November 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
CHERRY-ON-TOP
November-maand was besig, maar vol pret en hoogtepunte. Die Xhosa-leiers het met baie selfvertroue en trots weggestap by die insiggewende Leiersdag. Daar was positiewe kompetisie en geswoeg en gesweet by die Sport en Kultuurdag, en 'n lekker tuinbou uitstappie het plaasgevind. Die cherrie-op-die-koek is natuurlik die uitslae van die Wes-Kaapse Prestige Agriwerker-toekennings! Lees meer onder.
Ons groet jul eers vir 2025 en wens vir jul 'n geseënde feestyd toe.
Baie liefde, die KBOS-span.
GELUKWENSING AAN ONS WITZENBERG-STREEK!

By die Wes-Kaapse Prestige Agriwerker-toekennings op 1 November, is Witzenberg aangewys as die Beste Presterende Streek in die provinsie. Hierdie erkenning weerspieël die jare se doelgerigte investering in ons mense deur volhoubare opleiding en ontwikkeling wat vaardighede in landbou én persoonlike groei versterk.

Baie dankie aan elke persoon, opleier en werkgewer wat tot hierdie uitmuntende prestasie bydra.
’n Spesiale gelukwensing aan ons wenners:

  • Kerneels Oncker – 1ste plek, Besproeiingspesialis (Rietfontein)
  • Anwill Moletsane – 2de plek, Junior Bestuur (De Hoop Plaas)
  • Carmanita Snyders – 2de plek, Middelbestuur (Verdun Estates)
  • Anastacia Visagie – 2de plek, Beste Potensiaal (Langrivier Boerdery)

Baie geluk en welgedaan aan elkeen! Julle maak ons streek trots.

Kerneels Oncker - Rietfontein. Wenner in Besproeiingspesialis.
Anwill Moletsane - De Hoop. 2de plek in Junior Bestuur.
Carmanita Snyders - Verdun Estates. 2de plek in Middelbestuur.
Anastacia Visagie - Langrivier. 2de plek in Beste Potensiaal.
SPORT EN KULTUURDAG
Ons het ’n dag vol energie en span­gees beleef, met ywerige netbal-, rugby- en sokkerspelers wat hul alles gegee het. Selfs die toutrek en springkasteel was groot trekpleisters. ’n Werklike dag van pure genot vir oud en jonk.
’n Groot dankie aan al ons GOB’s wat hierdie eerste projek met soveel toewyding en professionaliteit aangebied het. Dit is vir ons besonders om julle merkwaardige groei as leiers raak te sien. Julle kan regtig trots wees!
Baie geluk aan die volgende wen­spanne:
Rugby
1ste plek – Sterkwater
2de plek – Schoonvlei
3de plek – Vastrap
Netbal
1ste plek – Tandfontein
2de plek – Bronaar
3de plek – Verdun
Sokker
1ste plek – Koelfontein
2de plek – Bronaar
3de plek – De Straadt
Toutrek
Sterkwater
’n Spesiale woord van dank
Aan al ons borge en donateurs: Ons kan nie genoeg dankie sê vir julle bydraes nie. Julle ondersteuning het hierdie dag ’n reuse sukses gemaak.
  • Goosen Boerdery
  • Bronaar
  • Welgemeen
  • Alhambra
  • De Kock Boerdery
JOY ARTIKEL - JONGBOER PROGRAM
Wat ‘n vooreg om na 15 jaar weer te gesels met die student wat in 2011/12 deel van die KBOS Jongboer program was. Wat onthou studente nog na 15 jaar? Het die program enigsins gehelp om die tekort aan goeie bestuurders in ons streek aan te spreek? Die antwoorde is insiggewend.
 
Huidige posisie Getal uit klas
Oorhoofse bestuurder/eienaar 2
Senior pos - nie geskuif nie 3
Senior pos – geskuif elders * 6                                 
Senior pos – geskuif in Witzenberg 9
Uit landbou 3                             
Oorlede 3
  26
*Grabouw, Barrydale, Wellington, Piketberg

Almal het net positiewe goed te sê gehad oor die rol van die program in hulle ontwikkeling. Opsommend in volgorde:
  1. Die mengsel van praktiese landbou inligting en bestuursvaardighede was presies in die kol vir wat hulle op daardie ouderdom benodig het. “Die moeilikste is om te leer om met mense te werk” / “Arbeid is ‘n ‘challenge’ ”. Die tegniese sessies was ook uiters toepasbaar a.g.v. die hoë kwaliteit aanbieders en praktiese inhoud.
  2. Die slaap in die kompong bly almal by.  Hulle gebruik woorde soos nodig, goed en ‘n “eye opener.” Een bestuurder vertel hoe ernstig hy kyk na omstandighede by die verblyf want hy het daardie aand besef “ hierdie is mense se lewe’. (Terloops ook die Donkerbos toesighouers wat die gashere was, praat nog baie daaroor).
  3. Die bestuurders wat nou in ander streke is verlang na die tipe opleiding wat in die Witzenberg beskikbaar is vir hulself maar ook hulle spanne.
As die wat oorlede is buite rekening gehou word, het ons vir die Witzenberg ‘n 60% slaag syfer. Amper 30% kon vinniger vorder in ander streke. Dit bewys vorige navorsing wat beweer het, “Ceres is a net importer of unskilled labour and a net exporter of skilled labour.” Iets om oor te debateer.
 
