|
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM NUUSBRIEF
|
|
|
|
DIE JAAR IN OËNSKOU

2018 was n jaar vol groei en veranderinge. Die KBOS span gaan self in 2019 anders lyk, met Yolanda wat ons verlaat, en Euria wat haar plek aangestel is. Atisang Sididi, 'n graduate placement, begin Desember om te help by die landbouleerlingskap-afdeling met vertalings, tolkwerk en landbouleerlingskap aanbiedings.
Ons sien ook uit na 'n jaar van groei in ons gemeenskapsontwikkeling, te danke aan befondsing vanaf Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit, Departement Sport, Kuns en Kultuur, DGMurray Trust, en Lotto.
Ons is bewus daarvan dat daar ook veranderinge was op plase, van personeel verskuiwings, tot nuwe stelsels en uitdagings. Ons wil graag aan ons lede plase erkenning gee vir hulle vasberadenheid om altyd saam met ons te werk, en voort te gaan met hul opleiding en ontwikkeling. Dankie vir almal se samewerking gedurende 2018, en vir elke bydrae wat die jaar ‘n sukses gemaak het. Ons sien uit na 2019!
|
|
|
|
2019 PROGRAM
Ons 2019 opleiding program is nou beskikbaar op ons webwerf, en gaan ook vir elke plaas gegee word tydens die plaasbesoeke wat Carmen en Joy gedurende November en Desember gaan doen.
|
|
|
|
SOKKER AARTAPPEL SA TOERNOOI

Die Sokkertoernooi finaal het Saterdag 10 November plaasgevind by Môrester. Die spanne wat deelgeneem het was Môrester, Boplaas, Swaarmoed, en Tandfontein. Môrester het die finaal gewen en die trofee huistoe gevat.
Baie dankie aan almal wat dit ondersteun het en gehelp het met die sokker - dit sluit in die spanne, bestuurders, skeidsregters, VIPs en noodhulp mense.
Dankie aan Môrester wat hul veld beskikbaar gestel het. Laastens, baie dankie aan Aartappel SA, wat ons hoof borg was, en die dag moontlik gemaak het!
|
|
|
|
INDUKSIE STUDIEGROEP
Ons HR studiegroep op 10 November het oor induksie gegaan. Induksie is ‘n groot uitdaging, maar krities belangrik. Dankie aan die sessie se aanbieders: Renaldo van Hoogstraten, Natasha Murray, Sarel de Meyer, Mpho Makhatane, Archie en Joy van Biljon, en Trish du Toit.
Die datums vir die 2019 HR sudiegroepe is beskikbaar op ons program en katalogus.
|
|
|
|
TUINBOU KOMPETIESE WENNERS
Ons jaarlikse tuinbou kompetisie is verby, en dit was vir die beoordelaars 'n moeilike taak om die wenners te kies tussen die 27 inskrywings, omdat die standaarde die jaar so hoog was. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het, en baie geluk aan die wenners:
Eerste plek: Cupido Filander (Koelfontein)
Tweede plek: Joseph Saim (Ebenhaezer)
Derde plek: Karel van Rooi (Merino)

|
|
|
|
VAN ONS LANDBOU DEPARTEMENT
Die bestaande NQF 4 en NQF 1 landbouleerlingskappe gaan aan soos beplan. Alle studente van die 2017/2018 groepe is gemodereer, en plaasbesoeke sal plaasvind by die Afrikaanse NQF 1 groepe.
Die Xhosa NQF 1 leerders (Sentrum Groep) gaan op ‘n uitstappie na Ceres op 14 Desember 2018.
Ayanda is terug by die werk na sy hospitalisasie a,g,v, ‘n motor ongeluk. Nuwe klasroosters sal aan die groepe voorsien word gedurende Januarie 2019.
|
|
|
|
|