|
AGRISETA ALGEMENE JAARLIKSE VERGADERING
|
|
|
AgriSETA se jaarlikse vergadering was gehou op 12 Oktober, in Kaapstad. Daar was terugvoering gegee oor die 2021/2022 finansiële state, en AgriSETA het gespog oor hulle doelwitte wat bereik was. Vir die 2021/2022 jaar, het hulle 91% van hul beplande doelwitte vir die termyn bereik, hulle inkomste het verhoog van R344,9 miljoen na R522,7 miljoen, en hulle het 'n skoon oudit gekry.
Die Minister van hoër onderwys en opleiding, Dr. Blade Nzimande, was ‘n gasspreker vir die dag. Hy het uitgelig dat daar gefokus moet word op die NEET’s, persone in hierdie land wat nie in diens, onderrig, of opleiding is nie. Die landbousektor, tesame met AgriSETA, moet geleenthede skep vir hierdie jeug in die bedryf, om sodoende ook werkloosheid te verminder. Ons hoop dat AgriSETA ons 1, 2, 3 Werk program as ‘n goeie geleentheid sal sien om hierdie jeug te bemagtig, en toe te rus vir die toekoms van landbou.
|
|
|
AGM
Op 8 Oktober het 48 GOB's bymekaar gekom vir die jaarlikse AGM. Nuwe strategieë is vir die volgende jaar se projekte bespreek en dit sluit die volgende in:
1. Komitee's is gekies vir elke projek om te help met die vooraf beplanning sowel as om te help op die dag wanneer die projek plaasvind.
2. Wanneer registers geteken word by groot dae soos bv. Mannedag/Vrouedag/Jeugdag, kry die persoon 'n ete-kaartjie met 'n nommer op om seker te maak dat elkeen kos kry en dat niemand oorgeslaan word nie.
GRAAD 9-11 KAMP TE DENNEBOS
47 leerders het op 4-6 Oktober goeie samewerking getoon en waardevolle lewenslesse geleer tydens die kamp. Tienerswangerskappe is van die onderwerpe wat uitgestaan het en daar was baie gefokus op wat die gevolge van regte en verkeerde keuses in die lewe is asook hoe om jou denke/lewenskeuses positief te draai.
10 PROSES
Graad 10 leerders het as deel van die 10 Proses op 3 Oktober die Brandvlei gevangenis, Toevlug rehabilitasie sentrum en Kleinplasie besoek. Jeugdiges het hul lewensverhale gedeel oor dwelmmisbruik en verkeerde keuses.
XHOSA KAMP
Wat ‘n lekker sonskyn naweek was dit nie vir 16 persone om aan die Xhosa kamp, op 21-23 Oktober, te gaan deelneem nie. Tydens hierdie kamp is die volgende aangespreek:
• Genesing en herstel van traumatiese gebeurtenisse
• Jou erfenis en gevoel aan behoort
• Alkohol en dwelmmisbruik
• Gesondheidskwessies
• Leierskap ontwikkeling
Alle sessies het bestaan uit speletjies, aktiwiteite, groepwerk en terugvoering. Die Sondag is afgesluit met ‘n informele kerkdiens.
|
|
|
|
Graad 9-11 kamp te Dennebos.
|
|
|
IS JY LIEF VIR TUINMAAK? MAAK DIT JOU TROTS OM JOU TUIN TE SIEN BLOM? Moet dan nie hierdie geleentheid misloop om in te skryf vir ons TUINBOUKOMPETISIE van die jaar nie! Skryf nou in by landi@kbos.co.za. Inskrywings sluit op 2 November 2022. Kliek hier regs onder vir die kriteria en inskrywingsvorm tuinboukompetisie inskrywingsvorm
|
|
|
"Gift of the Givers" founder, Dr. Imtiaz Sooliman, het tydens die Agri SA Kongres boere uitgedaag om werkende mense op die plase en die jeug aan te moedig en te help d.m.v opleiding/heropvoeding en hervorming. Hy het genoem dat ten spyte van ons land se gebreke, ons dinge kan regstel/bevorder. 'n Verandering van denkwyse, hoe dinge waargeneem word en hoe mense oor die weg kom, is als kritiese faktore om 'n blinker toekoms te bou. Lees meer hier deur te kliek op die link.
|
|
|
Ayanda het in 2004 as ‘n 27-jarige by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum begin werk. Hy was werksaam in die Landbou-afdeling, maar ook betrokke by die gemeenskapsontwikkelings-afdeling. In die landbou-afdeling was hy grotendeels verantwoordelik vir vertalings, Xhosa NQF 1 aanbiedings sowel as die aanbied van verskeie kortkursusse, o.a. plukopleiding.
