Maart 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
TROTS IN MAART
Pligsgetrou. Dissipline. Deursettingsvermoë. 3 sterk eienskappe van sukses. Ons is trots op ons 1,2,3 Werk studente wat hul sertifikate ontvang het vir die voltooiing van hierdie waardevolle program.
Ons is ook trots op 'n baie suksesvolle sessie saam met ons aanbieders tydens die Aanbiederswerkswinkel en ons glo dat ons die regte fasiliteerders het in ons span om die beste uit ons studente te bring.

Lees meer onder wat nog als in die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se dagboek gebeur het en pen sommer dadelik die nuwe datums van die opkomende kursusse in.
1,2,3 WERK SERTIFIKAAT OORHANDIGING
Die 1,2,3 Werk seremonie het plaasgevind op 29 Februarie by Rocklands. Ons is baie trots op elke student!
GRATIS KLEINGROEP BESPREKINGS
My verhouding met my kind ongeag of jou kind by jou in die huis woon, by grootouers of in die land is, was die eerste onderwerp van ons gratis ouerleiding reeks. Dit is ook die eerste sessie wat in streekverband aangebied is. Die Afrikaans- en Xhosasprekende ouers het dit baie waardevol gevind. Dagboek nou al die volgende gratis sessies:
  • 26-29 Augustus: Fondasie van waardes en reëls
  • 4-7 November: My kind en sosiale media. 
NorSA
NorSA, die diensverskaffer vir Departement van Gesondheid se gemeenskapsbaseerde gesondheidsdienste (community based health services) sluit o.a. die volgende dienste in:
  • Dienste wat julle ken waar hulle tot by die plase gaan en ‘n HIV dag aanbied en fokus op HIV/TB inligtingspraatjies en dan HIV toetse en berading bied. 
  • In ander areas behels hul diens ook voorkomende dienste soos familie beplanning, papsmere en opvang van kinderimmuniserings.
Die mobiele kliniekbussie van Op-die-Berg kliniek het voorheen die Koue Bokkeveld plase gediens met hierdie dienste (familiebeplanning, papsmere en kindergesondheid (besoek bewaarskole vir Vit. A en ontwurming). Weens verskeie interne redes, kan die mobiele bussie sedert Desember 2023 nie al die plase bereik om dienste te lewer soos voorheen nie, en is die verwagting dat individue na Op-die-Berg kliniek gaan vir voorkomingsdienste.

NorSA besef die impak op die plase, die kliniek en veral die persone wat die dienste broodnodig het. In oorleg met die kliniek en sub-distriksbestuur, is daar besluit dat die NorSA span vir die volgende 2 maande (en dalk langer indien nodig) sal help om voorkomende dienste te lewer aan plase/pakstore wat belangstel, veral aangesien dit nou ook seisoentyd is en nog meer individue dienste benodig.  Ons is bekommerd dat persone eerder sal werk i.p.v. nodige gesondheidsorg sal kry.

Kliek op hierdie skakel vir die advertensie en vir meer inligting. Kontak gerus vir Euria by ons kantoor indien julle meer wil weet of `n afspraak wil maak. 
GR. 9 - 11 KAMP
56 leerders het gaan kamp by Dennebos vanaf 25 tot 27 Maart. Verskeie opvoedkundige insette en interaktiewe sessies is oor die drie dae aangebied.
AANBIEDERSWERKSWINKEL
Ons aanbiederswerkswinkel was vanjaar ‘n Hybrid sessie en die opkoms was baie goed. Ons het 2023 se opleiding saam met ons aanbieders geëvalueer en die prosedures vir 2024 bespreek. Daar was ook strategies beplan oor hoe ons die kwaliteit van ons kursusse kan verseker en hoe ons die nuutste digitale materiaal kan integreer om aanbiedings relevant te hou. ‘n Lekker leerervaring vir die studente is ook vir almal belangrik! Ons sien uit na ‘n goeie jaar saam met ons aanbieders. 
LANDBOULEERLINGSKAPPE
BESTUURSDAG
1,2,3 WERK JEUGPROGRAM 2024
Ons nooi julle graag uit om weer studente in te skryf vir die 1,2,3 Werk jeugprogram.

Ons eerste 1,2,3 Werk groep het al 3 jaar terug plaasgevind en ons is besonders trots op die resultate! Ons het ondersoek ingestel om te bepaal waar die studente van 2021 tans is.
Al 20 (100%) studente het die program suksesvol voltooi. Onthou hierdie was leerders tussen die ouderdom van 18-20 wat nie geweet het wat hulle wil doen na matriek nie.
Van die 20 studente, werk 14 nog op die plaas waar hulle begin het, en een het op ‘n ander plaas gaan werk. Agt van die laasgenoemde 14 studente is bevorder na hoër poste byvoorbeeld Boordmonitor, Vurkhyser, Besproeiing Spesialis, Spuitman, QC in die pakstoor en Bewaarskool. 
Drie van die 20 studente studeer, een student het bedank en verhuis kort na die kursus en een student is in die gevangenis. 
Die bestuurders het genoem dat hierdie program ‘n positiewe impak op die studente gehad het. Dit het hulle geleer om verantwoordelikheid te neem, en hulle gemotiveer om aan te hou werk, of hulle gehelp om te ontdek waar hulle belangstelling lê. 
“Die program het definitief vir hom (die student) gehelp om te kom waar hy vandag is. Ek glo dit het hom werk etiek en verantwoordelikheid geleer.”
KWALITEIT IN DIE WAARDEKETTING VIR VRUGTE EN GROENTE
Die UNECE Minimum Quality Specifications vir vrugte en groente (UNECE-MQS), verseker dat wanneer dit in die verspreidingsketting toegepas word, dat die waardeketting 'n produk van bemarkbare kwaliteit en geskik vir menslike gebruik tot gevolg het. Hierdie gratis opleiding sal fokus op die UNECE-standaarde rakende die bemarking en kommersiële gehaltebeheer van vrugte soos appels, pere, nektariens en pruime, en ook tamatie, aartappels en uie. Die deelnemers sal praktiese opleiding op die gebied van gehaltebeheer en inspeksie kry. Die volgende kwessies sal deel van die opleiding wees:
•    Kwaliteit in die ketting
•    Kennis wat nuttig is vir kwaliteitbeheer: invloede op produk se kwaliteit,
     minimum vereistes, klassifikasie, kwaliteitstoleransies, etikettering
•    Sortering en gradering
•    Kwaliteit inspekteur
•    Steekproefplan
•    Verslagskryf
•    Kommunikasievaardighede.

Kliek hier vir meer inligting en die program vir die opleiding. Hierdie kursus word gratis aangebied deur Q-Point by Boland College, vanaf 16-19 April. QC persone, Junior Bestuurders, Paklyn Bestuurders en Pakstoor Toesighouers sal hierdie opleiding baie waardevol vind. Indien u belangstel om persone in te skryf vir die kursus, stuur asb. vir Ané ‘n e-pos na ane@kbos.co.za. Ons moedig u aan om van hierdie geleentheid vir opleiding gebruik te maak. 
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Besoek en Bespreek - Kurkvlek in Pere: 10 April
  • Steenvrugte Velddag: 12 April
  • Kokke inspirasie kursus: 26 April
  • Noodhulp oefenmiddae: 14 Mei; KBOS
  • Noodhulp oefenmiddae: 15 Mei; Ceres
  • Noodhulp Vlak 1: 16 en 17 Mei; Ceres
  • Bright Star Core: 16 en 17 Mei; Ceres
  • Snoei: 16 Mei
  • Bestuursdag: 16 Mei
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*