Jongboer program 2011/12
Jongboer program 2025/26. Kom ons kyk waar is hierdie leiers in 2040.
TUINBOU UITSTAPPIE

Ons 2023 en 2024 tuinbou-wenners het ’n uitstappie na Creative Hub en Ikamvaleto tonnels gehad. Daar het hulle baie geleer en beslis genoeg wenke gekry om saam huis toe te neem. Sien meer inligting onder hoe om in te skryf vir 2025 se tuinbou kompetisie! 

TUINBOU KOMPETISIE

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse tuinboukompetisie! Moenie skaam wees nie ons weet jou blomtuin en groentetuin verdien om gesien te word! Skryf vandag nog in, want hierdie jaar kan jý dalk die wenner wees!

Ons beoordelaars sal ook waardevolle tuinwenke deel om jou plante nóg mooier te laat blom en jou oes te laat groei soos nooit tevore nie. Kliek op die skakel vir die inskrywingsvorm.

XHOSA LEIERSDAG
Leierskapswerkswinkel maak groot impak op leiers.

'n Onlangse Leadership for Life werkswinkel wat op 3 November 2025 gehou is, gefasiliteer deur Lennox Plaatjies, het 'n groot impak op die 84 deelnemers gemaak. Dit het deel gevorm van ons jaarlikse Xhosa- en Sotho-leiersdag. Die program het gefokus op selfleierskapbeginsels, die ontdekking van jou potensiaal, die oorkoming van armoede-denke, die toepassing van leierskapsdenke en die ontwikkeling van die hart en karakter van 'n goeie leier.
Die deelnemers, was aktief betrokke dwarsdeur die program met leierskapsaktiwiteite, groepbesprekings en interaktiewe sessies. Die groep het baie positief op die program gereageer en gretigheid getoon om die nuut verkryde leierskaplesse toe te pas om hul eie lewens, hul gesinne, hul werkspanne en hul gemeenskappe te beïnvloed.
Hoe kan jy dit wat jy geleer het, gaan toepas by die werk?

Die studente het die volgende terugvoering gegee:
  • Om ‘n goeie leier te wees en deur goed te kommunikeer met hulle spanmaats asook om die leierskapstegnieke toe te pas, sal van die besigheid ‘n sukses kan maak.
  • Dit is belangrik om oopkop te wees by die werk en veranderinge te maak waar hulle kan sien iets nie werk nie.
  • Deur positief te wees dra ook by tot die sukses van die span.
  • Die kennis van die leiersdag sal by die huis en by die werk toegepas kan word en deur hierdie eienskappe te gebruik kan hulle die werk bestuur en ‘n sukses darvan maak.
  • Dit wat hulle geleer het kan hul gebruik om oplossings vir daaglikse uitdagings te vind.
  • Wanneer hulle leierseienskappe uitoefen, kan hulle trots wees op hulleself en dit is die beste manier om vorentoe te kan beweeg.
BEMARKINGSBESOEKE
Ons kom weer KUIER! Hou gerus jul e-posse dop en dagboeke oop vir ‘n afspraak vanaf Carmen of Marnel. Ons besef dit is ‘n baie besige tyd, maar dit is ook die beste tyd vir ons om met jul te kom gesels oor watter nuwe insette in ons 2026 Opleidingsjaarprogram is.
BROKKIES:
  1. Handelsure: Neem asb. kennis dat die Sentrum gesluit sal wees vanaf Maandag 22 Desember 2025 en weer open op 2 Januarie 2026. 
  2. GOB jaarbeplanner: Beplan lekker vroeg vir 2026. Kliek op die skakels om die GOB jaarbeplanner af te laai:
SCATEC - KOM STUDEER LANDBOU VERNIET!
Kom leef jou passie uit! Skryf nou in vir 'n landbou kursus wat volledig befonds is. Kliek op die skakel vir die inskrywingsvorm.
https://forms.gle/WQoVkuqHdxk1mvBB9 
PLUKKURSUS 2025/2026
Verbeter jou span se vaardighede met ons gespesialiseerde en interaktiewe plukkursus!
 
In die 2024/2025 seisoen het 105 spanne reeds voordeel getrek uit hierdie opleiding, wat fokus op:
 
✅ Hoë gehalte plukpraktyke
✅ Die belangrike rol van die toesighouer
✅ Vermindering van vrugverliese a.g.v. kneusing (vanaf die boord tot pakstoor).
 
Verseker dat jou plaas die beste, hoogs opgeleide plukkers en oes-span het vir die nuwe seisoen.
 
📅Bespreek nou by euria@kbos.co.za en verseker ‘n suksesvolle oes.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*