Maart 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
ONS DINK BUITE DIE BOKS IN MAART
Beplan. Saamwerk. Nuwe idees. Kreatief. Hierdie is sommer 'n paar woorde wat uitgestaan het in Maart. 
Die opleidingseisoen is om die draai! Beplan nou jou opleiding vir 2025. Onthou om te bespreek op ons webwerf en pen solank die datums vas in jul kalenders.
Lees gerus onder vir meer inligting en vars nuus vanuit die sentrum.
AANBIEDERSWERKSWINKEL 2025
Ons jaarlikse aanbiederswerkswinkel is op 12 Maart aangebied. Hierdie sessie was goed bygewoon. 30 aanbieders het die sessie bygewoon waarvan 23 in persoon was en 7 virtueel. Gedurende hierdie sessie is daar planne gemaak oor hoe ons in 2025 ons visie van Leer Presteer kan uitleef en logistieke reëlings vir die komende opleidingseisoen is deurgewerk. Ons wil graag baie dankie sê aan al die aanbieders wat die dag bygewoon het. Ons sien uit daarna om saam met julle te Leer Presteer. 
BESTUURSDAG 2025 - WENSTRATEGIEË VIR DIE TOEKOMS
WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2025

Moedig jou top landbouwerkers aan!

Skryf vandag jou uitmuntende werkers in vir die 2025 Witzenberg Prestige Landboutoekennings! Hierdie toekennings gee erkenning en waardevolle blootstelling aan landbouwerkers op alle posvlakke – van algemene werkers tot bestuurders.

Dis ’n wonderlike geleentheid om jou span se harde werk te vier en hulle trots te maak!

🗓️ Inskrywings sluit 7 Mei 2025
📧 Stuur ingevulde inskrywingsvorms na edna@kbos.co.za

Bevorder groei, bou selfvertroue en belê in jou mense se ontwikkeling!

MUSIEK WAT HARTE VERBIND: BLOKFLUIT PROJEK
Op 22 Maart het Rowan G Music School 'n inspirerende werkswinkel by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum aangebied wat befonds was deur die Kaapse Wynland Distrik Munisipaliteit. Sewe fasiliteerders en 25 leerders van die plase het dit bygewoon.
Dit was nie net 'n musiekles nie, dit was 'n viering van kreatiwiteit en samewerking! Kinders wat nog nooit eers 'n blokfluit vasgehou het nie, het met trots drie note geleer en selfs 'n volledige liedjie gespeel. Hierdie is net die begin van iets wonderliks, en ons kan nie wag om te sien hoe die musiek van die sentrum in die toekoms verder sal groei nie!
QCTO PROJEK - 'N MYLPAAL VIR LANDBOU-OPLEIDING
In September 2022 is ’n baanbrekersprojek vir landbou-opleiding in Tulbagh geloods, wat die beroepsgerigte kwalifikasie, die Boord-en-Wingerdvoorman kwalifikasie (Orchard and Vineyard Foreman/SAQA ID 110667), is. Hierdie inisiatief het nie net landbouwerkers opgelei nie, maar het ook bygedra tot die volhoubaarheid en groei van die bedryf.
 
Lees gerus die onderstaande artikel oor Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se inisiatief in samewerking met bedryfsvennote.
 
https://www.hortgro.co.za/news/n-mylpaal-vir-landbou-opleiding-die-sukses-van-die-qcto-loodsprojek/
ONS SIT KOPPE BYMEKAAR TYDENS ONS SPANBOU SESSIE
Die personeel van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op Donderdag 6 Maart 'n spanbou/strategiese sessie te Waterval Country Lodge in Tulbagh gehad. Tydens hierdie sessie is daar gekyk na ons langtermyndoelwitte en wat ons kan doen om te verseker dat ons steeds die voorkeurdiensverskaffer van ons lede bly. Hier is die personeel tydens een van die aktiwiteite. Baie dankie aan Hein Wandrag en sy span wat die dag vir ons gefasiliteer het.
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum span.
1,2,3 WERK - BELEGGING IN DIE JEUG IS 'N BELEGGING IN DIE TOEKOMS VAN JOU PLAAS

Elke suksesvolle landbou maatskappy benodig betroubare, vaardige jongmense wat 'n passie het vir landbou. Met die bekroonde 1,2,3 Werk program, het jy nou die kans om te help bou aan daardie toekoms.

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het 'n nasionale toekenning ontvang in 2024 vir dié program wat gemik is op jeugontwikkeling in landbou. In 2025 word die program ten volle deur AgriSETA befonds vir 30 werklose jongmense. Ons kan in Ceres en Koue Bokkeveld ‘n groep aanbied.

Jy kry die kans om jongmense van jou plaas en/pakstoor in te skryf vir ’n gesogte opleidingsgeleentheid wat hulle gereed maak vir werk – met vaardighede, ingesteldheid en selfvertroue.

Kyk gerus hierdie video waar twee studente getuig van hierdie lewensveranderende program:
https://www.facebook.com/opleidingsentrum/videos/901916895403067

WEES SLIM, WEES VINNIG - BESPREEK JOU PLEK!

Bespreek jul opleiding vir 2025 nou op ons webwerf en verseker jul plek voordat gewilde datums en lokale vol raak. Maak seker jy is gereed – bespreek vandag!
BINNEKORT BESKIKBAAR - MOENIE UITMIS NIE!
  • Steenvrugte velddag: 10 April
  • Noodhulp e-leer: 11 April
  • Kokke inspirasie: 16 April
  • Bloubessie Boordmonitor: 17 April
  • Rekenaar vir beginners: 6-9 Mei
  • Besproeiing Bloubessies: 6 Mei
  • Komitee Mentorskap (vir individuele inskrywings): 8-9 Mei
  • Digger loader: 7-9 April
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*