November 2020_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM

DIE OESSEISOEN IS HIER!

Oral waar jy ry in die Witzenberg-streek is daar 'n gewoel en gewerskaf soos wat plukspanne ryprooi kersies van die bome afhaal. Hierná volg die nektariens, appels en pere.

Dit wys op nuwe lewe en die draai van seisoene, ten spyte van die ontwrigtende jaar wat agter die rug is. Van die span van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum af wens ons al ons produsente 'n voorspoedige oestyd toe.

In hierdie nuusbrief plaas ons die soeklig op ons plukkursus wat ontwerp is juis om te verseker dat daar nie baie harde werk verlore gaan in die pluktyd omdat die spanne nie 100% vertroud is met die taak wat voorlê nie. Ons deel ook belangrike nuus oor die landbou-leerlingskappe waarvan almal moet kennis neem.

Lekker lees!

Die KBOS-span

VRUGTE-PLUKKURSUS HELP OM DIE MAKSIMUM OES VAN DIE BOME TE HAAL

Om vrugte te pluk sonder om enige gehalte in te boet, bly almal se eerste prioriteit. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum bied praktiese en kreatiewe opleidingsessies aan wat 'n groot bydrae kan lewer om hierdie doelwit te bereik. Gehalte word verseker deur die korrekte hantering van vrugte wat lei tot beter vergoeding vir almal.

Die kursus bestaan uit twee dele. Eerstens, op 1 Desember, vind die oriënteringsessie vir toesighouers plaas. Tydens hierdie sessie gesels die fasiliteerders met die toesighouers om die bestek van die kursus vir die plukspanne uiteen te sit.

Hierná bied die sentrum die plukkursus self op aanvraag van die verskillende produsente aan, wanneer dit in die plaas se kalenderbeplanning kan inpas. Die eerste kursusse skop reeds hier vanaf 10 Desember af, maar enige verdere navrae en versoeke sal sover moontlik geakkommodeer word.

Die praktiese kursus gebruik die tipe vrug, hetsy kern- of steenvrugte, asook die variëteit wat op daardie stadium gepluk word om die materiaal aan te bied en die sessie duur twee en 'n half uur. 

Prys van plukkursus met assessering: R1 650 per groep, plus vervoer. Assessering neem 'n addisionele uur. R1 980 vir nie-lede.
Prys van plukkursus sonder assessering: R1 100 per groep, plus vervoer. R1 320 vir nie-lede.
BESPREEK VANDAG

BEFONDSING VAN LEERLINGSKAPPE

Sedert 2003 het AgriSETA elke jaar fondse beskikbaar gestel vir landbouleerlingskappe (NQF 1 en NQF 4). Die gemiddelde hoeveelheid jaarliks was ongeveer 60. In 2017 en 2018 het AgriSETA nog meer landbouleerlingskappe toegeken onderskeidelik 155 en 128.

In 2019 en 2020 het AgriSETA egter geen landbouleerlingskappe aan Koue Bokkeveld Opleidingsentrum toegeken nie al is daar aansoek gedoen.

Gegewe die feit dat ons die afgelope  twee jaar geen befondsing gekry het nie en die Seta se standpunt oor die befonding van laer-vlak landbouleerlingskappe skynbaar verander het, is ons genoodsaak om te kyk na ander befondings-opsies.  

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum doen dus 'n beroep op plase om te oorweeg om self hierdie leerlingskappe te befonds. Die terme van betaling kan beding word met die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.

Voordele
  • Opheffing, ontwikkeling en opleiding van personeel.
  • 'n Buigsame finansieringsmodel. U besluit hoe en wanneer om daarvoor te betaal.
  • 'n Verlaging in belasbare inkomste van R80 000 per leerlingskap wat R40 000 vir jaar van registrasie insluit, en R40 000 vir die jaar van voltooing.
  • B-BBEE-voordele: 'n Groot persentasie van die vaardigheidontwikkelingspunte geld vir leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe.
Koste
  • R19 292 vir NQF 1
  • R29 292 vir NQF 4
Die KBOS-bestuur besoek tans plase om oor hierdie onderwerp in gesprek te tree. Kontak ons gerus as u enige navrae het.
 
Die aantal landbouleerlingskappe aan vanaf 2012 tot 2020.

