November nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*

Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwe Jaar van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum


2020 PROGRAM EN BEFONDSING

 
Ons aansoeke vir befondsing is ingedien - baie dankie aan al die plase wat hulle inligting so vinnig ingestuur het. Ons behoort teen Desember te weet of ons aansoek vir beurse, graduate placements en interns goedgekeur is. Ons behoort ook teen April te hoor of ons leerlingskappe en geborgde kort kursusse gekry het.

Ons program vir 2020 is klaar, en sal die week van die 16de Desember op die webwerf gelaai word - daarna kan almal begin 2020 kursusse bespreek.
 

BEHUISING: PRO-AKTIEWE STRATEGIE? 

 
Die HR studiegroep het ‘n baie insiggewende lesing oor behuising deur Steph Grobler aangebied op 20 November. Benewens die praktiese hulp rondom ESTA sake het sy ook geraak aan die kwessies rondom hostelle en vrae wat by etiese oudits ontstaan. In 2012 het Joy vir die opleidingsentrum 'n volledige besoek gebring by alle behuising en ‘n pro-aktiewe dokument saamgestel met o.a. bouplanne en beste praktyke. Is dit nie weer tyd vir so iets nie? Dit sou soveel sin maak dat ons mekaar prakties help om koste-effektief en strategies die standaarde te lig en probeer om nie ‘n Oak Valley situasie in ons streek te hê nie. Lig gerus jou mening tydens die 2020 beplanningsbesoeke daaroor. Die HR studiegroep sessies is baie prakties en sinvol. Daar is plase wat verseker daarby kon baatvind, maar dit nie benut nie. In 2020 word die studiegroep sessies vervang deur ‘n dag. Moet dit nie mis nie!


AANBIEDER WERKSWINKEL

 
Ons het Maandag 18 November ons aanbieder werkswinkel gehad. Tydens die werkswinkel het ons die sentrum se 2020 tema bevestig - om ons fokus terug op ons studente te kry. Deur verbetering van leermateriaal, innovasies in opleiding soos e-leer kursusse, en n uitstalling van al die kursusse wat ons aanbied, sal ons seker maak dat ons gehalte altyd hoog is, en dat ons studente ons eerste prioriteit is.   

 

KURSUS UITSTALLING

 
Tydens ons Desember/Januarie bemarkings besoeke gaan ons ook n kursus uitstalling op elke plaas reël, om die mense in te lig van die sentrum se kursusse, en meer inligting deur te gee om mense te motiveer. Elke fasiliteerder het n plakkaat gemaak met inligting oor hulle verskillende kursusse, en ons gaan die plakkate as n mobiele uitstalling gebruik. 
 

SOKKER MARSHAL OPLEIDING

 
Ons is nog aan die gang met reëlings vir die 'marshal' opleiding, en het n datum vasgestel vir 16 Desember. Almal moet asb hulle eie kos saambring. 
 

FINANSIES

 
Daar sal geen fakture vir November 2019 wees nie. Desember 2019 sluit ons maand die 6de, en fakture sal dan daarna uitgestuur word. Ons 2020/2021 ledegeld se vaste bedrag gaan verhoog word na R5 500. Plase met minder as 50 permanente werkers se vaste bedrag bly onveranderd. Plase met die “CAP” voordeel se verandering is soos volg. Die “CAP” word verhoog na R11 300.
 

VAN ONS LANDBOU AFDELING 

 
Alle AgriSETA landbouleerlingskappe is afgehandel en die nodige dokumentasie is aan AgriSeta gestuur vir afhandeling. Die Lushof NQF 1 landbouleerlingskap wat geborg word deur ADENCO nader voltooiing en sal afgehandel wees teen einde November 2019.
 
Intussen duur die onderhandelings voort met ACI (Agricolleges Internasional) oor E-leer vir die toekomstige NQF 4 studente. Die keuring van die nuwe NQF 4 vir 2020 gaan intussen voort soos beplan. Indien u nog enige uitstaande dokumentasie het van landbouleerlingskappe vir 2020 se inskrywings moet dit so gou moontlik teruggestuur word.
 
Atisang Sedidi wat ‘n “graduate placement” was vir 2019 verlaat ons dienste aan einde Desember 2019.
 

BLOKFLUIT KINDERS KRY PROFESSIONELE LESSE! 

 
Met die National Lotteries Commission befondsing kon ons 20 leerders en 2 fasiliteerders op ’n uitstappie gaan na Heuer om blokfluit lesse te ontvang.

Die leerders het dit ongelooflik baie geniet en vir die eerste keer was die blokfluit cool. Die leerders het vertel hulle sien sommer baie uit na 2020 se lesse. Ons kon ook vir elkeen McDonalds koop en die vervoerkostes dek. Dankie aan NLC vir die befondsing.

 

LEERDERS GAAN SKOOL TOE! 

 
 
Ons jaarlikse Skoleprojek het in die laaste week van skool plaasgevind. Die doel van die projek is om seker te maak die laerskool leerders is tydens die week in die skool en om ‘n spesifieke boodskap oor te dra. Met die gemeenskap se hulp was skool bywoning beter as die vorige jare. Sprekers en aktiwiteite:
  • APD
  • Witzenberg Munisipaliteit
  • Departement Maatskaplike Ontwikkeling
  • SAPS
  • Badisa
  • Blokfluit en kitaar lesse
  • Departement van Gesondheid
 

AMOS KLASSE


Ons wil volgende jaar die 21ste Januarie 2020 begin met die nuwe Amos klasse. Dit sal ononderbroke aanhou tot vroeg Mei 2020. Tye sal steeds Dinsdag aande 19h00 wees. Dit is ongeveer dieselfde hoeveelhede lesse wat ons in die verlede per jaar gedoen het.

Ons neem vanjaar vir Xhosa en Sotho nuwe inskrywings in. Soos in die verlede word dit weer deur die Opleidingsentrum hanteer. Die koste gaan steeds R500 per persoon wees vir die volle twee jaar. Koste is suiwer net vir die studiemateriaal.

Vir enige navrae, kontak asb. vir Gielbre van Zyl by 023-3170608, of gvanzyl@sanlam4u.co.za.
 


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplike werkers. 
 

Saam kan ons 'n verskil maak!


Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*