|
WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2022
|
|
|
|
Ons Landbouwerker van die Jaar 2022, Shiree Paulse.
|
|
Op 28 Julie 2022 te Kaleo, was dit werklik 'n aand van prestige! Natuurlik was dit ook 'n groot eer vir ons, om saam met ons produsente en die groter landbou sektor erkenning te gee aan elke landbouwerker wat bydrae tot voedselsekuriteit. Dit was merkwaardig om elke deelnemer se trots op hul plaas te aanskou en dit was so mooi om die klomp glimlagte weer te sien, veral omdat maskers nie meer verpligtend is nie.
Baie geluk aan al ons wenners! EN hartlik geluk aan ons Landbouwerker van die Jaar 2022, Shiree Paulse, van Welgemeen Boerdery. Op hierdie aand 10 jaar gelede, het haar ma Getruida Paulse, die administratiewe kategorie gewen en was haar pa, Wimpie Paulse, as Landbouwerker van die Jaar aangewys. Wat 'n wonderlike herinnering om saam te kan vier. Baie geluk ook aan Welgemeen Boerdery wat aangekondig is as die Beste Presterende Plaas.
Hier is die kategorie wenners soos volg:
- Algemene werker: Moses Kotelo - Romansrivier
- Drywer: Adriaan Welstroom – Welgemeen Boerdery
- Besproeiingspesialis: Thembinkosi Pike - Welgemeen Boerdery
- Tegniese Operateur: Willem Jafta - Bokveldskloof
- Sosiale Ontwikkeling: Maletsatsi Ntjabane - Bronaar Plase
- Administratiewe Personeel: Shiree Paulse - Welgemeen Boerdery
- Voorman/vrou: Henry Waterboer - Romansrivier
- Junior Bestuur: Pieter Goliath - De Keur Landgoed
- Middel Bestuur: Thobela Guqaza - Crispy Farming
Ons wil weereens dankie sê aan ons hoofborge, Departement van Landbou en Shoprite. Dit bly 'n voorreg en ons waardeer die ondersteuning baie.
|
|
|
|
Beste Presterende Plaas, Welgemeen Boerdery.
|
|
|
|
Kategorie wenners.
|
|
|
JEUGDAG - 'N HOOGTEPUNT VAN DIE JEUGDIGES SE 2022 KALENDER JAAR!
|
|
|
Tydens hierdie jaar se Jeugdag, op 16 Junie 2022, was daar geleer, gelag, gedans en gesing. 300 Jeugdiges het by Ceres Sekondêr se skoolsaal bymekaar gekom en die gedrag van die leerders was puik. Ons is so trots op hulle! Van herwinning van rommel tot alkolhol- en dwelmgebruik, waardevolle lewensverhale/getuienisse, nadelige gevolge van verkeerde keuses, hoe om bo jou omstandighede uit te styg, is als op hierdie dag beleef en na geluister. Ons wil graag vir Tannie Hannalie van Schalkwyk, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, "Ouboet" en Reggie B bedank vir hul tyd en inspirerende aanbiedinge. Reggie B se sang was natuurlik 'n toppunt!
|
|
|
1,2,3 WERK LANDBOU JEUGPROGRAM
Laaste kans. Bied vir jou jong student die geleentheid! Skryf nou in by Euria (euria@kbos.co.za). Ons wil graag met die program in Augustus begin, so skryf so gou as moontlik in.
|
|
|
|
VROUEDAG - VROUWEES, INNERLIK EN UITERLIK
|
|
|
9 Augustus 2022, is om die draai. Daar is nog plekke oop. Moenie uitmis nie! Skryf nou in by landi@kbos.co.za en bevestig ook asb. hoeveel vrouens Afrikaans en hoeveel vrouens Xhosa is. Sien onder wie die vrouens gaan kom bederf op die spesiale dag.
|
|
Op 9 Junie 2022, het ons ‘n sokker vergadering gehou waar ons bestuur, sokkerkapteine en die sokker komitee uitgenooi was. Ongelukkig was die bywoning nie goed nie en kon belangrike besluite nie geneem word nie. Die notule is aan al die plase uitgestuur en daar is aksies wat voor ons volgende vergadering in Augustus geneem moet word. Dit is soos volg:
- Verban ons toeskouers?
- Skors ons die sokkerspan waar wangedrag/smokkel is?
- Wat is die oplossing om ‘betting’ te voorkom?
- Skakel ons eerder in by Witzenberg LFA?
