Maart 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
TEAMWORK MAKES THE DREAM WORK
Strategiese beplanning. Koppe bymekaarsit. Spanbou. Opleiding. Al hierdie goed help om te Leer en Presteer. Ons by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum bly streef en glo daaraan dat spanwerk en ondersteuning van kardinale belang is om 'n verskil te maak, nie net in ons studente se lewens nie, maar ook in die gemeenskap en in elkeen se alledaagse lewens.
Ons is dankbaar vir almal wat saam met ons hande vat om hierdie droom te laat realiseer.
Ons Maart nuusbrief bring vir ons 'n klomp belangrike nuus. Lees meer onder.
LEERLINGSKAP SUKSES STORIE
Sedert 2003 bied Koue Bokkeveld Opleidingsentrum leerlingskappe in Plantproduksie (NQF 1 en -4) aan, en in 2025 is ’n belangrike mylpaal bereik met die bekendstelling van die NQF 2-leerlingskap. Die program het met 43 gemotiveerde leerders afgeskop, met uitstekende bywoning en geen onttrekkings nie.
AgriSETA het tien leerders befonds, terwyl die oorblywende 77% van die leerders deur deelnemende plase befonds is. Hierdie samewerking weerspieël ’n sterk verbintenis tot groei en vaardigheidsontwikkeling in die Witzenberg-streek.
Deelnemende plase het ook versoek dat klasse eerder gedurende werkstyd aangebied word om vervoerkostes te bespaar, wat terselfdertyd bydra tot beter bywoning en verhoogde motivering onder leerders. Hierdie suksesverhaal beklemtoon die waarde van belegging in mense en die positiewe impak daarvan op die landbousektor.
VAKATURE VIR 'N LANDBOU OPLEIDINGSDEPARTEMENT BESTUURDER
WSP & ATR 2026/2027

Neem asb. kennis dat AgriSETA `n nuwe sisteem het vir die indiening van die jaarlikse opleidingsverslae en beplanning (WSP & ATR). Ons sal vanaf 1 April e-posse aan almal hieroor stuur. Indien u nie so `n e-pos ontvang nie, maak asb. kontak met Marnel by ons kantoor. 15 April is die sluitingsdatum vir wanneer inligting terug moet wees by ons. Almal se samewerking word gevra om so gou as moontlik hierdie inligting aan ons te voorsien.
BLOKFLUIT- EN KITAAROPLEIDING
Op Saterdag, 14 Maart 2026, het 43 deelnemers ’n energieke en inspirerende opleidingsdag by die sentrum geniet. Rowen en sy studente het die sessies aangebied en dit was besonders om te sien hoe musiek mense van 17 tot 71 jaar saambring. Dit was ’n dag van leer, groei en vreugde. Baie dankie aan die Departement Sport en Kultuursake vir hul ondersteuning.
AANBIEDERS WERKSWINKEL
Op 18 Maart het ons jaarlikse Aanbieders Werkswinkel plaasgevind. Hierdie sessie was goed bygewoon deur 19 aanbieders (in persoon) en 3 aanbieders virtueel. Ons gassprekers vir die middag was Werner en Matthew van Siza. Ons het ook van hierdie geleentheid gebruik gemaak om logistieke reëlings en beplanning vir die komende opleiding seisoen deur te werk. Ons wil graag baie dankie sê aan al die aanbieders wat die dag bygewoon het. Ons sien uit daarna om saam met julle te Leer Presteer. 
IS JY DIE VOLGENDE LANDBOUWERKER VAN DIE JAAR? SKRYF NOU IN!

Kostes is R85 per nominasie en R95 per persoon vir die Gala funksie by Kaleo.

OPLEIDINGSBESPREKING EN WINTER PLAASBESOEKE

Bespreek jul opleiding vir 2026 nou op ons webwerf en verseker jul plek voordat datums en lokale vol raak. Maak seker jy is gereed – bespreek vandag. Alle winterplaasbesoeke vorms moet asb. teen 31 Maart vir Marnel gestuur word indien u dit nog nie vir ons gestuur het nie. 
BESTUURSDAG 2026 - JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE!
Kliek hier om meer te lees van ons sprekers.
VROUEKAMP - BEYOUTIFUL

Ons is só opgewonde om ons heel eerste BeYOUtiful Vrouekamp aan te bied! Karin van Wyk gaan dit lei en hierdie gaan ’n lewensveranderende ervaring wees.

Vir Afrikaanse én Xhosa vrouens – ’n plek waar ons saam kan groei, saam kan bid en mekaar kan versterk.

Vir twee weke vóór die kamp word daar doelbewus vir elke vrou by naam gebid.
Karin ontvang ook elkeen se naam se betekenis, wat deel vorm van die unieke bediening en voorbereiding. Daarom is dit baie belangrik dat ons alle name vooraf ontvang en ongelukkig kan daar geen kansellasies ná 25 Junie wees nie.

📍 Kamp vind plaas by Dennebos: 14-16 Augustus 2026
💳 Kostes sal op die Junie-rekening verskyn R 1380 p.p. (sluit in akkomodasie, etes, kroon en jou naam betekenis)

Begin nou al spaar – jy wíl nie hierdie misloop nie!

Op 12 Maart het ons personeel by die sentrum bymekaargekom vir 'n waardevolle strategiese sessie.
OPKOMENDE KURSUSSE
  • Steenvrugte Velddag – 9 April: Op plase
  • Excel vlak 2: E-leer – 8 April: Aanlyn
  • Kokke Inspirasie – 22 April: Elim
  • Noodhulp Vlak 1 E-leer – 4 Mei en prakties is 3 Junie: Aanlyn en prakties by Ceres Vallei Kerksaal
  • Kleuter Program – 12 en 13 Mei: KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*