Julie 2020_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
NUUSBRIEF ︱JULIE
Facebook
Website

SAMEWERKING EN TYDELIKE OPLOSSINGS VIR TEKORT AAN AGRISETA BEFONDSING OP DIE TAFEL

Op 8 Julie 2020 het die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum 'n noodvergadering met ons lede belê. Tydens die vergadering is die situasie rondom AgriSETA befondsing en toekennings vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme bespreek.

Ons wil u graag bedank vir die bywoning en bereidwilligheid om hierdie dringende saak aan te spreek en lig die volgende besprekings en aksiestappe korliks uit:
  • Die sentrum het die sloer van befondsingtoekenning onder produsente se aandag gebring (geen leerlingskap- of vaardigheidsprogramtoekennings is vir 2020/2021 ontvang nie). Daar is gevra dat produsente en die bedryf AgriSETA aanspreeklik moet hou om hulle verantwoordelikheid vir opleidingshulp na te kom. 
  • Produsente het aanbeveel dat PALS genader word om van hulp te wees om beter toekennings vir die Witzenberg-streek te bekom en onderneem om die organisasie te kontak om die proses verder te neem. Hulp is ook aangebied om die saak van fakture aan AgriSETA wat steeds onbetaald is, aan te spreek. 
  • AgriSETA moet verstaan wat die Sentrum se rol in die Witzenberg streek is, veral dat ons produsente verteenwoordig en namens hulle aansoeke vir befondsing indien. Hierdie rol moet vanaf die produsente se kant beklemtoon word aan die Seta.  
  • President Cyril Ramaphosa het, gegewe Covid-19, 'n SDL-vakansie aangekondig. Produsente is van mening dat die plase die sentrum veral nou moet ondersteun om volhoubaarheid te verseker. Die SDL vakansie-geld is 'n besparing vir plase wat gebruik kan word veral om NQF 4- en NQF 1-leerlingskappe en geborgde kursusse te befonds. Buiten die besparing is daar ook belasting, ETI en BEE voordele vir die plase.  Dit bly egter elke plaas se besluit tot hoe `n mate hierdie fondse vir opleiding aangewend kan word. 
  • Die Opleidingsentrum het ook die 5 jaar-plan vir heffingbetalings aan produsente voorgelê. Die gesprekke sal verder geneem word.
Ons is dankbaar dat produsente en plase die proses verder gaan neem om AgriSETA aanspreeklik te hou vir die ondersteuning wat jul toekom. Ons is oortuig dat die toepaslike aandag en druk die gewenste uitwerking sal hê. 

Die saak is ook in die media aangeraak. Lees gerus die Landbouweekblad-artikel deur op die onderstaande skakel te kliek.  (Let wel: U moet 'n Netwerk24-intekenaar wees om dit te kan lees.)
LEES MEER IN LANDBOUWEEKBLAD
Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum gaan volstoom voort met opleiding en kursusse tydens Covid-19. Alle regulasies word nagekom en maatreëls is in plek om die veiligheid van die studente te verseker. Maak seker u besoek ons webblad om in te skryf vir die kursusse waar nog plek beskikbaar is.

SIEN JY DISSIPLINÊRE VERHORE AS NET NÓG 'N ADMINISTRASIE-LAS? WOON ONS HR-DAG BY VIR 'N INTERAKTIEWE SESSIE OOR DIE UITDAGINGS WAT ALMAL ERVAAR.

"Die hantering van dissiplinêre verhore word soms as maar net nog ‘n admin las beskou. Die werklikheid is egter dat dit met groot omsigtigheid behandel moet word," sê Wynand Viljoen, menslike hulpbronbestuur en arbeidswetgewingkenner by Alpha HR Services.

Wynand is een van die aanbieders wat tydens die interaktiewe sessie personeelbestuurders gaan help om uitdagings te oorkom.

"Deur die sessie probeer ons deelnemers die basiese beginsels leer wat gehandhaaf behoort te word ten einde seker te maak dat die regte prosedure gevolg word. Ons kyk ook na die keuse van die verhoorbeampte en ook die korrekte sanksie wat toegepas moet word. Die praktiese inligting is gegrond op werklike situasies wat oor die jare teëgekom is," sê Viljoen.
  • DOEL: Om personeelbestuurders die geleentheid te gee om onder mekaar te gesels en idees uit te ruil oor kwessies wat mag ontstaan in hulle beroep. Dit is nie ’n sertifikaatkursus nie.
  • INHOUD: Employment Equity, en voorbereiding vir `n dissiplinêre verhoor.
  • PLEK: Waverley Hills
  • DUUR: 6 uur
  • KOSTE: R1 900 per persoon
Kontak vir Euria vir navrae en besprekings deur op die skakel hieronder te kliek.
BESPREEK NOU

BEVESTIGINGSBRIEWE EN KURSUSKANSELLASIES: NEEM ASB KENNIS

Bevestigingsbriewe vir kursusinskrywings word aan alle lede uitgestuur. Die Sentrum volg ook telefonies op. Ons vra dat u asb kennis neem van hierdie skrywe en seker maak dat alle datums aangeteken is. Ongelukkig, weens die beperkte aantal studente wat ons weens Covid-19 regulasies kan akkommodeer, sal ons die volle fooi moet hef vir kansellasies wat nie 72 uur voor die tyd gemaak word nie. 

Ons vra dat u asseblief heroorweeg indien u opleiding wil kanselleer. Die uiteindelike impak van die opleiding wat ons bied en die verryking van menslike kapitaal sal u onderneming beslis in die toekoms ondersteun. 


DIE AFGELOPE MAAND IN FOTO'S

BESOEK ONS WEBBLAD VIR OPLEIDINGSGELEENTHEDE

KORTLIKS


  • VROUEMAAND EN VROUEDAG: Dit is natuurlik hartseer dat die dames wie se beurt dit was om hierdie jaar ArtsCape toe te ry met die trein nie meer kan gaan nie. ArtsCape is net so jammer en het gevra dat ons vir hulle video's neem van hoe ons die dag gaan vier. Ons nooi julle om video's te neem van jul vrouedag-vieringe op die plaas sodat hulle dit ook op hul Facebookblad kan plaas. Kontak vir Landi om jou video deur te stuur.
 
  • KURSUSSE WAT STEEDS PLEK OOP HET:
    • Hantering van spuitpomp – 28 Aug
    • HR dag – 26 Aug
    • Vaardigheidreeks – 7 Aug,14 Aug, 21 Aug, 28 Aug, 11 Sep, 19 Sep – KBOS
    • Kalibrasie en toediening: Groente – 5 Aug – KBOS
    • Babaprogram – 5,11,14 en 26 Aug – Ceres
    • Potensiaal  en persepsie toetse – 19 Aug – Bordeaux pakstoor
    • Veilige hantering van gif (beginners) – 21 Aug – KBOS
ADVERTENSIES
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*