Mei 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
MEI MET SY STAPSKOENE
Hier draf ons alweer deur nog 'n gebeurtenisvolle maand. Bestuursdag was weereens 'n sukses, die Ubuntu hike by Leeukop was 'n belewenis en die uitstappie na Nuweland baie lekker. 
Daar was nog vele ander bedrywighede en daar is 'n klomp opwindende vooruitsigte vir die volgende paar maande. Lees meer onder vir alle inligting en kyk uit vir alle opkomende kursusse. Skryf nou in, trek jou stapskoene aan en stap saam met ons hierdie reis om te Leer Presteer.
BESTUURSDAG
Op 16 Mei het 65 persone ons Bestuursdag by Tulbagh Waterval Lodge bygewoon. The Butterfly Effect: Small changes can lead to significant transformations, was vanjaar se tema. Dit was duidelik dat verandering ‘n aaneenlopende proses is wat nooit eindig nie. Jy het twee keuses in transformasie: 1.) Jy groei of 2.) Jy sterf.
Bestuursdag het ‘n merkwaardige algehele punt van 89% gekry. Soos volg is die terugvoering van Bestuursdag:
Hier is van die terugvoerings:
  • “Goeie sprekers - interessante onderwerp! Dankie vir puik reëlings”.
  • “Baie dankie, een van die bestes nog! En relevant vir elke dag in elke besigheid”.
  • “Sprekers vanuit ‘n ander klas. Moeilik om nou ‘n tema te kies vir 2025”.
UBUNTU HIKE - ONS GAAN STAP IN DIE MOOIE KAAP!
22 mans en vrouens het op Saterdag, 25 Mei, Leeukop gaan stap en verder die tuine in Kaapstad gaan verken. Jolige spanbou aktiwiteite het gevolg en die dag was afgesluit met ‘n heerlike middagete in Seepunt.
MANNEKAMP
30 mans het ons gewilde Mannekamp bygewoon. Die manne is gekonfronteer deur die opleiding wat hulle gedwing het om uit hulle gemaksone te kom. 
RUGBY UITSTAPPIE
'n Groep van 122 mense het op Saterdag, 1 Junie, die Stormers teen die Lions by die DHL stadion gaan kyk. Ons mense het naels begin kou, maar teen die einde was die gees hoog met die Stormers se oorwinning.
JAARVERSLAG 2023

Kliek hier
indien jul ons jaarverslag van 2023 wil lees.
AFRIKAANSE LEIERSDAG 2024 - SKRYF NOU IN!
1,2,3 WERK PROGRAM - LEES MEER OOR DIE NUWE VEREISTES
LANDBOULEERLINGSKAPPE - DAAR IS NOG PLEK!
KORT KURSUSSE IN MEI 
Die vrouens het baie oulike wenke geleer by die Baba program. Hier is hul besig met die maak van oulike bababedjie "mobiles" en klei.
Die manne is hard aan die oefen by die Weedeater opleiding.
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Voorraadstelsels: 17 Julie; Ceres Museum
  • KID vir Toesighouers: 18 Julie; Ceres Museum
  • Boordmonitor: 18 & 19 Julie; KBOS
  • Senior Struikelblokke: 19 Julie; Ceres Museum
  • Trekkeroperateur: 23-25 Julie; KBOS
  • Voorraadstelsels: 24 Julie; KBOS
  • Komitee opleiding individueel: 30 Julie; Ceres Museum
  • Groente Monitors: 31 Julie; KBOS
  • Noodhulp vlak 1 Afrikaans: 1 & 2 Augustus; Ceres Vallei Kerk
  • Basiese Beginsels van Toesighouding: 5-8 Augustus; KBOS
  • Rekenaars vir Beginners: 5-8 Augustus; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*