1,2,3 WERK JEUGPROGRAM SERTIFIKAAT OORHANDIGING
|
|
Op 24 November het ons 20 studente hulle 1, 2, 3 Werk sertifkate ontvang by Gys se Huis te Rocklands. 'n Pragtige lang tafel was gedek buite op die gras voor Gys se Huis se stoep en die atmosfeer was vrolik en opwindend. Die program het bestaan uit plant produksie, noodhulp vlak 1, lewensvaardighede en basiese rekenaarvaardighede. 'n Liefde vir landbou is gekweek, want meeste van die studente het aangedui dat hulle gaan aanhou werk in die landboubedryf en drie studente gaan in 2022 verder studeer. Ons is so bly!
Ons was baie bevoorreg om AgriSETA Bestuurslede, Medupi Shabangu en Frikkie Fouche te kon ontvang om die sertifikaat oorhandiging by te woon. Hulle het ook ons advieskomitee vergadering bygewoon en ‘n ontbyt saam met ons produsente geniet, waar ons uitdagings kon aanspreek en 'n vyf-jaar opleidingsplan vir die Witzenberg omgewing kon bespreek. Dit bly vir ons baie belangrik om verhouding te bou met AgriSETA en ons glo dit was ‘n groot sukses. Ons sien uit na nog vele en 'n voortgesette vennootskap tussen Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en AgriSETA.
|
|
BEMARKINGSBESOEKE
Ons kom weer kuier. Hou gerus jul e-posse dop en dagboeke oop vir ‘n afspraak vanaf die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Ons besef dit is ‘n baie besige tyd, maar dit is ook die beste tyd vir ons om met jul te kom gesels oor wat ons beplan in die 2022 Opleidingsjaarprogram.
|
|
|
|
VROUEDAG
Op 30 Oktober, het ons vrouwees gevier by Victoria Park Ceres sportgronde. “If you can be happy, do it.” Hierdie is die woorde van die spontane Tracey Lange, bekende KFM radio omroeper. Sy het gedeel hoe om jou droom jou passie te maak en hoe om daardeur jou doelwit te bereik. Sy het ook uitgelig dat dit nogsteeds harde werk, verantwoordelikheid en dissipline kos om suksesvol te wees.
Die ondersteuning wat die vrouens vir mekaar gewys/gehad het was so mooi en lekker om te aanskou.
|
|
|
Die Xhosa Leiersdag het op 3 November by die NG Kerksaal Op-die-Berg plaasgevind en daar was gefokus op dienslewering in ons omgewing. Ons leiers het gedurende die oggend sessie die geleentheid gehad om vrae te vra vir Departement van Gesondheid en SAPS, en aan hulle oorgedra waarmee hulle uitdagings ervaar. Daar was notas geneem van hulle aanbevelings en daar was goed opgetree.
Ons het ook ’n behoeftebepaling gedoen rondom vrae vir Departement van Arbeid en gaan hulle vir 2022 se Xhosa Leiersdag weer nooi. Lennox Plaatjies het die middagsessie afgesluit en gefokus op leierskap en diversiteit binne die werksplek.
|
|
NUTSMAN ELEKTRIES PRAKTIES
|
|
Die studente wat die Nutsman Elektries kursus bygewoon het, het as deel van hulle prakties die bejaardes van Op-die-Berg gemeenskap gehelp deur vir hulle klein elektriese herstelwerkies te doen by hulle huise. Hier is `n paar foto’s van die studente in aksie.
|
|
Dit is 'n vrolike tyd van die jaar!
Soos November aangebreek het, was ons omtrent opgewonde oor ons jaarlikse tuinbou kompetisie. Die kompetisie bestaan uit die mooiste blom- en kwaliteit groentetuine. Hierdie projek is veral vir ons belangrik omdat voedselsekuriteit ‘n noodsaaklikheid is, dit help families om selfversorgend te wees en dit is 'n produktiewe ontspanningstyd. Elkeen van die 20 tuine was merkwaardig en iets van hulle tuin sal altyd onthou word.
Vanjaar het die beoordelaars die inskrywings gaan opdeel in vier verskillende kategorieë om almal ‘n regverdige kans te gee en die kleiner tuine aan te moedig vir 2022. Soos volg is ons top 3 wenners van elke kategorie:
Groot tuin: Groente en Blomme
1. Adam Hanekom - Dennekruin
2. Tol Fritz - Koelfontein
3. Petrus Jenzel - Howbill
Klein tuin: Groente en Blomme
1. Katrina Lord - Dennekruin
2. Wayne Hermanus - Dankbaar
3. Petrus Galant - De Straadt
Blomtuin:
1. Joos Hanekom - Dennekruin
2. Ettiene Herder - Hoogland
3. Johannes Julies - Koelfontein
Groente:
1. Daniel Kalmeyer - Koelfontein
2. Phillip Moposa - Koelfontein
3. Carlo Lotz - Koelfontein
Die Algehele wenners:
1. Adam Hanekom - Dennekruin
2. Tol Fritz - Koelfontein
3. Katrina Lord - Dennekruin
Baie geluk aan elkeen! Die beoordelaars het vir die deelnemers wat teenwoordig was wenke gegee en hoop hulle neem weer deel in 2022 om te sien wat hulle geïmplementeer het. Foto's van die pragtige tuine sal in ons volgende GOB brief en nuusbrief verskyn.
|
|
Hier volg nog 'n paar foto's van ons kortkursusse wat in November plaasgevind het. Die manne was goed op dreef met hul kettingsaag prakties te Rocklands en die HR's en Produksie Bestuurders was op 'n leersame uitstappie na plase in die Piketberg-omgewing.
|
|
|
|