Sy betrokkenheid by gemeenskapontwikkelingsprojekte het die vertaling van die weeklikse GOB-brief, aanbied van Ubuntu kampe en veral die reëling van die plaaslike sokkerliga, ingesluit. Ontwikkeling van die sokker in die area het hom veral na aan die hart gelê omrede hy self ‘n sokkerspeler was in sy jonger dae. Onder sy leiding het die plaaslike sokker van krag tot krag gegaan en vele uitdagings trotseer.
Sonder Ayanda is ons lewens leër. Wanneer dit moeilik gegaan het sou hy altyd met ‘n oplossing kom. In sy eie woorde was die lewe ‘n “learning curve”.
Tydens sy siekte het ons steeds die hoop gekoester dat Ayanda sou herstel. Met sy heengaan was ons verslae as kollegas. Op Saterdag, 1 Oktober 2022, het Ayanda heengegaan in Ceres Provinsiale Hospitaal. Die gevoel was dat ons meer as ‘n vriend en kollega verloor het.
Ayanda sal altyd onthou word vir sy vasberadenheid om suksesvol te wees en om sy gemeenskap te dien. Laat sy nalatenskap voortleef in ons deur die struikelblokke te oorkom en voort te gaan met ons goeie werk in die gemeenskap.
Salig rus Ayanda, Ayas, The Chosen One, Ta Ace!
|
|
|
|
Ayanda Jack
|
|
|
JASMINE BONES SE SANG RAAK MENSE SE HARTE AAN
|
|
|
Ons is baie trots op Jasmine Bones van Dennekruin wat vanjaar se Agri’s Got Talent kompetisie gewen het. Sy was een van die top 10 finaliste wat deurgedring het na die groot aand by Goudini Spa. Jasmine, 'n boordkundige van Witzenberg Properties, het jaarliks deelgeneem aan ons koor kompetisies asook ons Witzenberg Got Talent sang kompetisies. Hierdie tipe blootstelling gekombineerd met haar wonderlike sangtalent het bygedra tot die selfversekerde jong dame wie sy vandag is. Sy sê haar liefde vir musiek kom vanaf haar ouma wat haar gereeld as dogtertjie opgetel het en gesing het terwyl hulle saam op die plaas rondloop. "Ons is 'n familie van musikante en sangers. My hele familie is mal oor musiek!" Baie geluk, Jasmine.
|
|
|
Ons winterplaasbesoeke is besig om einde se kant toe te beweeg. Die plase wat aangedui het dat hulle hul eie onderwerpe wil bepaal is gekontak en is dienooreenskomstig ingedeel. Daar is nog 'n paar plase wie se besoeke binne die volgende paar weke afgehandel sal word. Ons bemarkingsbesoeke vir die 2023 program sal vroeg in Desember begin.
|
|
KURSUSSE WAT JUL NIE WIL MIS NIE !
Julle kan inskryf vir hierdie kursusse deur ‘n e-pos aan Euria te stuur na euria@kbos.co.za.
Opkomende kursusse:
- Pere velddag: 3 November
- Gastehuis opleiding: 11 November
- Trekker Operateur: 15 - 17 November
- Vrugte produksiebestuur velddag: 17 November
- Noodhulp vlak 1: Afrikaans: 21 en 22 November
- HR Studiegroep: 23 November
- Groente Landloop: 2 Desember
- Besoek en Bespreek: Onderstamme: 8 Desember
|
|
|
|
LEES HIER VIR MEER INLIGTING OOR DIE OPKOMENDE KURSUSSE
|
|
Veiligheid- en gesondheidverteenwoordiger
Ons het navrae gekry van plase wat die Veiligheid- en gesondheidsverteenwoordiger kursus wil doen. Indien julle mense moet oplei vir die nuwe seisoen, skryf asb. nou in. Ons sal reëlings rondom lokaal en datums deurgee sodra dit bevestig is.
