Waardevolle toesprake en manne wat gesels om die vure. Wat is nou lekkerder as om ‘n vleisie te braai saam met vriende en net weer te besef hoe belangrik die rol van ‘n man in ons samelewing is!
Op 24 September 2021, Erfenisdag, het Afrikaanse en Xhosa mans bymekaargekom by Ribbokpark en mannedag gevier. Dit was ‘n heerlike sonnige dag, ideaal om ‘n vuurtjie aan te steek.
Die Afrikaanse mans was omtrent geraak deur spreker Cedric Williams, ‘n voormalige “hitman” vir die 28 bende. Die volgende spreker, Pieter Swarts, het vir die mans aangemoedig deur die storie van Dawid uit te beeld en Johnny Karolus het almal geïnspireer deur hulle te herinner dat daar ‘n toekoms en loopbaan in landbou is.
Die Xhosa mans het omtrent mediese vrae gehad vir Ellen Fassie, ‘n berader by die kliniek. Lennox Plaatjies het d.m.v. Leadership For Hope se beginsels vir die mans aangemoedig om hulle rol as pa, intieme maat en leier in die gemeenskap te vervul. Die gewilde, Phumzile September se praatjie was so goed dat die mans gevoel het hulle wil so 'n sessie bywoon waar die vrouens ook by is.
Definitief ‘n dag wat die manne nie sal vergeet nie.
|
|
|
GEMEENSKAPSPROJEKTE EN GEDRAG
|
|
Dit is onder ons aandag gebring dat daar by van ons gemeenskapsontwikkeling projekte alkohol gebruik word. Hierdie gaan teen die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se missie en waardes asook die doel van ons gemeenskapsprojekte. Tydens ons NPO se algemene jaarvergadering is die volgende voorstelle gemaak:
• Ondersoek persone se sakke en gooi alkohol uit
• Betrek buurtwagte en SAPS waar van toepassing is
• Hou die persone aanspreeklik
Ons nooi ons lede uit om ook vir ons in kennis te stel wanneer julle van sulke tipe gedrag hoor sodat ons kan optree. Gemeenskapsontwikkeling is om ons mense te bemagtig en toe te rus met die nodige vaardighede ten einde persoonlike groei en ontwikkeling te verseker sodat die individue en sy gemeenskap effektief kan funksioneer.
|
|
ONS KLEUR IN!
Ons het besluit om die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se raadsaal bietjie op te kikker. Ons sien uit om in ons “nuwe” raadsaal met almal te vergader en nooi u uit om te kom koffie drink.
|
|
ONS VERWELKOM EN ONS GROET
|
|
Herstrukturering het plaasgevind by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en ons wil graag vir Anè Marais welkom heet wat aangesluit het by die personeel as Administratiewe Bestuurder. Sy is aangestel met Michelle le Roux wat verhuis het na Wellington. Michelle sal wel nog betrokke wees as Bemarkingsbeampte van die sentrum.
Edna Nigrini is ook aangestel as Direkteur van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en sal nou op die Direksie dien tesame met Carmen Roberts, Joy van Biljon en Jacob Coetzee.
|
|
|
|
44 leerders het op 4-6 Oktober 2021 gaan kamp by Dennebos in Ceres en wat ‘n fees was dit nie! Die aktiwiteite waarvan hulle die meeste gehou het, was die omgewingstap na Koekedou dam, interaktiewe speletjies en ‘n opwindende drama opvoering deur die leerders.
Hier is van die terugvoering wat ons vanaf die leerders ontvang het: “Dit beteken vir my so so baie, want dis lewenslesse wat ek leer en die hoeveelheid moeite wat gedoen was, word opreg waardeer”. Ek hoop ek kan dit wat geleer is vir my plaas se jongmense meehelp”
Ons is dankbaar vir ons borge en sal graag wil voortbou met die kamp in 2022.
|
|
NUWE AANSOEKE 1,2,3 WERK JEUGPROGRAM
|
|
|
Dit is nou ’n goeie tyd om matrieks van 2020/2021 te identifiseer en in te skryf vir ons 1,2,3 Werk program. Hierdie program bied aan leerders die geleentheid om beide teoretiese en praktiese landbou kennis en vaardighede op te doen ten einde hulle vir ‘n moontlike loopbaan in landbou voor te berei. Sodanige persone sal opleiding ontvang deur middel van ‘n vaardigheidsprogram wat vanaf Mei tot 30 November 2022 aangebied sal word. Ons hou duimvas dat ons weer befondsing sal kry vanaf AgriSETA. Kontak vir Edna vir enige navrae of inskrywings by edna@kbos.co.za
|
|
PERSONEEL UITSTAPPIE NA JAKES GERWEL TEGNIES EN BONNIEVALE 418
|
|
|
Die personeel van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op 14 September 2021, die Jakes Gerwel Tegniese Hoërskool (JGT) in Bonnievale gaan besoek. Hierdie skool was vir ons baie aanloklik om te besoek omdat daar elemente is wat soortgelyk is aan wat ons doen by die sentrum.
