Mei nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KURSUSSE OM NA UIT TE SIEN
  • HR studiegroepDie HR studiegroep hanteer alkohol en dissiplinêre prosesse op Vrydag 7 Junie die oggend by KBOS Op-die-Berg. Sunette le Roux – die CEO van Procare - en Trish du Toit bied dit aan. Dit belowe om baie sinvol en prakties te wees. Dit is oop vir nie-lede van die studiegroep teen ‘n indiviuele prys. Bespreek jou plek hier.
  • Auto elektries - Ons het ongelukkig te min studente om hierdie kursus in ons area aan te bied. Ons kan dit egter in Saldanha doen by Skills Priority self, teen R5800 per persoon (akkommodasie ingesluit). Skills Priority het vir ons afslag gegee omdat die kursus by hulle gaan plaasvind. Die kursus vind vanaf 10 tot 12 Julie plaas. 
Vir meer inligting, of om te bespreek, kyk gerus op ons katalogus of kontak asseblief vir Euria.
BESTUURSDAG 2019 

"IF I CREATE AN OPPORTUNITY TO MAKE YOU A BETTER PLAYER BUT NOT A BETTER PERSON THEN I’VE FAILED YOU AS COACH AND MENTOR." - Neil Powell se filosofie

Die bestuursdag het baie goed begin met Neil Powell. Dit is ongelooflik hoe baie moeite hulle maak met die individue in hulle span. Hulle oorkom ook die uitdagings van diversiteit deur ‘n duidelike span kultuur te skep. Dit was ‘n belewenis om hom te hoor en almal behoort geïnspireer te wees. Die praktiese sessies oor induksie was ook baie handig. Dit was ook goed om weer bewus te word van hoe vinnig tegnologie vorder en veral die impak daarvan op ons dagboeke. Baie van die inligting oor Feathers Gastehuis het die oggend se boodskap bevestig. Soos die eienaar Dr Danie Reitmann aangedui het - ons het almal 2 besighede of ons daarvan hou of nie: die besigheid wat ons passie is en die mens besigheid. Die sukses van die twee loop hand-aan-hand.

STARS EN DISASTERS
Ons gaan met elke nuusbrief 'n plaas uitwys wat ons die afgelope maand beïndruk het. Die ster plaas van die maand is DOORNKRAAL. Baie geluk! Hulle het die volgende gedoen wat ons beïndruk:

1. Inisiatief rondom ABET geneem. Hulle het die behoefte vir ABET op die plaas identifiseer, Edna genader en alles wat hulle kon gedoen om dit te maak gebeur. Edna kon AgriSETA aansoek doen en onderhandelinge is tans by 'n skool aan die gang om dit daar aan te bied. Dankie vir die inisiatief en leiding!
2. Hulle het onmiddellik hulle plaasbesoek bevestig en sommer hulle keuse van onderwerp ook deurgegee. Op die dag van die besoek was alles 100% gereël en 'n baie sinvolle gesprek kon gevoer word. Toe die verslae na die tyd die plaas bereik het, het hulle 'n "dankie" e-pos gestuur en aangedui wat hulle met die inligting gaan doen. Wat 'n plesier!
3. Toe hulle getalle vir die sokker uitstappie inkom was dit meer as wat ons kon akkommodeer. Doornkraal het egter nie nee gevat vir 'n antwoord nie en met Ayanda se hulp kon hulle hulle eie groep opmaak. 
4. Hulle hele bestuurspan het die Bestuursdag bygewoon. 
SOKKER UITSTAPPIE 
Die uitstappie wat ons vir 480 sokker entoesiastiese sokker kykers na Athlone stadium, om die wedstryd tussen Orlando Pirates en CT City te kyk, was 'n groot belewenis. Die stadium was propvol 25 000 toeskouers. 

Vir ons was die mees opwindende eienskap, die getal toesighouers wat vir hulle spanne kaartjies gereël het om dankie te sê vir die goeie seisoen en die harde werk. Is dit nie amazing nie?
VAN ONS GEMEENSKAPSONTWIKKELINGS-AFDELING 
Die koor kompetisie se uitdunne begin sommer onmiddellik na die vakansie. Moenie ophou oefen nie!
 
20 Julie - KBV en Witz Vallei uitdunne
3 Augustus - Warm Bokkeveld en PA Hamlet uitdunne
24 Augustus - Koor Kategorie aand (Ceres Stadsaal)
14 September - Koor Finaal (Ceres Stadsaal)
 
VROUEDAG 2019
Jill Levenberg, beter bekend as Mymoena van Suidooster, is die hoofspreker vir Vrouedag. Sy word beskryf as die hart van Suidooster.
 
’n Ander groot rol wat Jill vertolk is Ellen, in die Ellen Pakkies Storie. Sy is aangekondig as beste aktrise tydens die kykNET Silwerskermfees vir hierdie rol. Jill kom vertel ons meer van haarself op Vrouedag, 9 Augustus 2019, en deel met ons oor haar karakter as Mymoena en ook Ellen. Ons wil weet hoe sy haar voorberei het vir die rol as Ellen, die uitdagings en wat sy daaruit geleer het. Bespreek op die webwerf om jou plek te verseker.
LANDBOU PRESTIGE TOEKENNINGS
Ons het verlede week die onderhoude skedule vir 2019 se Landbou Toekennings uitgestuur. 
 
Maandag 27 Mei - KBOS
Dinsdag 28 Mei - Ceres Kaap Agri
Woensdag 29 Mei - NG Kerk Op-die-Berg (Let wel trekker prakties volg net na die onderhoude)
Donderdag 30 Mei - Ceres Kaap Agri
 
Berei asb. u deelnemer voor vir die onderhoud (veral basiese onderhoud tegnieke). Klere mag nie u maatskappy/plaas se naam/logo op hê nie.

Vir enige navrae, kontak asseblief vir Edna of Samantha. 
 
BORG N KIND 













Ons het verlede jaar meer as R20 000 ingesamel wat dit moontlik gemaak het dat 28 leerlinge die kamp kon geniet. Baie dankie aan al die borge!

Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplikke werkers. 

As enige iemand 'n kind wil borg vir die 2019 senior kamp, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*