Koue Bokkeveld Opleidingsentrum Augustus Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*

KURSUSSE OM NA UIT TE SIEN

  • Gee van effektiewe opdragte (Xhosa) - 3 September te Ceres Kaap Agri. Onnodige foute word gemaak as ons spanleiers nie opgelei is in die korrekte en effektiewe manier om ‘n opdrag/instruksie te gee nie.
  • Senior struikelblokke - 22 Oktober te Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, teen R435 per persoon. Hierdie kursus is gebaseer op die identifisering van minderwaardige gevoelens wat tot sekere optredes aanduiding gee. Die onderwerp vorm die fondasie vir die baie gewilde selfontdekkingskursus. Vir elkeen van ons, is dit ‘n ewige stryd om ons eie gedrag te interpreteer en insig te ontwikkel.
  • Basiese beginsels van toesighouding - sien webwerf vir datums - In die woorde van 'n student: "Die kursus was vir my ‘n eye opener. Ek verstaan nou die belangrikheid van goeie beplanning en organisering. In my kop het ek al die goedjies wat ek nog nie reg doen nie gesien en besef hoe belangrik dit is om take neer te skryf. Ek weet ook nou watter veranderinge ek sal moet aanbring in my werkplek. Ek gaan probeer om alles wat ek geleer het te gaan toepas."
  • Opvolg Toesighouers - Om te verseker dat studente dit wat hulle geleer het onthou en toepas ‘n jaar na die kursus. Die kursus is vir studente wat in 2017/2018  die Basiese beginsels van toesighouding kursus gedoen het en nog nie opgevolg is nie. Dit is belangrik dat die studente die opvolg kursusse bywoon.
Vir meer inligting, of om te bespreek, kyk gerus op ons katalogus of kontak asseblief vir Euria.

2020 IS OM DIE DRAAI

 
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is reeds aan die gang met beplanning vir ons 2020 program - enige voorstelle vir nuwe kursusse is welkom. As u 'n spesifieke kursus volgende jaar in die program wil sien, laat weet asb. vir Carmen of Samantha.
 

GROOT GEES TYDENS VROUEDAG

 
Vrydag, 9 Augustus, het 200 vroue baie vroeg op die trein geklim na ArtsCape. Die vrouens was so opgewonde dit was omtrent 'n gewoel om seker te maak hul kry plek op die trein. Hulle het dit vreeslik geniet en ywerig deelgeneem aan al die aktiwiteite.
 
Die vrouens wat Ceres se Vrouedag bygewoon het, het saam gelag vir Anna-Mart van Procare se praatjie en toepaslike wenke gekry oor hoe om hulle kind met dwelms te help. Ons TV en Film celeb, Jill Levenberg, het getuig hoe hard sy moes werk om te kom waar sy is en het ook paar geheime verklap van wat nog in Suid Ooster gaan gebeur. 30 Vroue het weggestap met groot gelukkige trekking pakkies (5 as wenners van die mussie-brei kompetisie), en ons het die dag geëindig met ’n saal vol dames wat lekker gedans het.
 
Baie dankie aan al ons plase wat donasies gegee het en ook ons Vrouedag komitee vir elkeen se bydrae. Merk nou al 2020 se Vrouedag op die kalender!
 

VAN ONS LANDBOU AFDELING

 
Ons bestaande landbouleerlingskappe is besig om klaar te maak. Alle klasse het reeds die eksamens afgelê. Modererings sal binnekort plaasvind en word tans beplan. 

In die tussen tyd is ons reeds besig met die inskrywings van 2020 se landbouleerlingskappe. Die beplanning is om alle administratiewe werk af te handel in hierdie tyd en sodra goedkeuring verkry is vanaf AgriSETA te begin met die klasse. NQF 1 en NQF 4 klasse sal in 2020 aangebied word. Die NQF 4 leerders gaan deur ‘n keuringsproses waartydens slegs 20 kandidate uiteindelik gekeur word. Die NQF 1 landbouleerlingskappe duur ‘n jaar terwyl die NQF 4 landbouleerlingskappe twee jaar duur.

Onderhandelings met Agricolleges International gaan voort ten einde sekere eenheidstandaarde op hulle E-learning platform aan te bied. Ons sien uit om hierdie opsie aan te bied.
 

MICHELL'S PAS MARATON

 
Die jaarlikse Michellspas halfmaraton en 10km padwedloop vind die jaar 16 November 2019 plaas.

Die gedagte is om ‘n span van vier atlete wat die plaas/maatskappy verteenwoordig, in die 10 kilometer padwedloop in te skryf. Die plase/maatskappye kompeteer teen mekaar in ‘n aparte Plaas/Maatskappy kompetisie kategorie en die wenplaas/maatskappy sal tydens die prysuitdeling aangekondig word. Ceres Atletiek streef daarna om die gemeenskap by die wedloop te betrek, en ‘n ontwikkelingsprojek vir plaasarbeiders/werknemers te skep waar hulle deur middel van sport  kan presteer.

Vir meer inligting, of om in te skryf, kontak asb. vir Lionel, lionel.ceres@telkomsa.net.
 

KOOR KOMPETISIE

 

24 Augustus het al die kore wat, 1ste, 2de en 3de plekke gekry het opgetree tydens die uitdunne by die kategorie aand op. Tydens hierdie aand bepaal die beoordelaars wie die wenners is van elke kategorie. Hulle dring deur na die Koor Finaal, wat 14 September, plaasvind, ook by Ceres Stadsaal. By die Koor Finaal en NQF1 Sertifikaat aand word die algehele wenner van die kore gekies. Die NQF1 studente kry ook hulle sertifikate by hierdie geleentheid.
 

LEERDERS GAAN OP AGRI UITSTAPPIE


Ons het 23 Graad 11 leerders van Ceres Sekondêr, Wolseley Sekondêr, en Skurweberg geneem op ’n uitstappie. Ons het CPUT Wellington se Agri-Hub, Elsenburg, SAPO en Fruitfly besoek.
Hierdie leerders het vroeër vanjaar aangedui hulle stel moontlik belang in Landbou. Edna werk met hierdie leerders vir 2 jaar met die doel om hulle te help om in die landboubedryf te gaan studeer/werk. Dankie aan Hortgro vir die vervoer en etes.
 

VERDUN ONTVANG PRYS 


Weereens baie geluk aan Verdun Estates wat die prys (R 1000 Spur voucher) gewen het vir die Beste Dekor item tydens vanjaar se Witzenberg Landbou Toekennings aand.

Elton Smit (links) was die argitek agter die model. Hulle netheid, fyn detail en humor het hulle bo die ander plase laat uitstaan.
 

SOKKER

 
Die 2019/2020 sokker seisoen is om die draai - ons eerste wedstryde begin 1 September. Ons is nog aan die gang met reëlings vir die 'marshal' opleiding, en sal vir almal laat weet sodra ons n datum het vir die opleiding. Sterkte vir alle spanne wat nou weer gaan begin speel! Geniet elke oomblik. 


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplikke werkers. 
 

Saam kan ons 'n verskil maak!


Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*