Julie Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KURSUSSE OM NA UIT TE SIEN
  • SpanleiersLeer oor organisering en kontrole, gee van instruksies, kommunikasie, konflikhantering/ probleemoplossing, sowel as meet en stel van doelwitte, teen R2060 per persoon. Xhosa Spanleiers: 5 Augustus te KBOS. Afrikaans Spanleiers: 22 Augustus te NG Kerk Ceres Vallei Saal.
  • Basiese beginsels van toesighouding - sien webwerf vir datums - In die woorde van 'n student: "Die kursus was vir my ‘n eye opener. Ek verstaan nou die belangrikheid van goeie beplanning en organisering. In my kop het ek al die goedjies wat ek nog nie reg doen nie gesien en besef hoe belangrik dit is om take neer te skryf. Ek weet ook nou watter veranderinge ek sal moet aanbring in my werkplek. Ek gaan probeer om alles wat ek geleer het te gaan toepas."
  • Opvolg Toesighouers - Om te verseker dat studente dit wat hulle geleer het onthou en toepas ‘n jaar na die kursus. Die kursus is vir studente wat in 2017/2018  die Basiese beginsels van toesighouding kursus gedoen het en nog nie opgevolg het nie. Dit is belangrik dat die studente die opvolg kursusse bywoon. 
  • Potensiaal en persepsie toetse - 23 Augustus te KBOS, teen R1500 per persoon. Leon Diederichs doen standaard psigometriese toetse wat bepaal of die persoon die verstandelike en persoonlikheidsvermoë vir die werk het. Susan Blomerus is ‘n arbeidsterapeut en toets die persoon se vermoë om sy omgewing en detail akkuraat waar te neem.
  • Senior struikelblokke - 22 Oktober te KBOS, teen R435 per persoon. Hierdie kursus is gebaseer op die identifisering van minderwaardige gevoelens wat tot sekere optredes aanduiding gee. Die onderwerp vorm die fondasie vir die baie gewilde selfontdekkingskursus. Vir elkeen van ons, is dit ‘n ewige stryd om ons eie gedrag te interpreteer en insig te ontwikkel.
Vir meer inligting, of om te bespreek, kyk gerus op ons katalogus of kontak asseblief vir Euria.
2019 WITZENBERG PRESTIGE LANDBOU TOEKENNINGS 
          
Baie geluk Willem Abrahams van DP en JC Goosen Boerdery wat aangekondig is as die Witzenberg Landbouwerker van die Jaar 2019. Willem het ook die Junior Bestuur kategorie gewen. Baie geluk aan die volgende wenners:

Algemene Werker:                        Patrick Hanekom             Graaff-Fruit: Lushof
Administratiewe Personeel:          Randall Maart                  Verdun Estates
Sosiale Ontwikkeling:                   Shaneen Krotz                 Witzenberg Properties: Alhambra
Trekkerdrywer:                              Niklaas Pieters                Donkerbos Landgoed
Besproeiingspesialis:                    Kerneels Oncker             Graaff-Fruit: Rietfontein
Tegniese Operateur:                     Jacobe Pretorius             Bronaar Plase
Voorman/vrou:                              Jurine Joseph                  Bronaar Plase
Junior Bestuur:                             Willem Abrahams            DP en JC Goosen Boerdery
Middelbestuur:                              Saul Lintnaar                  Graaff-Fruit: Lushof

Beste Presterende Plaas:            Bronaar Plase
Beste Potensiaal:                         Rosalien Jantjies


Vanjaar was ook die eerste jaar wat die plase hulle eie tafel dekor moes maak. Die tema was om iets te maak of uit te beeld vanuit die Landbou/Witzenberg of hulle eie plaas.

Baie dankie aan almal wat soveel moeite gemaak het. Baie geluk aan Verdun, wat weggestap het met die prys!
METING VAN KOMITEES IN 2019 

"Om te meet is om te weet" was die tema van die komitee sessie by die leiersdag van 12 Junie. 10 Geldige kriteria vir komitee funksionering is gebruik wat aansluit by die werk gedoen tydens plaasbesoeke en opleiding.

Werkers kla by die komitee, praat daaroor by vergadering en verwag dan bestuur moet iets doen. Dit kan verander as die komitee self punte vooraf sif. Hoe? Lees die volle artikel hier.
STARS EN DISASTERS
Baie plase sukkel om sinvol plaas jeug  te betrek. Ons maak Lindeshof ons stêr plaas hierdie maand omdat hulle moeite hiermee maak en sukses meet. In 2006 het hulle 6 BAIE jong mense wat op die plaas gewoon het onder druk gesit om te kom werk as algemene werkers, onder ‘n toesighouer geplaas met besonderse aanvoeling vir jong mense en NQF 1 laat doen.

