Mei 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
REËNBOOG NA DIE STORMS
Dit was NAT. Dit was WOES. Dit was WINDERIG. Ons harte gaan uit aan elkeen wat skade ervaar het op hul plase of huise of besighede. Ons glo en vertrou dat die jaar vorentoe net beter sal gaan. Onthou, na elke storm is daar 'n reënboog, en mag dit vir ons die nodige hoop gee vir voorbereiding van die nuwe seisoen. Ons damme is vol en ons kan dankbaar wees vir dit.
Tussendeur die storms, kon ons wel voortgaan met ons jaarlikse Bestuursdag, en dit was weereens 'n hoogtepunt. Lees ook meer onder oor die ander aktiwiteite, projekte en kursusse waarmee die sentrum besig was. Lekker kursusse lê voor. 'n Paar NUWES ook. Moenie uitmis nie!
BESTUURSDAG 2026
Ons jaarlikse Bestuursdag was weereens ’n groot sukses en die positiewe terugvoering bevestig die waarde van die dag se inhoud en gesprekke. Die evaluering toon uitstekende tevredenheidsvlakke onder deelnemers:
Dr. Ilse Eigelaar-Meets het beklemtoon dat ekonomiese groei nie moontlik is sonder die ontwikkeling van mense en menswaardige interaksie nie. Trish du Toit het deelnemers herinner dat Employment Equity nie ingewikkeld hoef te wees nie, maar gaan oor doelbewuste ontwikkeling van mense. Die dag is afgesluit deur Mike Boon met die vraag: “Do you lead to empower?”
Hy het bestuurders uitgedaag om anders te dink, moeilike vrae te vra en met visie verandering te lei.

Terugvoer van Bestuurders:
  • “Baie insiggewend, ander manier om werkers te ontwikkel.”
  • “Fantasties! Inspirerend soos altyd.”
  • “Ek wens alle bestuurders kon vandag bywoon. Die saadjie is geplant - kom ons hoop dat daar aksie geneem gaan word.”
  • “Baie goeie praktiese take me home. Well done!"
Die dag het bestuurders geïnspireer om met groter visie, menswaardigheid en daadwerklike aksie leiding te neem. Die saadjie is geplant, nou lê die impak in die verandering wat daaruit gaan groei.
Van links na regs: Jeanette Clark, Trish du Toit, Edna Nigrini, Dr. Ilse Eigelaar Meets en Mike Boon
MUSIEK OPLEIDING VERSKAF WAARDEVOLLE VAARDIGHEDE

Op Saterdag, 25 April 2026 het 39 leerders en 6 fasiliteerders blokfluitopleiding ontvang. Die studente het mooi vordering getoon deur vyf nuwe liedjies aan te leer, nuwe note te bemeester en vir die eerste keer hul regterhand te begin gebruik. Dit het hul selfvertroue en spel merkbaar versterk.

Benewens musikale groei het die groep ook waardevolle vaardighede soos dissipline, spanwerk en kreatiewe uitdrukking ontwikkel. Dit was ’n betekenisvolle dag van leer, groei en musiekmaak.

GROOT GLIMLAGTE BY DIE BRIGHT STAR OPLEIDING - SCATEC NQF 1 LEERLINGSKAP
DIE MANNE LEER BAIE BY DIE TREKKEROPERATEUR KURSUS
KLEUTERPROGRAM - LEES, LEER, SPEEL, KNIP EN PLAK
BOOM NA BOKS - HIERDIE EEN WIL JY NIE MISLOOP NIE!
Op 4 Junie bied KBOS ‘n innoverende oggend bespreking aan oor moontlike maniere om die gaping tussen die boordstelsels en die pakstoorbehoeftes aan te spreek. Dit vind plaas by die TOGRYERS MUSEUM OP CERES. Die program is soos volg: 

Inleidende sprekers: Joy van Biljon,  Louis Gilliomee (CORE), Izak Groenewald (Lakenvlei), Aubrey November en Mzwamadoda Khobeni (Bronaar), Georgina Hewitt (Verdun), Magdel Smit (Dutoit) en Hendrik Claasen (BellaFrutta). Inligting van Naledi Rampone (KBOS) en Ronald Hand (DeKeur) sal ook gedeel word. 

Besprekingspunte: Mees effetiewe kommunikasie tussen QC en plukkers/drywers; die verhouding/inligting/betekenis balans; besoeke aan pakstore en uitdagings met die konsep kwaliteit.  

