INSKRYWINGS, WEBWERF EN WSPs
Ons is tans besig met Werkplekvaardigheidsplanne en verslae, asook die opgradering van ons webwerf. Dit beteken dat ons kursus besprekings en katalogus gaan bietjie verander, maar ons sien baie uit na die nuwe stelsel - dit lyk beter, en daar is 'n paar veranderinge rondom groep inskrywings, 'reminder' eposse, en bevestiging van opleiding. Oor die algemeen, gaan die nuwe webwerf baie meer gebruikersvriendelik wees. Baie dankie vir almal se geduld tydens die proses - veral omdat dit nou belangrik is om opleiding te bespreek vir die WSP doeleindes. Ons vra asb. dat plase wat nog nie opleiding bespreek het nie 'n lys van hulle moontlike kursusse vir Samantha stuur saam met hulle WSP inligting.
Vir enige navrae oor WSPs, die webwerf, kursusse, of algemene admin, kontak asb. vir Samantha.
STRATEGIESE SESSIE
Die sentrum span was 10 en 11 Maart te Waterval vir 'n intensiewe spanbou en strategiese sessie. In September gaan Joy van Biljon aftree, en Carmen Roberts neem oor as CEO van die sentrum. Dit is 'n verskriklike opwindende tyd vir die sentrum, en saam met die veranderinge kom baie uitdagings, geleenthede vir nuwe stelsels en groei, sowel as die onderneming dat ons diens altyd die hoogste kwaliteit sal wees.
E-LEER
Soos julle weet van uit ons bemakings besoeke, gaan ons hierdie jaar twee e-leer kursusse aan te bied. Die noodhulp vlak 1, en veilige hantering van gifstowwe heropleiding. In die lig van die koronavirus en die effek wat dit het op ons almal se werksaamhede ondersoek ons nou die moontlikheid om van die ander kursusse ook as e-leer opsies aan te bied hierdie jaar, sodat opleiding kan aangaan. Indien sulke kursusse praktiese komponente sou insluit, kan dit op `n latere stadium gedoen word. Ons besef die belangrikheid van e-leer opsies tydens die lockdown, en met oudits wat nog om die draai is. Ons het ook met SIZA bevestig dat alle e-leer kursusse aanvaarbaar is vir enige oudits, wat hierdie opsie aantrekliker maak. Sodra enige van die ander e-leer opsies aan die gang is, sal ons vir almal laat weet.
WOORDFEES

Ons het ‘n werkswinkel in Stellenbosch gaan bywoon met die titel “Waarom Plaas Bestuurders skaars word”. Dit is op nr 99 gekanseller, maar hier het ons gesels met van die ander mense wat daarvoor opgedaag het. Die belangrikste boodskap was dat individuele mentorskap en baie daarvan oor ‘n baie lang termyn die enigste antwoord is.
|