Hier is hulle resultate:
 
Huide posisie Plek
Spuitman Lindeshof
Toesighouer Lindeshof
Toesighouer Elders
Monitor Lindeshof
Juniour bestuurder Elders

Niemand het landbou verlaat nie en almal kan as suksesvol beskou word. Die resultate is oortuigend en Lindeshof herhaal nou die oefening met 10 nuwe jong NQF1 studente. 13 jaar van nou af glo ek hulle tabel van poste sal soortgelyk wees aan bogenoemde. Hier is ‘n foto van die span.
         
VAN ONS LANDBOU AFDELING
Die NQF 4 landbouleerlingskap is suksesvol afgehandel gedurende Junie 2019, en ons NQF 1 groepe sal klaarmaak gedurende Augustus 2019. Dit is baie bemoedigend om die ontwikkeling van die leerlingskapstudente waar te neem. Vanjaar was verseker die jongste groep Afrikaans sprekendes wat landbouleerlingskappe gedoen het.

Die Sentrum is tans besig om alle plase op te volg wat daarin belangstel om leerders (NQF 1 en NQF 4) in te skryf vir 2020. Indien enige ander plaas leerders wil inskryf is hulle meer as welkom om vir Jacob of Samantha te kontak. Ons wag vir u inskrywings ten einde alle papierwerk nou alreeds te kan doen.

Afhangende van die belangstelling sal bepaal word waar die landbouleerlingskappe sal plaasvind. So dit is nou die geleentheid om u voorgenome leerders in te skryf!
VAN ONS GEMEENSKAPSONTWIKKELINGS-AFDELING 
Die koor kompetisie se uitdunne is aan die gang:
 
3 Augustus - Warm Bokkeveld en Prince Alfred's Hamlet uitdunne
24 Augustus - Koor Kategorie aand (Ceres Stadsaal)
14 September - Koor Finaal (Ceres Stadsaal)
 
VROUEDAG 2019
Onthou die treinrit na Kaapstad is vol. Daar is  nog net 100 plekke beskikbaar vir die Vrouedag wat by Bella Vista gemeenskapsaal plaasvind. Vrouedag bestaan uit gelukkige trekkings, inligting sakkies, brei kompetisie, gaskunstenaars en die bekende Jill Levenberg. Jill vertolk die rol van Mymoena in Suidooster en Ellen in die Ellen Pakkies Storie. Bespreek asseblief op die webwerf om teleurstelling te voorkom.


TIENERMENTOR LEERDERS TUSSEN MODEL-C SKOLE 
Ses van ons graad 11 leerders wat deel is van die Tienermentor program het tydens die vakansie aan die ATKV Jeugberaad by Goudini-spa deel geneem. Hulle het vertel dat hulle klein gevoel het tussen die Model C-skole se leerders, maar het self besef hulle sal moet inskakel. Een sê: “Ek het minderwaardig gevoel aan die begin, maar nadat ek kon bydra tot die groep het ek goed gevoel”. Dit was wonderlike blootstelling. ATKV het genoem dat hulle hoop ons gaan volgende jaar weer leerders stuur.
INTERN EN GRADUATE PLASINGS IN DIE TOEKOMS
Lona Odendaal gaan in die toekoms as ‘n onafhanklike besigheid, KUTSHA, met plasing en mentorskap van jong mense in verskillende bedrywe en verskillende streke werk. Sy brei dus haar dienste uit. Sy sal plase direk kontak, maar haar fakture vir ons ledeplase en die AgriSETA aansoeke sal nog by KBOS lê. Julle is welkom om Joy of Carmen te skakel as julle vrae het. Hier is Lona se besonderhede:
WAT GAAN AAN BY DIE SENTRUM? 
Meeste mense het seker al gesien (of gehoor) dat ons bou. So wat presies verander?
 
Die sentrum personeel kry nog kantore by - meer mense het meer plek nodig!

Die studente kry 'n groter stoep vir nog sitplek, en plek om te eet.

Ons kry nog stoor plek vir belangrike inligting en leer materiaal.


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplikke werkers. 

Saam kan ons 'n verskil maak!

Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*