Die oggend veronderstel niemand het “die antwoord” nie en dat saamdink ons almal sal inspireer. Dit is gemik op beide boord- en pakstoor/ bemarkingsbestuurders. Dit gaan uiters prakties wees. Sien A3 in die KBOS katalogus. 
Kontak Euria by euria@kbos.co.za of bespreek op die webwerf.
VISUELE PERSEPSIE EN POTENSIAAL BEPALING TOETSE
Visuele Persepsie: Die Onsigbare Sleutel tot Sukses in die Landboubedryf

Wanneer nuwe werknemers aangestel of bevorder word, is sekere eienskappe soos motivering, houding, betroubaarheid moeilik om te meet. 
👉 Maar visuele persepsie kan gemeet word - en dit speel 'n kritieke rol.
Swak visuele persepsie lei dikwels tot foute, skade, stadiger werkspoed en wanindrukke van nalatigheid. Selfs ywerige en lojale werkers kan sukkel as hulle nie hul omgewing korrek interpreteer of korrek waarneem nie.

Hoekom is dit belangrik in Landbou?
Visuele persepsie is van kardinale belang vir feitlik elke handeling in landbou. Dit bepaal hoe goed 'n werker:
  • Vrugte volgens grootte, rypheid of skade sorteer
  • Siektes, skimmel of peste op plante raaksien
  • In reguit lyne plant of werk sonder om gewasse te beskadig
  • Spuitapparaat of gereedskap akkuraat hanteer
  • Vinnig veranderinge in die omgewing raaksien (bv. lekkasies, gebreekte drade)
  • Instruksies visueel interpreteer (bv. sketse, etikette, voorbeeldprodukte)
Sonder goeie persepsie kan selfs eenvoudige take ‘n uitdaging wees. Swak persepsie word nie altyd raakgesien nie, maar dit kos produktiwiteit, tyd en kwaliteit. Resultate uit die praktyk Oor die afgelope 14 jaar is meer as 1500 werkers in die landbou getoets. Ongeveer 25% het goeie perseptuele vermoëns sodat hulle die omgewing akkuraat kan waarneem.
Daarom is dit so belangrik om dit wat ons kan, te meet, sodat goeie aanstellings gemaak kan word, ingeligte besluite geneem kan word, aanpassings te maak en die regte persone te ontwikkel.

Die Potensiaal bepaling toetse wat KBOS aanbied meet die volgende:
  1. Verstandelike Helderheid (Meting van Opleibaarheid)
  2. Leierskap (Meting van Natuurlike leier eienskappe soos: Praat, Luister, Voorvat, Deelname, Konflik Hantering, Kreatiwiteit en Motivering
  3. Visuele Persepsie
Arte Nathan het gesê: “You can’t teach employees to smile. They have to smile before you hire them”. Jy kan nie jou werknemers leer om reg te kyk nie. Hulle moet reg kyk voordat jy hulle aanstel of ontwikkel.
 “People are not your most important asset. The right people are.” – Jim Collins  

Met die boodskap wat uitgegaan het by die Bestuursdag is hierdie toetse, goeie gereedskap om te gebruik om talent te ontwikkel!! 
Bespreek jou plek by euria@kbos.co.za 
KREATIEWE KUNSTE - 13 JUNIE 2026
Gee jouself die kans om iets nuuts te ontdek en jou kreatiewe kant te verken, ongeag jou ervaring. Hierdie werkswinkel is ontwerp vir enigiemand wat bereid is om te leer, te eksperimenteer en hulself uit te daag in ’n ontspanne en ondersteunende omgewing. Jy sal die basiese beginsels van teken met potlood aanleer, terwyl jou kreatiewe denke geleidelik oopgemaak word.

Kom ontdek jou innerlike kunstenaar, ervaar die rustigheid van skep en beleef hoe terapeuties dit kan wees om net stil te raak en te teken.

Koste: R80 per persoon.
Slegs potloodsketse word gedoen.
Skryf nou in by landi@kbos.co.za 
HR STUDIEGROEP - SKRYF NOU IN! SIEN TEMA'S ONDER.
OPKOMENDE KURSUSSE
  • Boom tot Boks - 4 Junie: Ceres Museum
  • Veiligheid en Gesondheid Verteenwoordigers Afrikaans -  9+10 Junie: Ceres Museum
  • Voorraadstelsels - 11 Junie: Ceres Museum
  • Brandbestryding - 18+19 Junie: KBOS
  • Bright Star - 17+18 Junie: KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*