Mei 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
BRAVO MEI
Selfvertroue is 'n SUPER POWER. As jy eers in jouself begin glo, kan die MAGIC begin.
Dit is waarom opleiding so waardevol is. Meer kennis. Meer selfvertroue.
Ons Bestuursdag was 'n hoogtepunt en heelwat opwindende kursusse lê voor in Junie. Moenie uitmis nie.
Lees meer onder.
BESTUURSDAG 2025
Strategie met ‘n skop: Die hartklop van Bestuursdag.

As jy nie by vanjaar se 29ste Bestuursdag van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum was nie, het jy werklik iets besonders gemis! Die dag was propvol insiggewende gesprekke en inspirerende idees. Ons gassprekers het kragtige wenstrategieë met ons gedeel - van hoe om vooruit te boer met slim beplanning, tot hoe om gesonde, produktiewe werknemers te koester en spanwerk te bou wat ’n diep lekker “lekke” gevoel by almal los.
Die terugvoer wat ons ontvang het, was uitstaande - deelnemers het gevoel hulle stap weg met nuwe energie en praktiese riglyne vir volhoubare sukses. Dit was nie net ’n leergeleentheid nie, maar ’n dag wat bande versterk en inspirasie aangevuur het. Volgende jaar gaan jy beslis nie weer wil uitmis nie!
Die volgende positiewe terugvoering was ook gegee:

“Goeie sprekers en vrae en antwoorde met baie om huis toe te vat”
 
“Baie dankie, dit was uitstekend!”
 
“Diep lekke”
Van links na regs: Petra Nel (NorSA), John Dobson (Stormers), Edna Nigrini (KBOS), Mareé Lambrechts (Verdun), Johann Kotze (AgriSA).
LANDBOULEERLINGSKAPPE
Die landboukantoor beleef ‘n baie bedrywige tyd met die voorbereiding van die nuwe landbouleerlingskappe wat eerdaags sal begin. Met die finansiële hulp van AgriSETA en die produsente is dit vanjaar moontlik om twee NQF 2 klasse aan te bied. Die klasse sal aangebied word in die Koue Bokkeveld en Prins Alfred Hamlet. 42 inskrywings is ontvang van verskeie plase in die omgewing. Die aanbieding van die NQF 2 Plantproduksie leerlingskap sal vir die eerste keer deur Koue Bokkeveld Opleidingsentrum aangebied word. Baie leerders het voorheen die NQF 1 Plantproduksie leerlingskap voltooi en kry nou die geleentheid om die NQF 2 Plantproduksie te doen. Die NQF 2 leerlingskap is ook ‘n produksiekursus wat die leerders verder kan help in hulle daaglikse werk. Dit is gemik op werkers wat onafhanklik kan werk en wat min toesig vereis. Hierdie kwalifikasie is skolasties gelykstaande aan Graad 10. Met die oorskakeling na beroepsgerigte kwalifikasies is dit ‘n voorvereiste dat toekomstige leerders NQF 4 leerlingskap studente ten minste Graad 10 suksesvol voltooi het. Hiermee wil ons die poel van potensiële leerders vergroot. 
'N NUWE BEGIN VIR 39 MANNE

Ons onlangse mannekamp is deur 39 manne bygewoon, waarvan 26 nuwelinge was. Dit het duidelik geword dat baie steeds worstel met kindertrauma. Die individuele sessies het waardevolle ondersteuning gebied. Baie dankie aan al die plase wat vervoer en borgskap voorsien het – julle het ’n nuwe begin moontlik gemaak.

UBUNTU HIKE BOU SAMEHORIGHEID
’n Groep van 42 jong Xhosa- en Sotho-sprekers het saam met Joseph ’n opwindende uitstappie na Kaapstad onderneem. Hulle het ’n deel van Leeukop uitgeklim en daarna middagete in Kampsbaai geniet. Die uitstappie het nie net avontuur gebied nie, maar ook geleentheid geskep om eenheid en ondersteuning binne die diverse groep te versterk.
ONS GROET EN VERWELKOM NUWE PERSONEEL
Dit is met 'n mengsel van waardering en hartseer dat ons aankondig dat  Ané du Toit besluit het om 'n nuwe hoofstuk in haar loopbaan aan te pak.  Ané was deel van ons span vanaf November 2021 en het ons administratiewe afdeling beman. Ons wens haar alle sukses toe in die toekoms.  
 
Ons is bly om Marnel Human te verwelkom, wat tydelik by ons sal aansluit vanaf 2 Junie 2025. Sy sal ons administratiewe departement ondersteun, gladde bedrywighede verseker en ons help om voort te gaan om uitstekende diens aan u te lewer. Ons sien uit na die kundigheid en toewyding wat Marnel gedurende hierdie tyd na ons span bring.
SKRYF NOU IN VIR DIE VOLGENDE KURSUSSE EN LEER PRESTEER!
NUTSMAN EN -VROU KURSUS
JONGBOER PROGRAM
AFRIKAANSE LEIERSDAG
Die Afrikaanse Leiersdag word hierdie jaar aangebied in samwerking met Food 4 Mzanzi.  Hierdie dag vol opwindende sprekers en lekker praktiese gereedskap vir werk en persoonlik, beloof die regte geleentheid te wees om ‘n bedrywige oes-seisoen mee af te sluit. Daar is nog baie plek, skryf nou in by euria@kbos.co.za
DIE ALGEMENE NUTSMAN: LOODGIETER KURSUS IN AKSIE
DIE JUFFROUENS HET DIE PEUTER PROGRAM BAIE GENIET
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Algemene nutsman: Skrynwerker; 9-13 Junie; Bronaar
  • HR Studiegroep – CCMA: 11 Junie; KBOS
  • Excel vlak 1: 12-13 Junie; Ceres Museum
  • Brandbestryding: 17-18 Junie; Ceres
  • Ontwikkeling van effektiewe leiers: 11-13 Junie; Nooitgedacht opleidingslokaal
  • Veiligheid en gesondheidsverteenwoordiger: 17-18 Junie; KBOS; Afrikaans
  • Veiligheid en gesondheidsverteenwoordiger: 19-20 Junie; Ceres Museum; Afrikaans
  • Boordmonitors: 19-20 Junie; KBOS; Afrikaans
  • Bewaarskool Juffrou: 20 Junie; KBOS
  • Boordmonitor: 24-25 Junie; Ceres; Xhosa
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*