PLAAS JOU ARBEIDSWETPLAKKAAT-BESTELLING

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is besig om 'n opname te maak van die Arbeidswetplakkate. Die onderstaande lys is al die plakkate wat beskikbaar is. Ons gaan weer 'n gesamentlike groot bestelling plaas.  Elke plakkaat sal ongeveer R250 kos, afhangende van die getalle wat ons bestel.
  • Basic Conditions of Employment Act – Afrikaans / English / Xhosa (Xhosa slegs beskikbaar as daar minimum belangstelling van 20 is)
  • Employment Equity Act - English
  • Occupational Health and Safety Act - English
  • Sectorial Determination: Farm Workers - English
Kliek hieronder om vir Euria teen 4 Desember te kontak met jou bestelling. 
 
BESTEL VANDAG

DRAPEERNETTE VIR KERNVRUGTE EN REFLEKTIEWE MATERIAAL VIR GEKLEURDE APPELS

Op 10 Desember 2020 te Lindeshof, bied Koue Bokkeveld Opleidingsentrum saam met Willie Kotze 'n Besoek en Bespreek-dag aan van 09:00 tot 12:00.

Twee onderwerpe gaan bespreek word. 
 
Onderwerp 1: Nette en gedrapeerde nette in kernvrugte. Vrae wat aangespreek word, sluit in:  Wat is die grootste drywers vir die produksie van kernvrugte onder nette in die KBV? Hoe verskil die aanplanting van kernvrugte onder permanente teenoor gedrapeerde nette? Wat is die stelselvereistes vir ‘n net permanente net? Wat wil ons bereik met gedrapeerde nette op appels?

 
Onderwerp 2: Die gebruik van reflektiewe materiaal in gekleurde appels. Van die vrae is:  Wat is die doel van reflektiewe materiaal? Basiese boomargitektuur waar reflektiewe materiaal gebruik word. Praktiese aspekte. Tyd van uitrol. Effek op rypwording van appels. Opsommende terugvoer oor uitpakke op gekleurde appels.

U kan steeds meemaak. Kontak ons gerus.

VRUGTE PRODUKSIEBESTUUR-VELDDAG SAAM MET PIET NIEWOUDT, 2 DESEMBER

As jy spring kan jy steeds inskryf vir hierdie geleentheid.

Op dié dag besoek ons boorde om opleistelsels, groeiwyses van kultivars, boomvorming en manipulasie-tegnieke, die effek van plantdigtheid, onderstamme, snoeitegnieke, entwerk en ander verbouings-tegnieke te besigtig. Hierdie kursus is gemik op bestuurders, assistente en senior voormanne en kos R515 per student.

Die program duur van 08:15 tot 12:45 en u moet u eie vervoerreëlings tref.

08:15 vir 08:30 - Bokveldskloof (ZZ2)
  • Early Red One. Boomvorm, draers en oeslading. 
  • Golden Reinders. Produksie, uitpakke en kwaliteit draers.
  • Sundowners. Groei en produksie vergelyking tussen 3 x onderstamme.
09:30-10:30 - Ouplaas (Sunsweet)
  • Rosemarie. Groei balans, somersnoei en boomvorm.
  • Jeromine. Vervangende rooi appel-kultivar. 
10:30-11:45 - Doornkraal Agri
  • Royal Beaut. Vol draende boord, beligting en verbvangende snoei.
  • HDA appel-aanplanting onder net-struktuur.
  • Rosy Glow. Goed gemanipuleerde bome / goeie uitpakke. 
11:45-12:45 Panorama (Howbill Farming)
  • Panorama Golden’s. Produksie / draers / en beligting.
  • Baigent Special. Kleur / uitpakke / somersnoei. 
Kontak Euria by 083-2683203 of 023-3170983 vir laaste inskrywings.

KORTLIKS


  • EDNA GAAN MET KRAAMVERLOF
    • Edna gaan met kraamverlof vanaf 4 Desember 2020 tot 23 April 2021 en sal dus weer op kantoor wees vanaf 26 April 2021. Verskeie personeellede gaan haar werkstake oorneem. Indien daar enige navrae is oor die onderstaande projekte is die kontaklys beskikbaar op ons facebookblad.
  • GOB jaarbeplannner
    • Kliek op hierdie skakel om die GOB Jaarbeplanner op ons webblad te sien.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*