|
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM NUUSBRIEF
|
|
|
2018 WITZENBERG PRESTIGE LANDBOU TOEKENNINGS WENNER
Baie geluk aan Manuel McKenzie van Donkerbos Landgoed, wie die algehele wenner van 2018 se Witzenberg Prestige Landbou Toekennings is! Saam met Mnr McKenzie op die foto is Mev Getrude Jacobs van Departement Landbou, en Mnr Chris Schutte van Shoprite.
Manuel het vir Donkerbos Landgoed begin werk in 2008, en was as trekker drywer benoem vir die Prestige Toekennings. Sy kollegas by Donkerbos Landgoed vertel dat hy lief is vir sy werk, en dat hy passievol is. Sy bestuurder verduidelik dat hy lewer 'n hoe gehalte werk lewer en is altyd bereid om te leer.
Baie geluk ook aan Kromfontein, wat Beste Presterende Plaas gewen het, en aan Edrich Ockhuis van Ceres Remhoogte, die wenner van Beste Potensiaal!
Baie dankie aan almal wat die jaar deelgeneem het, en geluk aan al die verskillende wenners:
Algehele wenner: Manuel Mackenzie van Donkerbos
Beste Presterende Plaas: Kromfontein (Dutoit Agri)
Beste Potensiaal: Edrich Ockhuis van Ceres Remhoogte Boerdery
Mees Inspirerende Deelnemer: Sue-Andra Swarts van Leeuwenfontein
Middel Bestuur: Elvis Pieters van Graaff Rietfontein
Junior Bestuur: Anite Solomon van Achtertuin
Toesighouer: Dohney Jooste van De Keur Landgoed
Tegniese Operateur: John Muller van DP en JC Goosen
Besproeiingspesialis: Edrich Ockhuis van Ceres Remhoogte
Trekker Drywer: Manuel Mackenzie van Donkerbos
Landbou Verwerker: Ragel Nel van Koelfontein
Sosiale Ontwikkeling: Sue-Andra Swarts van Leeuwenfontein
Administratiewe Personeel: Karin November van Crispy Farming
Algemene Werker: Isak Isaks van De Straadt
|
|
|
2019 INTERN AANSOEKE
Indien jy wil hê dat ons vir jou intern of werkplek plasing studente moet soek vir 2019, benodig ons die besonderhede van die tipe student wat jy graag wil hê. Aansoek vorms gaan uitgestuur word, en moet asb. voor 14 September 2018 teruggestuur word. Lona Odendaal sal jou dan kontak. Sy identifiseer 2 of 3 geskikte kandidate (verkieslik van CPUT, Elsenburg of Boland Kollege) en reël 'n onderhoud op die plaas waar jy die studente kan ontmoet en ʼn keuse maak.
Sodra jy ʼn kandidaat identifiseer het en die kandidaat aanvaar het, is die plasingsfooi van R3000 betaalbaar. Lona sal ʼn inligtingsessie aanbied wat deur die mentors van die onderskeie plase bygewoon moet word. Hierdie inligtingsessie is belangrik om die sukses van die internskap te verseker. Sodra die plasing gedoen is, sal ons die AgriSETA aansoek voltooi. Indien dit slaag borg AgriSETA ʼn student met R47 500, waarvan 84% aan die student betaal moet word as loon. 10% van die goedgekeurde bedrag kom op die plaas se faktuur. Die totale bedrag wat die plaas betaal is R7750 per student.
Studente neem ook deel aan ʼn mentor program wat deur Lona aangebied word. Dit behels 1 mentor besoek/sessie per kwartaal asook die bywoon van die Bright Star kursus. Die koste van die mentor program word befonds uit die R4750 admin fooi. Geen addisionele koste word hiervoor verhaal nie.
2019 BEURSE
Indien jy wil aansoek doen vir ʼn AgriSETA beurs vir 2019 moet dit ook nou gebeur. Landbou geniet voorkeur. Voltooi asb. die aansoekvorm wat per epos aan u gestuur sal word en stuur terug voor 14 September. ʼn Goeie motivering help. Aansoeke is gekoppel aan ʼn SDL nommer. Daar moet ʼn skriftelike ooreenkoms wees tussen die student en die plaas wie se SDL nommer gebruik word. Maak seker die eienaar van die besigheid teken dit en verstaan hoe dit werk (kontak ons indien julle voorbeelde verlang). ʼn Admin fooi van 10% van die goedgekeurde bedrag sal hiervoor op die plaas se rekening gesit word. Beurs bedrag is R37500.
LANDBOU LEERLINGSKAPPE 2019
Aansoeke vir 2019/2020 landbou leerlingskappe moet ook nou ingedien word. Aansoek vorms sal gestuur word. Voltooi die inskrywingsvorm sowel as die werkgewers inligting vorm en stuur beide terug voor 14 September. Hierdie leerlingskappe sal eers begin na die 2019 winter vakansie.
VAKMAN AANSOEKE 2019
Indien jy ‘n werkswinkel of instandhoudingspersoon het wat jy graag op ‘n vakmanskap wil sit, moet ons ook nou daarvoor aansoek doen. Kontak ons vir meer inligting.
|
|
|
VAN ONS LANDBOU DEPARTEMENT
Die Afrikaanse landbouleerlingskapgroepe skryf gedurende Augustus maand hul eksamens. Alle modereringsgespreke sal plaasvind gedurende Augustus. Die 2018-2019 NQF 1 landbouleerlingskappe het reeds begin op 31 Julie 2018 op die verskillende plekke. Vanjaar het ons 132 leerders wat ingeskryf is vir die NQF 1 landbouleerlingskappe.
Die huidige NQF 4 klasse gaan aan soos beplan. Baie dankie aan die plase wat bereid is om die NQF 4 leerders te akkommodeer met hulle Saterdag uitstappies op die plase.
Links is 'n foto van die 2017/18 NQF 1 studente saam met Jacob tydens hul besoek aan verskeie besighede in Ceres.
|
|
|
HORTGRO GRAAD 12 AGRI-DAG
HORGRO in samewerking met Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het ‘n baie suksevolle landbou uitstappie vir graad 12 leerders op Donderdag, 19 Julie aangebied.
Die geleentheid is bygewoon leerders van Iingcinga Zethu Secondary School, Skurweberg Sekondêr, Ceres Sekondêr en Wolseley Sekondêr. Tydens die dag het leerders ‘n meer praktiese ervaring gekry van wat Agri studie behels.
Ons het CPUT se nuwe Landbou Wetenskap kampus te Wellington besoek. Mnr Ben Saaiman het ‘n uitgebreide aanbieding gedoen oor die verskeidenheid beroepe wat gevolg kan word met ‘n landbou kwalifikasie as basis. Daarna het die groep na Elsenburg vertrek vir ‘n kort bekendstellings-lesing. Na middagete het ons SAPO besoek, en ons het die toer afgesluit by Fruitfly. Meeste van die kinders het hierdie besoek fasinerend ervaar.
|
|
|
|
|