November 2022_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
SOET EN SAPPIGE NOVEMBER
Oestyd van pruime, perskes en nektariens het reeds begin. Die soet en sappige geure van hierdie steenvrugte pas vir ons so mooi by November maand se brief. Juis omdat daar sulke heerlike gebeurtenisse plaasgevind het. 
Die tuinboukompetisie wenners is aangekondig, pragtige tuine is besoek, daar was spanbou en 'n velddag gehou. Die Xhosa Leiersdag was 'n lekker dag en die Gr.9-leerders het waardevolle "rootskills" geleer. 
Ons Witzenberg se naam is ook hoog gehou by verskeie Landbou-toekennings. EN daar was ook saam met personeel en families gekuier om 'n besige en suksesvolle jaar weer af te sluit.
Hierdie is omtrent 'n MONDVOL. Soet en sappige mondvol stories om te lees. Geniet!
TUIN UITSTAPPIE NA TULBAGH
2021 se tuinboukompetisie wenners het op Saterdag 19 November, op hulle uitstappie gegaan as 'n beloning. Die tema was “maak tuin saam met die natuur”. Hulle het 2 plaaslike tuiniers se tuine besoek, Tulbagh kwekery, ‘n veld rehabilitasie asook ‘n groentetuin in Tulbagh. Baie dankie aan Dennekruin wat hulle bussie vir ons beskikbaar gestel het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om waardevolle lesse oor tuinmaak te leer en ook die kans gegee om bietjie te kon rondloer.

EN HIER IS ONS 2022 TUINBOUKOMPETISIE WENNERS! BAIE GELUK!

Mary Ockhuis van Donkerbos se tuin was in die 1ste plek. Haar kreatiwiteit, liefde en toewyding is deurslaggewend in haar tuin te sien. 'n Mens voel sommer welkom en tuis as mens na haar tuin kyk. 
Oktober Fritz van Koelfontein was in die 2e plek. Sy netjiese en goedversorgde tuin is baie interessant en kreatief, byekorwe en al. 
Johannes Kamfer van Ceres Remhoogte is in die 3e plek. Sy groentetuin ontwikkel mooi en daar is 'n groot verskeidenheid groente in verskillende stadiums van ontwikkeling. Hy hou van eksperimenteer en is tans besig met die kweek van aartappels in lae, opgestapel in ou bande sowel as 'n "molle plant" om te kyk of dit molle kan weghou. 

SHIREE PAULSE SKITTER BY DIE WES-KAAPSE PRESTIGE AGRI-TOEKENNINGS

Shiree Paulse, ons Witzenberg Landbouwerker van die Jaar 2022, het tydens die Wes-Kaapse Prestige Agri-toekennings weggestap as die wenner van die Administratiewe personeel afdeling. Hierdie glans geleentheid het plaasgevind by GrandWest en ons is baie trots op haar.

JOHNNY KAROLUS - 'N MAN MET VELE TALENTE

Ons wil graag vir Johnny Karolus, sagtevrugteboer van Disselfontein, baie geluk sê met die uitstekende prestasie om as die Wes-Kaapse Nuwe Toetreder van die Jaar 2022, aangewys te word by die SA Landbouskrywers toekennings. Kliek hier op die skakel om meer te lees van sy bekwame vaardighede en talente.
https://www.hortgro.co.za/news/johnny-karolus-2022-wes-kaapse-nuwe-toetreder-van-die-jaar/ 

9 - PROSES LEERDERS LEER VAN BASIESE WAARDES OP 'N LEKKER MANIER
Wat is ons veronderstel om by ons ouerhuis te leer, maar leer nie OF kinders wil nie hoor nie? Rootskills. Ons lê die fondasie vas van basiese waardes. Die tweede groep van die 9-Proses het deelgeneem aan hierdie dag wat deur Kunika Outdoors aangebied is op Saterdag, 11 November.
GRAAD 8 - KOSHUISPROGRAM - IETS NUUTS OM NA UIT TE SIEN IN 2023!
Is mamma moeg van 3 verskillende pare sokkies in die wasgoed sak? Of is die boek met al die huiswerk by die koshuis en nou moet pappa ‘n plan maak? Hierdie is net die dag vir jou kind! 

Ons nooi alle 2023 graad 8’s uit om hierdie vrugtevolle dag by te woon op Donderdag, 12 Januarie by Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.

