November 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
SONNIGE NOVEMBER
Somer is beslis hier! November-maand was warm en die lieflike weer maak almal weer opgewonde vir die feesseisoen wat voorlê.
AgriSETA het vir ons kom kuier, ons spog met die wenners van die 2023 Wes-Kaapse Prestige Agriwerker van die jaar en die sokkerliga eindig op 'n hoë noot. 
Ons beplan nog 'n laaste paar opwindende kursusse en projekte in Desember, so moenie dit misloop nie. Kyk ook nou al uit vir inligting oor kursusse in Januarie.
Geniet ook die laaste brief van die jaar!
2023 WES-KAAPSE PRESTIGE AGRIWERKER VAN DIE JAAR 
ONS IS ONGELOOFLIK TROTS OP AL ONS DEELNEMERS!
Baie geluk aan Vivian Jakobs van Crispy Farming, wat aangekondig is as 2023 Wes-Kaapse Prestige Agriwerker van die jaar. Hy het ook die kategorie, Middelbestuur, gewen. 
Baie geluk aan Luvo Nukani van Bronaar Plase wat die kategorie, Junior Bestuur, gewen het.
HOE VERANDER “LIFE SKILLS” OPLEIDING GEDRAG? 
Kom ons wees eerlik. Verandering is moeilik. Dit is maklik om te sê ”my vrou moet net aanvaar…” of “my man moet net ophou om so ongeduldig te wees”. Ons kan sê en sê en soebat en vra, maar daar is geen waarborg dat dit verandering sal veroorsaak nie. 
Dikwels hoor ‘n mens besighede versoek goed soos: “sê vir mense om minder fyngevoelig te wees” of “sê vir hulle om versigtiger te werk”.  Ons kan sê en sê en soebat en vra, maar daar is geen waarborg dat dit verandering sal veroorsaak nie! Wat is dus die nodige stappe? Kliek op die skakel regs vir die volle artikel. hoe verander gedrag
SOKKER WENNERS
Baie geluk aan Tandfontein wat as kampioene van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se sokkertoernooi gekroon is! Hulle het vir Kromfontein 1-0 in die eindrondte geklop.
Naaswenners, Kromfontein, het ook 'n baie goeie toernooi gehad.
AGRISETA ALGEMENE JAARVERGADERING
AgriSETA se algemene jaarvergadering, het op 2 November in KwaZulu-Natal plaasgevind. AgriSETA spog met ‘n prestasie van 95% vir al hulle doelwitte wat gestel is vir die jaar 2022/2023. Hulle het ook genoem dat hulle reg sal wees vir die implementering van die QCTO beroepskwalifikasies teen Julie 2024. 
Agricolleges international, tesame met Jacob Coetzee en Carmen Roberts. Ons sien uit na die pad vorentoe om saam met hul te werk.
AGRISETA BESOEK - 1,2,3 WERK
Die 1,2,3 Werk program is goed op dreef. Hulle het in September begin met hulle klasse, en het al die volgende kort kursusse soos; Noodhulp vlak 1, Groente Monitors, Boordmonitors en Rekenaar vir Beginners gedoen. Edna het ook reeds begin met die studente se individuele gesprekke.
 
Op 9 November het AgriSETA die 1,2,3 Werk-groep besoek by die opleidingsentrum om die vordering van die vaardigheidsprogram te monitor en evalueer. AgriSETA verteenwoordigers het met die studente gesels en vrae gevra, en het die personeel van die opleidingsentrum gemonitor, sodat alle dokumente in plek is. Die besoek het goed verloop.  
1,2,3 Werk, Rekenaar opleiding
ETE SAAM MET PRODUSENTE
Ons het agt van die grootste heffingbetalers genooi om strategies saam met Johann Engelbrecht, wat voorheen by AgriSETA werksaam was, en tans op ons advieskomitee dien, 'n ete saam te geniet. Die doel van die gesprek/ete was om strategies te besluit wat heffingbetalers kollektief kan doen om meer druk op AgriSETA uit te oefen, om meer befondsing beskikbaar te stel aan ons area. Die gesprek het plaasgevind op Dinsdag 14 November by Homegrown te Ceres. Daar word tans aan 'n voorstel gewerk oor wat ons as lede kan doen. Meer hieroor sal later aan alle lede gekommunikeer word.  
Daar word noukeurig geluister na Professor Karin Theron tydens die Besoek en bespreek: Chemiese uitdun en plantgroei reguleerders, kursus.
AGRISETA WERKSWINKEL
Op 20 November het AgriSETA 'n werkswinkel gehou, om hulle prosesse en rolle te deel in die implementering van QCTO beroepskwalifikasies. Ons het heelwat antwoorde gekry oor aspekte waaroor ons onseker was vir die implementering van die Orchard and Vineyard Foreman kwalifikasie, wat ons tans besig is om te beproef in Tulbagh. Ons het riglyne gekry om die opleidingsentrum te akkrediteer as 'n assessering sentrum, en om ons plase te registreer as werksplek. AgriSETA is selfversekerd dat die EISA, die gestandardiseerde eksterne eksamen vir hierdie kwalifikasie, in Desember 2023 klaar sal wees, gereed vir ons studente om in Maart in te skryf. 
Studente prakties aan die werk tydens die Noodhulp Vlak 2: Xhosa, kursus.
TUINBOU KOMPETISIE
Het jy groen vingers? Ons sien baie uit na hierdie jaar se tuinbou kompetisie op 5-7 Desember. Die eerste 20 groentetuin inskrywings word ook GRATIS ingeskryf vir 'n groentetuin werkswinkel in 2024. Indien jy nog wil inskryf, laat weet asb. vir Landi by landi@kbos.co.za 
Baie sterkte, geniet, en mag almal se tuine ons asems wegslaan.
BROKKIES:

1. VURKHYSER OPLEIDING

Indien julle in Januarie 2024, Vurkhyser opleiding moet doen, kan julle vir Euria ‘n e-pos stuur by euria@kbos.co.za

2. BEMARKINGSBESOEKE
Ons kom weer kuier. Hou gerus jul e-posse dop en dagboeke oop vir ‘n afspraak vanaf Carmen of Ané. Ons besef dit is ‘n baie besige tyd, maar dit is ook die beste tyd vir ons om met jul te kom gesels oor wat ons beplan in die 2024 Opleidingsjaarprogram.

3. HANDELSURE
Neem asb. kennis dat die opleidingsentrum gesluit sal wees vanaf 20 Desember namiddag en weer op 3 Januarie 2024 sal open.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*