Mei 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
MEI NUUSBRIEF
Dit is alweer, "lekker koppie warm sjokolade, snoesig onder die komberse", tipe weer. Ons het weer Bestuursdag gehou. Die Mannekamp het goed afgeloop. Daar is GROOT opwinding oor die 1,2,3 Werk Jeugprogram, wat weer befondsing vanaf AgriSETA ontvang het! Hortgro borg ons NQF 4 leerlingskappe!

Die opleidingseisoen is hier, so dit is lekker besig by die sentrum. Sien meer onder oor watter kursusse nog als voorlê en spring nou om in te skryf. Jy wil nie uitmis nie.

Hier volg 'n mooi motiveringsaanhaling:
M - Make this month count.
A -  Accomplish your goals.
Y -  You can do this.
BESTUURSDAG 2023 - "AGAINST THE ODDS"
Op Donderdag 18 Mei, het ons jaarlikse Bestuursdag te Kaleo plaasgevind. 56 persone o.a. eienaars, senior bestuur, produksie bestuurders en HR’s (menslike hulpbron bestuurders), het hierdie dag bygewoon. Die oorhoofse boodskap wat oorgedra is, is dat ons moet bruê bou tussen mense, mentors is kern tot die ontwikkeling van mense, en opleiding bly noodsaaklik. Ongeag jou omstandighede, is enige iets moontlik met die regte kopskuif. Die terugvoering is positief en Bestuursdag het dus ‘n algehele gemiddeld van 85% verkry.  Twee persone het geskryf:
“Goed en professioneel. Goeie onderwerpe. Uitstekende sprekers”.
“Baie goeie ervaring en leersaam”.
MANNEKAMP LEWER GROOT DAPPERHEID BY DIE MANNE
Byna 30 mans het weer bymekaargekom vir die legendariese mannekamp wat op 19-21 Mei plaasgevind het. Die mans beskryf dit as ‘n fantastiese kamp waar hulle toegerus is met die nodige vaardighede om die moeilike situasies in hulle lewe beter te kan hanteer. Hulle noem ook dat dit die klein goed in die lewe is wat hulle onder kry en daarom is hierdie ‘n goeie kamp om te voorkom dat hulle in ‘n donker gat vasgekeer word. 
LEDEGELD
Al die ledegeld is nou op die fakture. Baie dankie vir almal se geduld en die aanstuur van inligting.
AGRISETA BEFONDSING
Ons aansoeke vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme was ongelukkig nie so suksesvol soos ons gehoop het nie. Geen van ons leerlingskap aansoeke is goedgekeur nie. Dit is ook met groot spyt en teleurstelling dat ons befondsing aansoeke vir die Frudata Reeks, Assesseringsentrum vir Toesighouers, Trekkeroperateur, sowel as Pakstoor en Werkswinkel FLP's nie goedgekeur is nie.
 
Daar is wel 'n silwer randjie om hierdie donker wolk! Ons is baie opgewonde om met julle mee te deel dat ons weer befondsing vir die 1,2,3 Werk jeugprogram vanaf AgriSETA gekry het. Ons het ook befondsing vanaf Hortgro ontvang vir NQF 4 Leerlingskappe, waarvoor ons baie dankbaar is. Onder volg meer inligting rakende die 1,2,3 Werk jeugprogram en NQF 4 Leerlingskap.
LANDBOULEERLINGSKAPPE
Alle bestaande landbouleerlingskappe (NQF 1 en NQF 4) is voltooi en die nodige dokumentasie is aan AgriSETA gestuur vir verifikasie en betaling.
Hortgro het 20 x NQF 4 Leerlingskappe ten volle geborg wat in Julie 2023 gaan begin. Ons het reeds inskrywings ontvang vanaf plase en indien daar nog plase is wat belangstel, kan jul vir Jacob kontak by jacob@kbos.co.za. Daar is nog plekke beskikbaar. ‘n Gedeelte van die leerlingskap sal weer deur "Agricolleges International Online" aangebied word. Onder volg 'n foto van ons huidige NQF 4 studente wat besig is met hul teorie aanlyn.
1,2,3 WERK JEUGPROGRAM
Die doel van hierdie program is om matrikulante wat nie in 2022 by 'n tersiêre instelling ingeskryf is nie, die geleentheid te gee om beide teoretiese en praktiese landboukennis en -vaardighede te bekom om hulle voor te berei vir 'n moontlike loopbaan in die landbou. Sulke persone sal opleiding ontvang deur middel van 'n vaardigheidsprogram vanaf Augustus 2023 tot Januarie 2024.    
 
