Julie 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
WIT JULIE
Die eerste sneeu van die jaar het geval in Julie. Dit laat ons weer dink aan reinheid, perfeksie, skoonheid en 'n nuwe begin. Mag jul hierdie ervaar soos ons die nuwe kwartaal instap.
By die Opleidingsentrum het ons 'n tikseltjie MAGIC van goud en blink ook ervaar tydens ons opwindende Afrikaanse Leiersdag en Jeugdag vieringe.
Nog vars nuus is te lees onder. Kyk uit vir die nuwe opkomende kursusse ook. 
AFRIKAANSE LEIERSDAG
Op Woensdag, 25 Junie, het ons `n susksesvolle Leiersdag aangebied in samewerking met Food 4 Mzanzi. Hierdie dag is bygewoon deur 80 leiers van verskillende plase. Die studente het met entoesiasme terugvoer gegee oor wat hulle alles geleer het - van leierskap, effektiewe kommunikasie en dankbaarheid tot praktiese vaardighede soos die hantering van chemiese stowwe en die toepassing van veiligheidstoerusting. Hulle sien uit daarna om hierdie kennis met selfvertroue in hul werksplekke te gebruik en ’n betekenisvolle verskil te maak. Die dag is as insiggewend en inspirerend beleef, met lof vir die sprekers.   
JEUGDAGVIERING VOL INSPIRASIE EN INLIGTING 2025
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het Jeugdag op 'n kragtige wyse gevier in samewerking met die Departement van Landelike Ontwikkeling en YWAM.
YWAM het ’n aangrypende drama opgevoer wat die werklikhede van gesinsverskuiwings en moeilike keuses beklemtoon het. Die Departement het ’n insiggewende gesprek met die jeug gevoer oor selfoongebruik, en gewaarsku teen die tragiese gevolge van misbruik - insluitend ’n ware verhaal met ’n hartseer einde. ’n Hoogtepunt was oud-leerder Adrian Ockhuis se inspirerende getuienis van volharding, harde werk en hoop.
Dankie aan Rora Orchards vir die heerlike naartjies, die Departement vir hul geskenkpakkies, en ons talentvolle dansers vir hul energieke optredes.
Ons jeug is kosbaar en só was hierdie dag.
PROCARE EN SIZA WERK SAAM OM GESONDE WERKPLEKKE TE BEVORDER
In vennootskap bied SIZA en PROCARE met trots 'n ten volle befondsde opleidingsprogram aan wat ontwerp is om werksplekke/werknemers toe te rus met praktiese gereedskap en strategieë om 'n gesonde en produktiewe werksomgewing te bevorder/verseker.
 
Die opleiding, getiteld “Wanneer Griewe Goeie Praktyk Word”, fokus daarop om uitdagings in die werkplek te omskep in geleenthede vir groei deur vertroue te bou, kommunikasie te verbeter en verhoudings te versterk.
 
Die program dek belangrike temas soos:
  • Gesonde kommunikasie en konflikhantering
  • Vertrouensbou tussen werkgewer en werknemer
  • Die belang van aktiewe luister
  • Die grieweprosedure as 'n oplossing-gedrewe hulpmiddel
  • Positiewe rol wat 'n werkerskomitee in die proses kan vertolk 
Die opleiding bestaan uit:
  • 'n 4-uur werkswinkel vir werknemers en toesighouers (in Afrikaans of Engels, met Xhosa-interpretasie indien nodig)
  • 'n 2-uur sessie vir toesighouers/voormanne wat fokus op leierskap en ondersteuning van werknemers
  • 'n 1-uur terugvoer sessie vir bestuur, met praktiese insigte en aanbevelings 
Hierdie samewerking poog om werksverhoudinge te versterk en 'n kultuur van wedersydse respek en groei te vestig.
 
Hierdie opleiding is ten volle befonds en beskikbaar vir SIZA Lede wat 'n positiewe werksplek wil bevorder en verseker.
Vir meer inligting of om 'n werkswinkel te bespreek, kontak gerus:
Projekbestuurder
👤 Marietjie Bezuidenhout
📧 mbez@procare.co.za
📞 082 339 8988
PROCARE Operasionele Bestuurder
👤 Sunette le Roux
📧 sunette@procare.co.za
📞 082 977 4435
LANDBOULEERLINGSKAPPE
Die landbouleerlingskappe vir die NQF 2, Plantproduksie kursus begin op 29 Julie 2025. Die Nasionale Sertifikaat in Landbou NQF 2 se kredietwaarde is 120 krediete. In totaal is 39 leerders ingeskryf vir die leerlingskap. Die klasse word aangebied by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en by Graaff Fruit: Lushof in Prins Alfred Hamlet. Almal is baie opgewonde dat hulle uiteindelik weer leerlingskappe kan doen. Na suksesvolle voltooiing van die leerlingskap sal hierdie leerders aan die minimum vereistes voldoen om te kan registreer om die QCTO beroepsgerigte kwalifikasie naamlik Orchard and Vineyard te kan doen.
ONS NOOI ALLE VROUENS UIT OM IN TE SKRYF VIR VROUEDAG
ONS SKOP WEER AF MET DIE 1,2,3 WERK PROGRAM
Hierdie Vaardigheidskursus word aangebied vir leerders wat reeds gematrikuleer het en tans op ons ledeplase werk. 32 leerders is hierdie jaar ingeskryf. Die program is reeds twee keer suksesvol aangebied en het ‘n bewese suksesvolle rekord wat toeganglikheid gee tot die landbousektor. Leerders kry teoretiese kennis sowel as praktiese blootstelling in landbou.
SKRYF NOU IN VIR DIE VOLGENDE KURSUSSE EN LEER PRESTEER!
LEADERSHIP FOR LIFE 
JONGBOER PROGRAM
BRIGHTSTAR
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Brandbestryding; 5+6 Augustus; Ceres
  • Kalibrasie + Toediening: Vrugte; 6 Augustus; Ceres
  • Algemene Nutsman Kursus (Houtwerk en Dakbedekking); 11-15 Augustus; TBC
  • Veiligheid en Gesondheidsverteenwoordigers (Afrikaans); 14+15 Augustus; Ceres
  • Onkruidbestuur groente en vrugte; 27 Augustus; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*