Maart 2021_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM

DIE SEISOEN DRAAI

Herfs is hier. Daar word nog verwoed gepluk, veral nadat die onlangse reën dinge bietjie anders laat uitdraai het, maar die oes is stelselmatig besig om van die bome en van die lande af te kom.

Soos die seisoen draai het ons ook met 'n ander nuwe era in aanraking gekom toe Agriseta se nuwe Uitvoerende Hoof ons besoek het. Dan is daar die seisoen wat leer hoe om met Covid en sy realiteite saam te leef.

Ons hoop julle lees lekker, leer iets nuuts van die span en die sentrum en ons sien uit om die volgende kwartaal ook in alle ywer, as opleidingsvennoot vir die Witzenbergstreek, aan te pak.

Die KBOS-span

BESOEK VAN AGRISETA SE NUWE UITVOERENDE HOOF

Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se personeel was aangenaam verras om die nuwe CEO van Agriseta, Dr Innocent Sirovha, te ontmoet toe hy onlangs op 'n besoek aan die streek was.

Ons glo dat sy besoek vir hom ‘n goeie idee gegee het van wat ons as diensverskaffer en opleidingsentrum doen asook hoe ons en ons lede (die produsente) in die Witzenberg area saamwerk.

Ons hoop vir ‘n voorspoedige verhouding met Dr Innocent Sirovha aan stuur by Agriseta.

Lees hieronder meer oor die goeie nuus wat ons tydens die besoek ontvang het.
Dr Innocent Sirhova en Frikkie Fouche van Agriseta saam met die sentrum se raadgewers, asook Dalene Conradie en Mariëtte le Roux van Dutoit Agri wat die besoek help koördineer het.

1,2,3 WERK WORD DEUR AGRISETA BEFONDS

Op 24 Maart het ons uiteindelik afgeskop met die 1,2,3 Werk Landbou Jeugprogram.

Die oriëntasie was gelei deur Jacob Coetzee by die sentrum en alle nodige inligting was deurgegee. Ons is baie opgewonde dat die eerste klas kon afskop op die 31ste Maart en hoop vir ‘n vrugtevolle en leersame program tot en met November 2021.   

Tydens die besoek van Agriseta se CEO by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het ons die goeie nuus ontvang dat die 1,2,3 Werk program 100% deur Agriseta befonds gaan word. Ons is saam met die plase baie dankbaar vir hierdie befondsing en glo dit sal goed bestuur word en dat die program van baie waarde vir die studente sal wees. 

Ons het nog plek vir `n paar studente wat in 2020 / 2019 matriek geslaag het. Hierdie is `n baie goeie geleentheid.  

Kontak Michelle dringend by michelle@kbos.co.za indien daar nog kinders is waarvoor u hierdie kans wil gee.
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het op die 25ste Maart, tydens ons Opedag, ons 20ste bestaansjaar gevier. Ons is baie trots op hierdie mylpaal en ook dankbaar vir ons lede en donateurs se ondersteuning deur die jare. Ons sien uit na die volgende 20 jaar! Dankie ook vir elke persoon wat dit bygewoon het.

HR ONDERHANDELINGSVAARDIGHEDE-SESSIE

Onderhandelingvaardigheidsopleiding is deur André Bloem en Ninon Swart by die Op-die-Berg Gemeente se kerksaal op die 24ste Maart aangebied.

Die leersame sessie is aan HR- en Produksiebestuurders in die Witzenberg area aangebied, sowel as aan persone uit ander streke. Daar is baie op die hantering van onderhandelings tydens stakings gefokus, asook die verskillende tipe stakings wat kan plaasvind.

Die dag het geëindig met rollespel wat baie leersaam, maar ook baie pret was. Ons het op ‘n hoë noot afgeskop met die HR Studiegroep en ons sien uit na die volgende drie sessies.   

Die volgende sessies sluit die volgende onderwerpe in:
  • Voorbereiding vir dissiplinêre verhore aangebied deur Wynand Viljoen;
  • Werwing aangebied deur Joy van Biljon; en
  • Besoek aan ‘n ander nie-landbou HR departement, aangebied deur Joy van Biljon.

SKRYF IN VIR ONS KOMENDE BESTUURSDAG

Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum hou weer ons jaarlikse Bestuursdag op die 20ste Mei 2021. Dit word hierdie jaar by Kaleo aangebied. 

