|
AgriSETA het ‘n evaluasie- en moniteringbesoek afgelê in die Witzenberg streek, op 28 Februarie 2023. Die doel van die besoek is om die werksplekvaardigheidsplanne wat ingedien is in Maart 2022, te vergelyk met die werklike opleiding wat plaasgevind het in 2022/2023. Ons het opleiding-inligting van 13 plase, soos gekies deur AgriSETA, vir hulle gegee tydens die besoek. AgriSETA het een van die 13 plase besoek en met 'n verteenwoordiger van die plaas gesels. Oor die algemeen het die besoek goed afgeloop. AgriSETA wil hierdie besoek ‘n jaarlikse instelling maak.
|