|
PROGRAM VERANDERINGE
Ons 2019 opleiding program is nou beskikbaar op ons webwerf, met n paar verbeteringe - naamlik Leadership for Hope wat Leadership for Hope Opvolg moet wees, teen R8450 per groep. Ons het ook die studente kategorieë opgesit, omdat dit belangrik is om die regte studente vir kursusse te stuur. Vir enige navrae, kontak asseblief vir Carmen of Samantha.
HR STUDIEGROEP: Let asseblief op dat die datum van die opkomende HR Studiegroep gaan verander tot einde Februarie. Sodra ons die nuwe datum het, sal ons vir almal laat weet. Die sessie gaan oor die evolusie van HR in die Agri industrie en vrae rondom Siza en Wieta, met spesiale gas Linda Lipparoni.
Onderwerpe vir die res van die jaar:
5 Junie: Dissipline, alkohol en produktiwiteit. Elke HR kan ‘n Produksiebestuurder saambring.
22 Augustus: Veiligheid en gesondheid in praktyk. Elke HR kan die bestuur verantwoordelik vir veiligheid saambring.
20 November: Behuising.
KETTINGSAAG: Ons het 'n datum gereël vir kettingsaag opleiding, aangesien daar baie navrae was. Die kursus gaan vanaf 17 tot 19 September 2019 plaas vind, in die Koue Bokkeveld.
|