Ons tema hierdie jaar is Diversiteit en ons glo dat dit iets waardevols is om oor te praat en na te luister in ons huidige omstandighede.

Björn Alexander: Besturende Direkteur van Lifestrong, Leadership Developer,
Public Speaker, Mentor, Coach.


Björn het 'n baie diverse sosio-ekonomiese agtergrond. Hy het in uiterse armoede in die ghetto's van Paarl-Oos grootgeword, waarna hy in die buiteland gaan woon het om ook deur verskillende dele van die wêreld te reis. Vandag dra al hierdie ervarings by tot die ontwikkeling van sy perspektiewe oor verskillende lewens- en leierskapkwessies.  

Onderwerp: Die "mees waardevolle speler"
  • Hoe om die gaping te oorbrug en u werkers se werklikheid in konteks te bring.
  • Om perspektiewe uit te daag om eenheid te verseker.
  • Praktiese hulpmiddels wat u sal help om beter te lei.
  • Kulturele nuggets om die moraal van u span te bevorder.
Dr Braam Hanekom: Direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis

Onderwerp: Die rykdom wat opgesluit is in 'n land met verskille.
  • Konflik en verskille tussen kulture kan 'n mens moedeloos, hooploos en bitter laat. Daar is egter ook groot rykdom opgesluit in diversiteit. Dit kan ontsluit word as dit reg hanteer word.
Connie Snyman: Plaasbestuurder Saratoga Berry Estate, Belmont, Robertson

Onderwerp: Bestuur van verskillende rasse, gelowe en kultuur.

Stefaans Coetzee: Mede-skrywer van Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding en Suiker Britz: Dossier van 'n speurbaas.

Onderwerp: Liefde, versoening en hoop.

Tiaan Oosthuizen: Mede-dekaan van Sosiale Besigheid, Skool vir Sosiale Innovasie, Hugenote Kollege, Virtual Consulting Group

Onderwerp: Diversiteit as innovasie dryfveer

BROKKIES

  • SOKKER: Die volgende dringende kennisgewing is aan die spanne deurgegee. Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is genader deur die Landbouvereniging en gevra om die sokkertoernooie met 'n maand uit te stel. Daarna sal die oorblywende toernooie klaargemaak word. Dit is weens COVID-19 getalle wat weer besig is om in die Witzenberg te styg , sowel as die tydsberekening nl., piek van oestyd.  Hou GOB briewe dop vir verdere kennisgewings.
  • SELFOONNOMMER: Let asb op dat ons gekontak kan word op ons selfoonnommer 083 268 3203 indien daar weer kragonderbrekings is.
  • DEELNEMENDE BESTUURSPROGRAM: Ons het die afgelope tyd baie navrae gekry oor die Deelnemende Bestuur kursus. Indien jul belangstel, laat weet asb vir Carmen by carmen@kbos.co.za.
  • DATUMS VAN KURSUSSE OMDAT VAKANSIE GESKUIF HET: Ons vra dat jul asb kennis neem van die datums van kursusse gedurende die Julie skoolvakansie wat ongelukkig moes skuif. Dit is vir die periode van 5 tot 23 Julie. Aanpassings sal op die webblad en jaarprogram aangebring word. Dankie vir jul geduld in hierdie opsig.

NUWE AANSTELLING

Ons wil graag vir Artisang Sedidi welkom heet as ons nuwe Landbou-Opleidingsbeampte.

Hy is aangestel in Tshoks se plek en sal op die 12e April begin by die sentrum.

Artisang het sy internskap by die sentrum in 2019 voltooi en ons is baie opgewonde om hom deel van ons span te hê.

VAKANSIEPROGRAM

Koue Bokkeveld Opleidingsentrum bied 'n lekker program aan vir die kinders in die komende vakansie. Kontak Landi by landi@kbos.co.za teen 15 April as jou plaas kinders wil inskryf (slegs beperkte aantal plekke beskikbaar). Koste is R20 pp. Ouderdomme vanaf 8-18 jariges.

Sien die voorlopige program hieronder.

PACE program inskrywings kan na Edna by edna@kbos.co.za gestuur word.

ONTHOU OM JOU PLEK TE BESPREEK

Ons wil elke plaas herinner om in te skryf vir jul kursusse indien jul nog nie het nie, om te voorkom dat jul nie uitmis op kursusse wat reeds vol geboek is nie.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*