Die program is 'n basiese plantproduksie-vaardigheidsprogram, gebaseer op AgriSETA se eenheidstandaarde en bestaan uit 'n teoretiese en 'n praktiese komponent. Die program bevat ook 'n lewensvaardigheidsprogram, basiese rekenaarvaardighede, Noodhulp vlak 1, asook pakhuiselemente om die studente groter blootstelling aan landbou-aktiwiteite te gee.
 
Vergewis julle van die voordele wat hierdie program vir die plaas asook potensiële studente inhou. Die programkostes word ten volle geborg deur AgriSETA. Indien u moontlike studente op jou plaas het wat aan hierdie kriteria voldoen, kan hulle nou ingeskryf word by Euria by euria@kbos.co.za en vir meer inligting kan jul vir Ané by ane@kbos.co.za kontak. 
Ons het plek vir net 20 studente. "First come first served".
TULBAGH QCTO - PROJEK
Die projek is nog volstoom aan die gang en goeie vordering word gemaak. Klasbywoning is uitstekend en die studente is baie toegewyd. Sommige klasse word ook aanlyn aangebied en dit is nog baie nuut en 'n groot aanpassing vir die studente. Dit is wel goed om te sien dat die studente daarvan hou om bietjie uit hul "comfort zone" gedruk te word en ook opgewonde raak om meer te leer van die rekenaar en hoe om aanlyn te leer. Phillip doen goeie werk deurdat hy elke week die studente opvolg, betreffende die indiening van hul take.
Louis Reynolds van FCA het ‘n aanbieding gedoen oor die dreinering van grond vir die groep, terwyl Louilla Hartmann van HR Department ook ‘n gedeelte van die Menslike Hulpbronne Module aangebied het.
Louis Reynolds saam met die QCTO - groep.
Die QCTO - groep besoek 'n pakhuis in Tulbagh.
DIE OPLEIDINGSEISOEN IS HIER!
Die opleidingseisoen het amptelik in Mei begin en is goed op dreef, en dit is baie lekker om weer studente by die Opleidingsentrum te hê. Ons moes ‘n paar kursusse kombineer en verskuiwings maak as gevolg van te min inskrywings vir sekere kursusse. Baie dankie aan ons kliënte en fasiliteerders dat julle begrip toon in hierdie omstandighede.

BESPREEK NOU JULLE OPLEIDING VIR NA DIE VAKANSIE!
  • Trekkeroperateur: Engelse en Xhosa persone; 13 – 15 Junie; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Voorraadstelsel: Afrikaans en Xhosa persone; 21 Junie; Ceres Museum
  • Bright Star Life Core: Afrikaanse persone; 18 en 19 Julie; Ceres Museum
  • Brandbestryding: Afrikaanse en Xhosa persone; 20 en 21 Julie; Ceres Vallei Kerksaal
  • KID vir Toesighouers: Afrikaanse persone; 20 en 27 Julie; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Trekkeroperateur: Afrikaanse persone; 25 – 27 Julie; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Deelnemende Bestuur: Afrikaanse persone; 25 – 27 Julie Julie; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Fokus en Tydsbestuur: Afrikaanse persone: 1 en 2 Augustus; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Kalibrasie en Toediening van Groente: Afrikaanse persone; 4 Augustus;  Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • KID vermengde leer: Afrikaanse persone; 8 Augustus en 12 September; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
  • Kalibrasie en Toediening van Vrugte: Afrikaanse persone; 10 Augustus; Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
AFRIKAANSE LEIERSDAG
Ons nooi alle Afrikaanssprekende toesighouers/spanleiers uit om hierdie dag by te woon, op Donderdag 22 Junie 2023, by Op-die-Berg NG Kerksaal. André Bloem gaan fokus op die veranderinge in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en Dissipline in die werksplek. Quinton Adams, beter bekend as "The Shack Builder", gesels oor om eerder te doen as om te kla. Nicomie Bosman se aanbieding gaan oor die gesondheid van werknemers en die impak daarvan op produktiwiteit. Kontak vir Euria om in te skryf.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*