Mei Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*

GOB OPLEIDING MINI REEKS 

 
Ons gaan GOB opleiding in die formaat van ‘n selfstudie beskikbaar stel. Dit gaan bestaan uit vier sessies oor ‘n tydperk van vier maande. Die plaas mag enige aantal GOB’s inskryf vir die minireeks teen R 70 per maand. Die eerste sessie gaan oor karakterbou in die tyd van COVID-19.

Wat word benodig?
  1. Inskrywingsvorm met elke GOB se selfoon nommer
  2. Data vir WhatsApp om videos te ontvang
  3. Epos adres van die kantoor om selfstudie en hulpmiddels te ontvang
 

ONDERSTEUNINGSGROEPE VIR MIDDELAFHANKLIKES 

 
Ons gaan begin met ondersteuningsgroepe op die plase. Die doel van die groep is ondersteuning, aanmoediging en ‘coping’ met die tekort aan alkohol en rookmiddels. Hierdie groep mense is daar vir mekaar, deel dieselfde uitdagings, probleme en emosies. Hierdie is nie ‘n rehabiliteerde program of terapeutiese groep nie en beveel ons maatskaplike dienste daarvoor aan. Kontak vir Edna (edna@kbos.co.za) vir meer inligting.
 

VROUEDAG

 
Ons gaan vanjaar nie ‘n tradisionele vrouedag hou nie. Ons stel ‘n opwindende pakket beskikbaar om plase aan te moedig om voort te gaan met hulle eie Vrouedag op die plaas. Hierdie pakket sal die GOB’s/komitee help met die beplanning van die dag, verskeie video’s o.a van die hoofspreker, interne kompetisie en live interaktiewe foto’s van hoe al die vrouens se vrouedag verloop. Nota’s sal ook beskikbaar wees in Xhosa.
Ontmoet ons hoofspreker
 
Karien Schoeman, ’n bekende spelterapeut van Wellington, het haar meestersgraad verkry in hanteringsriglyne vir eiesinnige kleuters. Sy het jare se ondervinding in onderwys en ook haar eie praktyk gehad waar sy met kinders met trauma gewerk het en kinders met ’n sterk wil. Sy is ook ’n kenner op die gebied van boelie en dissipliene rondom tieners en digitale tegnologie. Tans doen sy oueropleiding in die bogenoemde onderwerpe. Sy is skreeu snaaks, plat op die aarde en elke ouer kan vereenselwig met wat sy vertel. Ons het vroeër vanjaar die voorreg gehad om na haar luister en al die mammas en pappas het vasgeklou aan elke woord. Ouers ry van vêr vir haar kennis en leiding.
 


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplike werkers. 
 

Saam kan ons 'n verskil maak!


Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*