|
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM NUUSBRIEF
|
|
|
GOB STELSEL EN GOB BRIEWE
Ons neem waar dat daar baie onkunde is oor die gemeenskapsontwikkelingsdiens. Hier is dus 'n paar feite:
1. Dit is gratis beskikbaar vir alle lede plase: die kostes van die diens is reeds ingesluit by die ledeprys. Inteendeel 'n deel van die wins van opleiding by die sentrum word gebruik om die projekte te borg, so jy betaal reeds daarvoor.
2. Jy hoef nie 'n GOB te hê nie: dit gaan nie vir ons oor die mens of pos nie, maar eerder dat daar konstruktiewe vryetydsopsies vir die gemeenskap moet wees. As daar nie 'n GOB is nie, is die komitee gewoonlik verantwoordelik. Sommige plase verkies dit so omdat daar dan minder jaloesie betrokke is. As daar 'n GOB is, moet hy/sy op die komitee wees.
3. Die GOB brief is ons manier om die inligting oor die gemeenskapsontwikkeling op grond vlak te kry. Ons doen dit op 'n weeklikse basis omdat sommige van ons GOB’s se langtermyn beplanning nie goed is nie. Ons aanvaar die GOB brief kom by die gemeenskap uit. Daar is plase waar dit wel by die kantore vashaak, maar daar is ook plase waar die GOB die inligting vir hom/haarself hou. Dit maak dit vir ons moeilik. Ons sit wel deesdae ook die briewe op facebook.
4. Alle kommunikasie is in beide Afrikaans en Xhosa. Byna 'n derde van die GOB’s reeds Xhosa sprekend is.
5. Gemeenskapsontwikkeling is 'n moeisame en stadige proses. Daar is egter meer as genoeg bewyse dat dit oor tyd die moeite werd is vir beide die onderneming en die individue. Boonop met 'n demografie soos Suid Afrika, is dit onmoontlik om te veel te doen!
6. "Ons plaas stel nie belang nie": ons hoor soms dit, maar as ons op die plaas kom, is dit gou duidelik dat dit 'n growwe veralgemening is. Elke gemeenskap het sy eie uitdagings en dinamika en bestaan boonop uit 'n versameling individue. Dit is nie 'n "one size fits all" situasie nie. Daarom het ons ook 'n geweldige verskeidenheid insette wat ons kan lewer.
7. Gemeenskapsontwikkeling is nie genoeg om almal te help nie. Ons het in die afgelope 5 jaar beslis gesien dat sommige mense nie sonder terapeutiese insette soos Procare, die geleenthede wat die werk en samelewing bied, kan benut nie. Die gat waarin hulle is, is net te diep.
As jy onderseker voel hieroor of meer wil weet, benut die plaasbesoeke om vrae te vra, of woon 'n Ope Dag van die sentrum by. Die volgende een is op 23 Julie.
Jy kan ook 'n afspraak maak en met ons kom gesels. Joy is lief vir die gemeenskapsontwikkeling en die span het baie ervaring.
|
|
|
VAN ONS LANDBOU DEPARTEMENT
Ons is tans besig met die leerlingskap plaasbesoeke, en wil klaar maak voor die vakansie begin. NQF1 klasse sal ook voor die vakansie klaar maak, en die eksamen sal na die vakansie plaasvind.
Die NQF1 uitstappie is klaar, en het goed gegaan, en die NQF4 uitstappies sal vanaf 26 tot 29 Junie plaasvind.
Die volgende groep leerlingskappe gaan na die vakansie begin, en ons glo dit gaan goed gaan. Vir enige navrae oor leerlingskappe, kontak asseblief vir Jacob of Ayanda.
TREKKER ASSESSERING
Ons het ʼn spesiale diens vir ons lede. Vir die trekkerdrywers wat ons opgelei het in ʼn volledige trekker operateur kursus, is ons bereid om te her-assesseer en ʼn nuwe sertifikaat te gee. Dit sal slegs R250 kos plus vervoer en omtrent 30 minute duur. Die persoon moes egter ʼn volledige kursus by ons gedoen het in die afgelope 5 jaar. As hy die assessering druip sal hy natuurlik nie ʼn sertifikaat kan kry nie.
VURKHYSER
Sommige van die personeel van Breerivier Training, ons diensverskaffer vir vurkhyser opleiding, het bedank en hulle eie opleidings maatskappy begin. Ons gaan nog altyd by Breerivier Training bly en niks verander mvt vurkhyser opleiding nie. Julle mag wel genader word deur die wegbreekgroep. Praat asb met ons voordat julle besluite neem.
|
|
|
|
|