Die doel van die dag is om graad 8’s voor te berei vir die koshuis. Ons spreek juis die ‘goeters’ aan wat die ouers gryshare gee. Soos volg is die program:

Persoonlike versorging:
  • Lyf
  • Naels en hare
  • Puberteit
Omgewing versorging:
  • Koshuiskamer
  • Beddegoed
  • Wasgoed
  • Besittings - toesluit en oppas
  • Sakgeld - is ek slim of mors ek?
Jou identiteit:
  • Waardes
  • Weet wie jy is
  • Twyfel = "Vulnerability"
Groepsdruk:
  • Sosiale media - meting aan "likes" en veiligheid
  • Boelie 
  • Alkohol en dwelms
Leierskap:
  • Lei ek of volg ek?
Hierdie gaan ‘n prettige dag wees met klomp speletjies. ‘n Opvolg sessie word ook gereël vir April.

Vir slegs R50 kan jy jou lewe baie makliker maak! Bespreek by Landi by landi@kbos.co.za

XHOSA LEIERSDAG

Die Xhosa Leiersdag het op 2 November te Op-die-Berg, plaasgevind. By die dag was daar gefokus op komitees, waar die studente gemotiveer was om goeie leiers in hulle werksomgewing en gemeenskappe te wees sowel as aangemoedig om 'n verskil te probeer maak. Hulle het geleer om dit wat hulle tot hulle beskikking het, positief aan te wend. Die terugvoering van die studente was baie goed gewees.

MOENIE VERGEET OM IN TE SKRYF VIR DIE LAASTE PAAR OPKOMENDE KURSUSSE VAN DIE JAAR NIE. SKRYF IN BY euria@kbos.co.za. Sien kursusse soos volg:
  • Noodhulp Vlak 3: 1, 2, 5 Desember
  • Groente Landloop: 2 Desember
  • Besoek en Bespreek: Onderstamme: 8 Desember
Meer oor Plukkursusse onder.
PLUKKURSUSSE - VERSEKER KWALITEIT VRUGTE
Om vrugte te pluk sonder om gehalte in te boet, bly almal se eerste prioriteit. Dit is NOU die tyd om die plukkursus te doen om die beste moontlike oes te verseker.

BROKKIES:

1. Bemarkingsbesoeke: Ons kom weer kuier. Hou gerus jul e-posse dop en dagboeke oop vir ‘n afspraak vanaf Carmen of Ané. Ons besef dit is ‘n baie besige tyd, maar dit is ook die beste tyd vir ons om met jul te kom gesels oor wat ons beplan in die 2023 Opleidingsjaarprogram.

2. Handelsure: Neem asb. kennis dat die Sentrum gesluit sal wees vanaf 22 Desember en weer op 3 Januarie 2023 sal open.

NOOITGEDACHT HOU SPANBOU

By die Sentrum se Afrikaanse Leiersdag wat op 22 Junie plaasgevind het, het Nooitgedacht ‘n Komitee Spanbou tydens ‘n gelukkige trekking gewen. Johan Visser, die Langoedbestuurder het die Spanleiers, Bestuurders, Kantoor Ontvangsdame sowel as die plaas se Klinieksuster uitgenooi om ook deel te wees. "Die weer was idillies en het beslis 'n eiland effek geskep", het Johan vertel. Dit is aangebied deur Archie van Biljon op 22 Oktober, by Howbill Properties se Lapa op Parys. Die 30 deelnemers het Saterdagoggend vroeg begin en met ‘n gesellige braai die aand afgesluit. OppieBerg spyseniers het gesorg dat niemand honger gelei het nie! 

Die fokus van die spanbou was kommunikasie en almal is daar weg met hegter bande in die span en moed vir die nuwe seisoen wat voorlê. Johan het ook sy ervaring van die dag gedeel met die volgende woorde: "Ons het mekaar beter leer ken en as span meer van mekaar geleer. Ons wil vir Archie en Koue Bokkeveld Opleidingsentrum bedank sowel as vir Gerald Fritz, wat die gelukkige trekking gewen het en sodoende die spanbou dag moontlik gemaak het". 

Die Komitee het veral hierby gebaat, aangesien die spanbou ‘n opvolg was van hulle Komitee kursus in September.

PERSONEEL JAAREINDFUNKSIE

Ons personeel van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op Saterdag 5 November,  ons jaaraflsuitingsfunksie gehou by Die Boord in Wolseley. Die oggend is gebruik om net lekker saam te kuier as personeel met ons families.  

VRUGTE PRODUKSIEBESTUUR VELDDAG - INSIGGEWENDE UITSTAPPIE
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*