Vergader asb, in plaasverband oor die bostaande punte. Hierdie kan groot gevolge inhou vir die toekoms van sokker en daarom is almal se insette vir ons belangrik.
|
|
|
Op 22 Junie 2022, het ons Afrikaanse Leiersdag te Op-die-Berg plaasgevind en was daar gefokus op komitees. Die leiers was o.a. geleer hoe om die beskikbare en spesifieke hulpbronne wat hul kan help om realistiese doelwitte in die gemeenskap te bereik te gebruik en hoe om nie moedeloos te raak oor onbereikbare doelwitte nie. Die dag was as baie interessant beskou en die terugvoering vanaf die leiers was baie goed. Hiermee 'n paar aanhalings vanaf die leiers. "Die voorstelle/oplossings wat voorgelê was, was goed. Archie het goed verduidelik wat ek nou verstaan." "Dit het my weer laat besef die verantwoordelikheid wat ons leiers het. Ek gaan 'n verskil maak in die gemeenskap." "Dit was baie interessant om te sien hoe sekere komitees dinge op verskillende maniere doen." "Beslis die moeite werd, verseker 'n leersame sessie. Elke opleiding maak van leiers net nog beter leiers!"
|
|
|
LANDBOULEERLINGSKAPPE NUUS
|
|
Die huidge NQF 1 Xhosa en Afrikaanse leerlingskap klasse gaan voort soos beplan en die leerders sal aan die einde van 2022 hulle leerlingskappe voltooi. Die leerders woon baie getrou hulle klasse by waaroor ons baie bly is.
Die NQF 4 klas wat in 2021 begin het, gaan ook voort soos beplan. Hierdie klas sal soos die vorige NQF 4 klas, ‘n gedeelte van hulle kursus voltooi deur Agricolleges Internasionaal en dit sal ook aanlyn voltooi word.
Tussendeur werk ons ook konstant aan die nuwe QCTO kwalifikasie (Occupational Certificate: Horticultural Farm Foreman), en ons be-oog om in September 2022 in die Tulbagh-area daarmee te begin.
As deel van die leerlingskap program het die leerders van die Afrikaanse groepe weereens vanjaar se Afrikaanse Leiersdag bygewoon wat deur die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum aangebied was. Die Xhosa-sprekende leerders sal later vanjaar die Xhosa Leiersdag bywoon.
|
|
|
|
Die NQF 4 - groep wat in 2020 begin het.
|
|
|
|
Die NQF 4 - groep wat in 2021 begin het.
|
|
|
|
Die NQF 1 - groep van Hamlet en die Koue Bokkeveld.
|
|
Ons wil ons lede net weer herinner aan ons ledevergadering wat op 10 Augustus om 12.00 by die CFG ledesaal, plaasvind. Anton Rabe wat dien op AgriSETA se raad, gaan duidelikheid gee oor AgriSETA befondsing en moontlike bekommernisse rondom dit. Gegee dat ons weer geen befondsing hierdie jaar van AgriSETA gekry het vir leerlingskappe of vaardigheidsprogramme nie, versoek ons soveel as moontlik van ons lede om die vergadering by te woon en om julle besware hieroor te lig.
Onder volg ‘n uiteensetting van die vergadering:
- Opening en agtergrond inligting
- Persoonlike ervaring met AgriSETA
- Anton Rabe
- Vrae en besprekings
|
|
|
OPKOMENDE KURSUSSE - SKRYF BETYDS IN
Hier volg 'n paar kursusse wat nog plekke beskikbaar het. Kontak vir Euria by euria@kbos.co.za of bespreek op ons webwerf by www.kbos.co.za
- Potensiaal en Persepsie toetse: 23 Augustus
- Frudata reeks: 31 Augustus, 7 en 14 September
- Septiese tenk dag: Datum sal bevestig word nader aan die tyd
- Indringer plante: 30 Augustus en 1 September
- Appelskurf en Witroes verfrisser: 9 September
- Steenvrugte Falskodlingmot en Oosterse Vrugtemot lesing: 9 September
- Nanny kursus: 10 September
- Beginner Sweis: 12-16 September
|
|
|
Hierdie kursus wil julle nie mis nie! Die 2-dae kursus is aangepas uit die gewilde “Top of the Class” program wat behoort aan die "Fruit Producers Export" Forum. Dit is gemik op mense wat in pakstore werk en direk betrokke is by sekere aspekte van bemarking en grondhervormingsplase, wat geen agtergrond tot bemarking het nie. Dit gee dus insiggewende inligting wat op verskillende vlakke relevant is. Die notas is in Engels, maar Afrikaans sal in die klas gebruik word.
Hieronder volg die kursusinhoud vir die 2 dag opsie:
- Supply and demand dynamics and Product Pricing
- Marketing Agreements and Contracts
- Cost Chain
- Cold Store Facilities
- Risk Management
- Market Sectors and Route to Market
- Market Access Requirements
|
|
|
HR STUDIEGROEP - 7 SEPTEMBER
|
|
|
1. Vurkhyser mediese geskiktheidstoetse: Net 'n vriendelike herinnering. Die Dokter wat tans die toetse doen sal nie voor 5 Augustus beskikbaar wees vir toetsings nie. Indien julle beplan om te bespreek vir toetse, beplan dit asseblief sodat julle die verslag betyds sal hê vir die vurkhyser opleiding.
2. Beurtkrag: Die Opleidingsentrum se selfoon het nie ontvangs tydens beurtkrag nie. Kontak ons gerus op 0791814302 tydens beurtkrag.
|
|
|
Onder volg 'n paar foto's van die Trekker Operateur en Veiligheid en Gesondheid kursusse wat in Junie maand plaasgevind het.
|
|
|
|
|