Julie 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
BIBBER JULIE
Gedurende die koue en nat wintermaande, was daar 'n hele klomp aktiwiteite en prestasies. 'n Baie groot hoogtepunt is die nuus dat Koue Bokkeveld Opleidingsentrum akkreditasie gekry het as `n assessment centre vir die QCTO kwalifikasie! 
Ons Witzenberg Prestige Landboutoekennings agriwerker van die jaar is weer gekies. Ons leerlingskap studente besoek 'n paar plekke, en die jeug woon weer 'n opwindende Jeugdag program by.
Daar is nog baie nuus. Lees meer soos volg.
WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2024
Ons 2024 Witzenberg Prestige Landbouwerker van die jaar is niemand anders as Thembile Khaleni van Dutoit Agri: Paardekloof! Ons sien baie uit om te sien watter hoogtes hy nog gaan bereik in die landbou industrie.
Dit was weer tyd vir ons Witzenberg Prestige Landboutoekennings 2024. Hierdie glans geleentheid het op Donderdag, 25 Julie te Kaleo plaasgevind. 
Die program was gelei deur 2023 se wenners en Johanna Jantjies het 'n uitstekende taak verrig as seremoniemeester. Vivian Jakobs, ons 2023 Wes-Kaapse Prestige Landbouwerker van die Jaar het ‘n merkwaardige toespraak gelewer oor sy ervaring van die agriwerker kompetisie. Ons is lekker vermaak deur ons eie kitaargroep van Laerskool Koue Bokkeveld begelei deur Danelle Titus asook Koelfontein se Rieldans groep.
Baie geluk aan elke deelnemer wat vanjaar genomineer was. Elke een was besonders tydens hul onderhoud en ons is trots op elkeen. Baie geluk ook aan elke wenner van hul kategorie. Dit is 'n uitstekende prestasie.
KATEGORIE WENNERS:
  • Algemene Werker: Simphiwe Gusha - Graaff-Fruit: Romansrivier
  • Drywer: Gerrit Komail - Dutoit Agri: Paardekloof
  • Besproeiingspesialis: Fritz Hannekom - Witzenberg Properties: Leeuwenfontein
  • Tegniese Operateur: Magdelena Smit - Dutoit Agri: Nooitgedacht
  • Sosiale Ontwikkeling: Sophia De Bruin - Dutoit Agri: Paardekloof
  • Administratiewe Personeel: Nathan Visagie - De Keur Landgoed
  • Voorman: Aspihe Lisa - Bronaar Plase
  • Junior Bestuur: Lufefe Pokwana - Dutoit Agri: Nooitgedacht
  • Middel Bestuur: Thembile Khaleni - Dutoit Agri: Paardekloof
  • Beste presterende plaas: Bronaar Plase
  • Beste potensiaal: Magdelena Smit - Dutoit Agri: Nooitgedacht
Baie geluk ook aan die wenners van die TAFELVERSIERINGS!
1. Bronaar Plase
2. Verdun Estate
3. Ceres Remhoogte Boerdery

Sien onder foto's van Bronaar Plase se tafelversierings.
NOU WEET ONS OOK WAT HULLE WEET
Lees gerus artikel geskryf deur Pieter Swanepoel. Indien julle belangstel in die kursus, kontak gerus vir Euria by euria@kbos.co.za

In Junie vanjaar het ons na afloop van ons toesighouers kursus by KBOS, ‘n halfdag inligtingsessie met ‘n paar van die Koue Bokkeveld se plaasbestuurders gehad. Die rede hiervoor is dat ons kursus uitsluitlik fokus op die praktiese take wat die toesighouer daagliks moet uitvoer t.o.v. die bereiking van sy/haar span se KWALITEIT-, PRODUKTIWITEIT - en MORELE doelwitte...
 
