November 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
UITMUNTENDE NOVEMBER
Wow! November was 'n uitblink maand vir ons.
In 'n neutedop...van AgriSETA toekennings, tot sokker kampioene, tot Wes-Kaap Prestige toekennings. 
Lees meer onder in ons laaste brief van 2024 oor al die lekker nuus. 
AGRISETA TOEKENNINGS
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op 7 November 2024, tydens AgriSETA se “Excellence Awards” uitgeblink en twee toekennings ingepalm. Ons 1,2,3 Werk program is aangewys as die wenner in die Beste projek (gemik op jeug) kategorie, EN die Sentrum self is aangewys as naaswenner in die kategorie: Beste Privaat Opleidingsdiensverskaffer. Ons is ongelooflik trots om op hierdie wyse erkenning te kon kry vir dit waarin ons glo. Niks  hiervan  sou moontlik gewees het sonder die toewyding van ons studente, lede en personeel nie. Enkosi!     
WES-KAAPSE PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS
Die 2024 Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings het Saterdag, 2 November in Paarl plaasgevind. Nege kandidate vanuit die Witzenbergstreek het die geleentheid bygewoon. Twee van die streek se deelnemers, Sophia de Bruin (sosiale ontwikkeling) en Magdelena Smit (tegniese operateur) het hulle kategorieë gewen. Die streekkoördineerders en Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is baie trots op hulle. Hieronder is Magdelena Smit van Nooitgedacht en Sophia de Bruin van Paardekloof saam met premier Alan Winde.
XHOSA LEIERSDAG TERUGVOERING
Ons het baie goeie terugvoering gekry van ons Leiersdag wat op 6 November 2024 plaasgevind het. Studente was baie tevrede met die fasiliteerders se energieke en innemende benadering. Hulle entoesiasme het bygedra tot 'n positiewe en lewendige leeromgewing.
Die vaardighede wat tydens die sessie oorgedra is, is beskou as nuttig vir persoonlike groei en om ander na positiewe uitkomste te lei. 
Sien grafiek onder wat ook 'n aanduiding gee van terugvoering.
PROCARE DIENSTE
In die Witzenberg is daar vier maatskaplike werkers wat aan ongeveer 45 van ons lede plase/pakstore dienste lewer.
In Oktober 2024 is daar aan 117 kliënte dienste gelewer, daar is 440 aktiewe gevalleladings en daar is 907 probleme waaraan daar gewerk word by die aktiewe gevallelading.
Hieronder is ‘n grafiek wat die top 10 grootste probleme aandui van die aktiewe gevallelading in Oktober 2024.
Die afgelope 12 maande is daar op 3334 verskillende gevalleladings gewerk. Die 5 grootste probleme die laaste 12 maande was soos volg:
  1. Alkohol
  2. Ouerleiding
  3. Rou
  4. Persoonlike stres
  5. Alkohol (familielid/lewensmaat)
Een van ons hoofredes waarom die Sentrum in vennootskap gegaan het met PROCARE is om sulke indiepte berading aan werkgewers en werknemers te bied ten einde ‘n meer produktiewe werkersmag in ons streek te hê. Met ‘n holistiese benadering verseker ons dat berading hand-aan-hand met vaardigheidsprogramme en gemeenskapsontwikkeling geskied. Kliek op hierdie skakel vir 2025 program (Afrikaans). Kliek op hierdie skakel vir 2025 program (Xhosa).
KLIMAATSVERANDERING EN LANDBOU JEUGBERAAD
Agt van ons huidige NQF 4 Leerders en 1,2,3 Werk studente het die geleentheid gehad om op 30 en 31 Oktober die Klimaatsverandering en Landbou Jeugberaad van die Departement van Landbou te Goudini Spa by te woon. Hierdie was 'n goeie blootstellingsgeleentheid vir ons studente en hulle het die beraad baie leersaam en insiggewend gevind. 
VASTRAP TRIOMFEER AS KAMPIOENE: VIER DIE GEES EN IMPAK VAN SOKKER IN DIE WITZENBERG
Op Saterdag, 2 November 2024, het die sokker finaal plaasgevind by Môrester. Baie geluk aan Vastrap wat as kampioene gekroon is. Ons wens ook vir Laastedrif baie geluk met die tweede plek, en Sterkwater wat derde gekom het. Julle het almal groot vaardigheid getoon en is werklik inspirerend.
Sokker en sokkerspelers kry verseker nie die krediet wat dit verdien nie. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se sokkerliga het reeds 83 spanne, 2750 spelers en 7 sones wat Sondae speel. Selfs die Witzenberg LFA het ‘n merkwaardige aantal spelers wat by hulle geaffilieer is. Daar word baie keer gepraat oor die warboel wat saam met sokker kom, maar min word gepraat oor die spelers se toewyding tot hul span, voetsoolontwikkeling in gemeenskappe en om jeug aan te moedig om beter lewenskeuses te maak, EN dit bou sterker gemeenskappe.

Daar was onlangs in Die Burger ‘n onderhoud gevoer met Prof. Heinrich Grobbelaar wat betrokke is by Stellenbosch FC en hy vertel hoe hy ervaar het dat sokker hindernisse afbreek en passie opwek. Hy het onder andere ook baie geleer oor “black tax” en het ‘n bevoorregte insig gekry in ‘n belangrike aspek van swart Suid-Afrikaners se lewens (Cruywagen, D. (2024) ‘Grobbelaar help sokker staanplek gee in Stellenbosch’ Die Burger, 2 November , bl. 15).

Wyk 9 het ook befondsing ontvang vanaf Witzenberg Munispaliteit vir ‘n sokkertoernooi wat uitstekende jong talent ten toon gestel het. Tandfontein het eerste plek behaal en Donkerbos tweede plek.
Kom ons vier die toewyding van spelers en die transformerende krag van sokker om 'n beter toekoms te bou.
PLUKKURSUS
PLUKKURSUS IN AKSIE TYDENS NOVEMBER
OPKOMENDE KURSUSSE 2025:
  • Paklyn Toesighouers: 4-6 Februarie; KBOS
  • Brandbestryding vir kantoor en creche personeel: 19 Februarie; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*