Boordmonitor
Vele navrae het die behoefte vir ’n ekstra Boordmonitor kursus bevestig. Die laaste Boordmonitor kursus vir die jaar sal plaasvind op 16 en 17 November by die Opleidingsentrum, te Op-Die-Berg.
Trekker Operateur
Die laaste Trekker Operateur kursus vir hierdie jaar vind plaas op 15 -17 November by die Opleidingsentrum te Op-Die-Berg. Skryf nou in indien julle nog opleiding moet doen.
Bemarking
Die 2-dae kursus is aangepas uit die gewilde “Top of the Class” program wat behoort aan die "Fruit Producers Export" Forum. Dit is gemik op pakstoor mense wat direk betrokke is by sekere aspekte van bemarking en grondhervormingsplase wat geen agtergrond tot bemarking het nie. Dit gee dus insiggewende inligting wat op verskillende vlakke relevant is.
Hieronder die kursus inhoud vir die 2 dag opsie:
- Vraag- en aanboddinamika en produkpryse
- Bemarkingsooreenkomste en -kontrakte
- Kosteketting
- Koelkamer fasiliteite
- Risiko bestuur
- Marksektore en roete na mark
- Marktoegangsvereistes
Hierdie kursus sal plaasvind in die laaste week van November en datums sal nog bevestig word.
Gastehuis opleiding
Hierdie kursus is gemik daarop om persone toe te rus om hulle take reg te doen, sodat alles glad verloop in die gastehuis. Die inhoud wat behandel sal word is persoonlike ontwikkeling, higiëne, algemene dagtake soos organisasie en hantering van apparate, tekstielversorging asook herstelwerk. Hierdie kursus sal plaasvind op 10 November.
Basiese beginsels van toesighouding
Ons het ‘n ekstra Basiese beginsels van toesighouding kursus wat sal plaasvind van 7-11 November. Die kursus sal in Afrikaans aangebied word en vind plaas in Ceres by die Togryers museum. Skryf nou in en wees voorbereid vir die opkomende seisoen.
|
|
|
GESONDHEIDSWERKER OPLEIDING
|
|
Ons het vroeër in die jaar 'n opname gemaak van plase wat belangstel om weer gesondheidswerkers op te lei. Heelwat plase het belangstelling getoon. Daar is ongelukkkig nie nou befondsing vir hierdie opleiding nie, met die gevolg dat plase self sal moet betaal vir die opleiding. Daar is 'n kliënt wat dringend wil aangaan met die opleiding, maar die groep is te klein. Ten minste 15 studente is nodig om die opleiding koste-effektief aan te bied. Sien onder meer inligting oor wat die opleiding behels en wat die koste min/meer gaan wees. Indien u belangstel om studente in te skryf, kontak Ané so gou as moontlik asb.
Die doel van hierdie vaardigheidsprogram is om gesondheid in gemeenskappe te bevorder deur die lede van die gemeenskap te bemagtig deur opleiding en om hulle kennis te verbreed.
Die onderwerpe wat in diepte sal behandel word sluit in bevordering van gesondheid, wetgewing van toepassing op gesondheid, administrasie, gesondheidsrisiko’s, fisiologie en anatomie van die menslike liggaam, menslike ontwikkeling, siektes en gestremdhede, tuisversorging, persoonlike finansies, noodhulp en HIV.
Die aanbieders, Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en Departement van Gesondheid gaan groot insette lewer in hierdie vaardigheidsprogram, maar die studente gaan ook die insette en hulp van produsente en die gemeenskap nodig hê om hul praktiese komponent te voltooi.
Die totale tydsduur van die program is 8 weke, wat opgedeel sal word in korter periodes.
|
|
|
Onder is foto's van die Kettingsaag prakties by Donkerbos.
|
|
|
|
|
Studente smul lekker aan hul middagete. Baie dankie aan Theron, Aletta en hul span vir die heerlike kos.
|
|
|
|