KORTLIKS
- KURSUSSE WAT STEEDS PLEK OOP HET:
- Vrugte Produksiebestuur-velddag│ 19 November 2020 │Op dié dag besoek ons boorde om opleistelsels, groeiwyses van kultivars, boomvorming en manipulasie-tegnieke, die effek van plantdigtheid, onderstamme, snoeitegnieke, entwerk en ander verbouings-tegnieke te besigtig. Hierdie kursus is gemik op bestuurders, assistente en senior voormanne en kos R515 per student.
- Groente landloop │4 Desember 2020 │Hierdie kursus het die doel om studente buite na die werklikheid van ander plase te neem en prakties na goeie praktyke saam met ‘n kenner te kyk. Die koste beloop R395 per student.
- Besoek en bespreek │ 10 Desember 2020 │ Hierdie geleentheid is nie soseer 'n kursus nie, eerder 'n besprekingsessie o.l.v. `n fasiliteerder. Die sessie handel spesifiek oor drapeernette en deklae. Die sessie is gemik op senior vrugte-bestuurders en sal hoogstens drie ure duur wat `n lesing, bespreking en 'n besoek aan 'n perseel insluit. Dit kos R350 per student.
- NASORGDIENSTE, -HULP, -ONDERSTEUNING
- Ons besef nasorgsentrums gaan nou nog meer van ’n noodsaaklikheid as ooit vantevore wees. Die leerders gaan ekstra ondersteuning nodig hê. Dit gaan veral baie selfdissipline van die leerders verg om hulle skooljaar te voltooi. Landi kan help met die motivering van die leerders, aanbied van programme, ekstra hulp en ondersteuning. Sy is een middag per week beskikbaar indien ’n plaas wil inkoop vir nasorgdienste. Kontak asb. vir Edna om meer uit te vind en julle spesifieke behoeftes te bespreek.
|
|
|