JGT is gevestig as ‘n Saamwerkskool, wat beteken dat die JGT Befondsingstrust en WKOD in samewerking is. JGT is die eerste van sy soort in Suid-Afrika wat as Saamwerkskool beide ‘n hoofstroom tegniese skool, sowel as Tegniese Vaardigheidskool bied. Die vaardigheidskool bied taal, wiskunde, lewensvaardighede, sweis, onderhoud, voedselproduksie en vroeë kinderontwikkeling aan. Dit was omtrent ‘n belewenis om die goeie gehalte sweis werke van die leerders te sien. Die skool fokus ook baie op hul sport en kultuur omdat hul glo dit baie help met karakterontwikkelling en dus is daar ook ‘n karaktersentrum gebou op die perseel.
Daarna het ons die kantore van Bonnievale 418 (Lukas 4:18) besoek, ‘n NPO wat gestig is om te help met die ontwikkeling en om geleenthede te skep vir kinders om verder te leer/studeer ongeag die omstandighede. Hul streef daarna om teen 2030 ‘n “zero youth unemployment” te hê in Bonnievale.
|
|
HR STUDIEGROEP UITSTAPPIE
|
|
|
Die HR studiegroep gaan op 24 November ‘n paar ander HR departemente besoek om te sien hoe hulle dinge doen. Die studiegroep het tans 10 permanente lede, maar ons sal graag ten minste 15 mense op die uitstappie wil hê om te verseker dat dit vir die gashere die moeite werd is. Dit sal R575 per persoon kos indien jy nie reeds vir die volle HR studiegroep reeks ingeskryf het nie. Ons gaan nie ‘n taxi gebruik nie, maar sal onder mekaar saamry. Ons gaan ‘n Suiderland en ‘n Unifrutti plaas, sowel as Mouton Sitrus besoek. Die plase is in die Piketberg en Citrusdal distrikte. Dit is nie beperk tot HR mense nie, maar die fokus gaan op HR poste wees o.a. die HR se posbeskrywing, hoe hulle forum’s werk, werwing, behuising, opleiding en prestasie stelsels. Dit gaan goed wees om nuwe idees te hoor. ALMAL IS WELKOM.
|
|
AGRISETA BEFONDSINGSAANSOEKE 2022
|
|
Hiermee net ‘n herinnering om jul 2022 aansoeke vir Michelle te stuur teen 5 November 2021 op die laatste, asb. Aansoeke kan gestuur word na michelle@kbos.co.za
Al die nodige inligting kan gevind word op die e-pos wat Carmen reeds uitgestuur het.
|
|
- PERE VELDDAG - JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE! Ons Pere velddag vind op 10 November 2021 in die Wolseley omgewing plaas en sal deur Christo Strydom aangebied word. Daar is nog plek beskikbaar en kan bespreek word op ons webwerf by www.kbos.co.za of by euria@kbos.co.za
- LEDEGELD: Na aanleiding van die SDL vakansie in 2020, gaan die ledegeld in die 2022/2023 jaar dieselfde wees as in die huidige jaar.
- BESOEK EN BESPREEK: Op 8 Desember 2021 het ons weer ‘n opvolg sessie wat deur Willie Kotze aangebied word.
Onderwerpe vir bespreking sluit in:
1. Hantering van ellepotte of sakbome tydens plant.
2. Oorwegings en bestuur van appelboorde met drapeernette.
Daar is nog plek beskikbaar en kan op ons webwerf by www.kbos.co.za of by euria@kbos.co.za bespreek word.
- POTENSIAAL- EN PERSEPSIETOETSE: Na aanleiding van navrae het ons nog `n potensiaal en leierskap evaluering sessie vir hierdie jaar gereël. Dit gaan plaasvind op 19 November 2021 by die Opleidingsentrum. Die koste is R1720 pp. Om in te skryf kontak vir Euria by euria@kbos.co.za
|
|
|
Noodhulp Vlak 2: Xhosa
Ons Xhosa Noodhulp Vlak 2 vind plaas op 10,15 en 18 November 2021. Kyk net hier hoe geniet die studente dit en hoe doen hul prakties. Skryf nou in by euria@kbos.co.za Dit is die laaste een vir die jaar.
|
|
|
|