK
Ons is baie opgewonde oor Fabian Frederic, van Ceres Crusaders wat as fasiliteerder optree vir ons blokfluit projek. Hy het reeds die bestaande groepe besoek en ‘n opleidingsessie aangebied vir bestaande en nuwe juffrouens. Ons blokfluit projek is al 16 jaar aan die gang en die kinders geniet dit vreeslik. Laat weet vir Edna by edna@kbos.co.za as julle nog wil deel word van hierdie inisiatief. 
GRAAD 9,10,11 PROSES
Tydens die vakansie was daar 'n hele klomp 9,10,11 Proses aktiwiteite en uitstappies. Ons het baie positiewe terugvoering ontvang van die goed gemanierde leerders en ons is baie trots op hulle!

Graad 9 leerders het persoonlikheidstoetse afgelê wat gaan help met vakkeuses vir 2024. Hul het ook ‘n voldag sessie van RootSkills bygewoon en die doel van die hierdie dag is om leerders toe te rus met basiese waardes deur middel van leerervaring aktiwiteite.

Die Graad 10 leerders was op ‘n uitstappie na Brandvlei gevangenis, Toevlug rehabilitasiesentrum en Kleinplasie vir middagete en ‘n ontlonting sessie. Tydens hierdie besoeke het 'n paar persone hul stories met die leerders gedeel en dit was opmerklik oor hoe baie mense nie eers hul pa ken nie, of 'n afwesige pa het. Die rol van 'n vaderfiguur is so belangrik!

Die Graad 11 leerders het geleer hoe om ‘n goeie CV saam te stel en voor te berei vir ‘n onderhoud. Hulle het daarna beroepstoetse afgelê en sal ook in Desember ‘n leierskap kamp saam Brett van Kunika Outdoors bywoon.
XHOSA EN SOTHO KAMP
Die Xhosa en Sotho kamp was baie suksesvol en die deelname was goed. Almal het lekker gelag tydens die aktiwiteite en die aanbieding oor leierskap het veral uitgestaan. Ons moedig almal aan om van hierdie geleentheid gebruik te maak in 2024, omdat daar min geleenthede vir Xhosa en Sotho persone is om soveel ondersteuning en professionele hulp te kry. Dit is altyd merkwaardig om die uiteinde na die ‘healing’ sessie te sien.
MANNEKAMP - SKRYF NOU IN!

Hier is die terugvoering van Mei maand se kamp:
Die mans beskryf dit as ‘n fantastiese kamp waar hulle toegerus is met die nodige vaardighede om die moeilike situasies in hulle lewe beter te kan hanteer. Hulle noem ook dat dit die klein goed in die lewe is wat hulle onder kry en daarom is hierdie ‘n goeie kamp om te voorkom dat hulle in ‘n donker gat vasgekeer word.
Skryf in vir ‘n ongelooflike kamp asook waarde vir geld. Inskrywings kan bespreek word op die webwerf by www.kbos.co.za 

 
LANDBOU NUUS
NQF 4

Twintig NQF 4 - leerders het met die NQF 4 Plantproduksie leerlingskap begin. Ons het begin met die modules van Agricolleges International (ACI). Pieter de Villiers, van ACI is weer betrokke soos voorheen en sal ook help waar nodig. Tans werk die studente vanaf hulle huise, plaaskantore en woon hul nie op Dinsdagaande die fisiese klasse by nie. Vir sommige studente is dit ‘n uitdaging. Die lees van Engels en skryfvaardighede bly nog 'n moeilike taak wat die studente se vermoëns tot die uiterste toets. Na ‘n stadige begin het die studente spoed begin optel en werk hulle hard aan hulle modules ten einde te verseker dat die sperdatums gehaal word. Hortgro het ‘n borgskap gegee vir die volle duur van die kursus, waaroor ons baie dankbaar is. Die studente se rekenaarvaardighede het met rasse skrede verbeter en ons be-oog om ander eenheidstandaarde ook op ‘n e-leer basis aan te bied ten einde te bespaar op vervoerkoste wat voortdurend ‘n uitdaging word. Alle studente is werksaam op ons ledeplase en is woonagtig in die Koue Bokkeveld, Hamlet, Warm Bokkeveld en Bo-Swaarmoed.
MITCHELLS PASS MARATHON - HOU BENE HOU!
Dit was 'n pragtige dag vir ons personeel om deel te neem aan die Mitchells Pass marathon. Ons het ook gehelp op die dag.
KORT KURSUSSE IN OKTOBER
Bemarking kursus.
Kettingsaag
Auto - elektries
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Trekkeroperateur Afrikaans: 14 - 16 November
  • Besoek en Bespreek Chemiese Uitdun: 16 November
  • Noodhulp vlak 1 Afrikaans: 20 en 21 November
  • Vrugte Produksiebestuur velddag: 23 November
  • Groente Landloop: 1 Desember
  • Noodhulp vlak 3 Afrikaans: 4 - 6 Desember
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*