Indien ‘n bestuurder nie met die inhoud vertroud is nie verloor hy die kennis en vaardighede wat die toesighouer, voorman (vrou) vir hom/haar mee kan help. Om die waarheid te sê niemand weet meer as die toesighouer/voorman(vrou) wat op ‘n dag in die boord gebeur nie!
Die doel van die halfdag sessie was om die bestuurders in te lig oor presies wat ons vir hulle voormanne/vroue en toesighouers geleer het, sodat hulle ook kan weet wat hulle weet!
Hier volg van die kommentaar wat die bestuurders gelewer het. Ons het onlangs weer met hulle in verbinding getree en van die kommentaar hieronder sluit hierdie gesprekke ook in. 
  1. “Hierdie terugvoer sessie is ‘n moet vir alle plase. Omdat ek weet wat hulle geleer het en weet, kan ek hulle nou aanspreeklik hou vir die kwaliteit-, produktiwiteit- en morele doelwitte. Dit help my geweldig!”
  2. ”Die inligtingsessie het my ook geleer dat ek as bestuurder my toesighouers moet afrig en lei.’’
  3. “Ek sien reeds ‘n verskil in my voorvrou se hantering van haar span se dissiplinêre probleme. Ek weet ook dat ek haar daarvoor verantwoordelik kan hou. Daar is ook ‘n merkbare verskil in haar beplanning om seker te maak dat haar doelwitte bereik gaan word. Haar span is werklik doelwit gedrewe”
  4. “Die samewerking tussen ons is ‘n wen vir ons almal”
  5. “Daar is ’n groot verskil tussen die voormanne wat reeds die kursus bygewoon het en die wat nog nie het nie.”
  6. ”Voormanne vra nou vrae om seker te maak dat ek met die span doelwitte saamstem”
  7. “Voormanne rapporteer vrywillig daardie werkers wat nie hulle doelwitte bereik nie”
Gevolgtrekking
Natuurlik is ons bly om te hoor dat ons twee dag program wat uitsluitlik op die bestuur van Kwaliteit-, Produktiwiteit en Moreel fokus tot soveel voordeel van die bestuurders is. Daar is egter ‘n groot maar; indien die bestuurder nie na afloop van die kursus die kursusganger afrig en lei nie, gaan die sukses stories hierbo nie gebeur nie!
 
Ten slotte indien die bestuurder nie die halfdag inligtingsessie bywoon nie, gaan hulle nooit weet wat die kursusgangers weet nie!
NQF 4 LEERLINGSKAP UITSTAPPIE
Op 18 Junie 2024, het die NQF 4 klas van 2023-2024 met groot afwagting en opgewondenheid op hulle uitstappie vertrek. Elouise van Zyl van Hortgro het die eerste dag gereël waar ons verskeie plekke besoek het onder andere: Pro-Hort se perseel by Boland Landbouskool.
Ons het ook by Fruitfly Africa, Phyla en SAPO op Stellenbosch besoek afgelê.
Tydens ons besoek by Agriplas se fabriek kon ons sien hoe mikrospuitjies gemaak word. Dit was ‘n wenner! Wie sou kon dink dat mikrospuitjies en drupperpyppe so gemaak word? Vol verwondering het ons daarvandaan vertrek.

Die uitstappie het afgesluit waar ons op ‘n koue wintersmôre hartlik ontvang is by Die Kaapse mark deur David Nortje. Hy het vir ons deur die verskillende prosesse geneem oor wat plaasvind in die mark. Die studente was veral opgewonde wanneer hul, hul eie plaas se produkte kon sien in die mark.
AGRISETA BEFONDSINGSAANSOEKE
Die aansoeke vir AgriSETA befondsing open weer op 1 Augustus. Dit sluit projekte in soos beurse, internskappe, werksplekplasings, leerlingskappe, en vaardigheidsprogramme. Hou jul e-posse dop vir ‘n e-pos vanaf die sentrum wat alles sal verduidelik van die aansoeke, asook instruksies sal gee oor hoe om aansoek te doen. Kontak vir Ané by ane@kbos.co.za vir enige navrae.
SKURWEBERG OPLEIDING - “IF YOU DON'T STAND FOR SOMETHING, YOU WILL FALL FOR ANYTHING.”
Op 24 Julie 2024, het Alida Burger van PROCARE, Graad 7 tot 11 groepe leerders toegespreek oor "The Dating Game".
Die drie vrae wat die denke van die tieners laat prikkel het is:
Wat is my waarde? Wat verdien ek in terme van verhouding? Wat is vir my ‘n "deal breaker" wat oorskry my grense?
 
The dating game aanbieding fokus op die volgende:
  • Dit help tieners dink oor hoekom “date” ek, wanneer is ek gereed.
  • Fokus op die vaardighede wat nodig is om verhoudings te kweek.
  • Hierdie vaardighede word elk in besonder bespreek: bestuur van emosies, bestuur van verwagtinge, stelling van grense, introspeksie en tekens van ‘n afbrekende verhouding.
  • Toestemming tot die verhouding en seksuele aktiwiteit - elke keer, deurlopend.
  • Tekens van ‘n positiewe verhouding.
  • Invloed van tegnologie op verhoudings en ons eie waarde.
  • Bespreking van die feite rondom statutêre verkragting en wanneer ‘n verhouding in daardie kategorie val. 
Die volgende besoek is op 30 Julie waar die Graad 6 en Graad 10 leerders bereik sal word. Baie dankie aan PROCARE wat in samewerking met die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum hierdie bewusmaking sessies borg.
NUTSMAN EN NUTSVROU OPLEIDING 
Daar is baie geleer by die Nutsman en Nutsvrou opleiding en met al hierdie handige "tips" sal hul met meer selfvertroue nutsmantakies kan verrig.
LEERDERS VISIE EN TOEKOMS - DIE PROSES
Die Proses begin van graad 9 tot graad 12. Die doel van die program is om met leerders ‘n pad te stap sodat hulle die regte keuses maak asook die loopbane vervul wat by hulle as ‘n individu pas.
Hiermee die kostes en datums:
Die 9 Proses: R 950 per leerder: September skoolvakansie
Die 10 Proses: R350 per leerder: 25 September

Die 11 Proses: R 1450 per leerder: 20-22 September by Boy Muller
Die 12 Proses: Gratis
Kliek op hierdie skakel vir meer inligting oor wat elke groep proses behels.
JEUGDAG
Op 13 Julie het ons Jeugdag gevier.
AGRISETA WOON WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS BY!
Dit was vir ons lekker om Gift Masemola (Manager: Grants and Stakeholder  Management) en Frikkie Fouche van AgriSETA by ons Witzenberg Prestige Landboutoekennings te kon ontvang. AgriSETA  is `n belangrike  vennoot  in ons visie om ons studente te Leer Presteer!
 VROUEDAG - 9 AUGUSTUS - DAAR IS NOG PLEK!
GROENTE WERKSWINKEL - MOENIE DIT MISLOOP NIE!
SPANLEIER KURSUS - SKRYF NOU IN!
KORT KURSUSSE IN JUNIE EN JULIE
HR Studiegroep sessie oor BEE en Gelyke Indiensneming en Vaardigheidsontwikkeling.
Toesighouer kwaliteit kursus.
Veilige hantering van gifstowwe e-leer kursus.
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Rekenaar vir beginners: 5-8 Augustus, KBOS
  • Boordmonitor Gevorderd: 7 en 8 Augustus, Ceres
  • Hantering van Spuitpomp: 13 Augustus, KBOS
  • Hantering van Spuitpomp: 21 Augustus, Ceres
  • Keyphase: 14 Augustus, KBOS
  • Toesighouer Kwaliteit opvolg: 21 Augustus, KBOS
  • Potensiaal en Persepsie: 23 Augustus, KBOS
  • Spanleiers: 27 en 28 Augustus, Ceres Museum
  • Spanleiers: 29 en 30 Augustus, KBOS
  • Kalibrasie en Toediening Vrugte: 29 Augustus, KBOS
  • Vitrax Bin Basics en Logsitics: 3 September, KBOS
  • HR Studiegroep (Vergoeding aangebied deur Hopkins Coetzee): 4 September, KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*