Januarie 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
HAPPY 2026!
Welkom terug en voorspoed vir die nuwe jaar aan elke leser! Mag elkeen goedheid en guns in 2026 ervaar.
Die jaar het goed afgeskop met die pluk-opleiding en 1,2,3 Werk program. Lees ook meer oor wat als in Desember plaasgevind het.
Kyk ook uit vir al die opkomende kursusse en skryf in om te verseker dat die Witzenberg se mense bly Leer en Presteer!
PLUKKURSUS

Pluk-opleiding is 'n groot aanwins om te veseker dat die vrugte se kwaliteit nie ingeboet word tydens die pluk en oes proses nie. Wanneer die plukkers opgelei is om reg te pluk dan bevoordeel dit almal. Jacob Coetzee, Landboubestuurder van die sentrum het met 'n Plaasbestuurder gesels en sy woorde was: “Dit is die beste bydrae wat ek as bestuurder kan maak tot die oesproses!"
Wow! Sulke positiewe woorde. Kort en kragtig!

1,2,3 WERK PROGRAM

Dit is reeds ons 3e jaar vandat ons die immers gewilde 1,2,3 Werk Program begin aanbied het. Ons het vir van ons huidige studente gevra oor hul ervaring sovêr van die program.
Elrise Boer het genoem: "Ek geniet die klasse. Dit gee vir my selfvertroue en ek is positief hieroor! Dit help my om goeie besluite te neem en dit is ‘n goeie leer-ervaring. Jou agtergrond maak nie saak nie. Jy kan ‘n verskil maak!"

"Die klasse maak my baie opgewonde en ek sien elke week daarna uit! Die klasse is baie interessant en ek leer elke week iets nuuts", het Graig de Wee gesê.

Ons wil tog hierdie waarneming ook deel: Uit die 28 jong studente met wie daar reeds onderhoude gevoer is, het 13 aangedui dat hulle glad nie alkohol gebruik nie, terwyl 8 slegs tydens sosiale geleenthede drink. Dit beteken dat meer as 75% van die studente óf glad nie drink nie, óf hul gebruik bewustelik beperk. Ons sien dit as ’n bemoedigende teken dat tye besig is om te verander, en dat jongmense toenemend ingeligte en verantwoordelike keuses maak oor hul leefstyl.
Hierdie landbouprogram is werklik vooruitgaande opleiding en ons kan dit regtig aanbeveel vir studente (matrikulante wat reeds gematrikuleer het), wat graag verder in landbou wil studeer of nie iewers anders die geleentheid het om te studeer of werk nie.

Op 24 Januarie, op International Education Day, het 'n wêreld-kenner 'n internasionale gehoor toegespreek en die volgende gesê: 

“Youth is calling for an education that nurtures the whole person, thus developing resilience, empathy and environmental stewardship alongside literacy and numeracy. Furthermore, education must be viewed as a lifelong journey, offering upskilling opportunities well into adulthood to adapt to a dynamic economy. To navigate the complexities of the 21st century, education must go beyond knowledge transfer to character-building". 

Berig in The Daily Maverick.

Dit klink asof die man die missie-stelling van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum onder oë gehad het!
TUINBOU KOMPETISIE 2025

In Desember 2025, het 16 talentvolle tuinmakers met hul blom- en groentetuine aan ons kompetisie deelgeneem. Dit was werklik inspirerend om soveel pragtige en vindingryke inskrywings te sien. Baie geluk aan die volgende wenners!

🌸 Blomtuine

1.     1ste plek: Mary Ockhuis – Op die Berg

2.     2de plek: Wayne Hermanus – Dankbaar

3.     3de plek: Adriaan Arendse – Dankbaar

🥕 Groentetuine

1.     1ste plek: Kriewelkouse Bewaarskool – Doornkraal Agri

2.     2de plek: Hendrik Sparrenburg – Lindeshof

3.     3de plek: Ronny Mbusha – De Straadt

🌼🥕 Groente- én Blomtuine

1.     1ste plek: Cornelius Tieties – De Straadt

2.     2de plek: Abraham Baartman – Bronaar

3.     3de plek: Berny Baron – Bronaar

BEAT BEYOND MUSIEKKONSERT

Na nege jaar het ons weer die verhoog laat lewe met ons eerste musiekkonsert sedert 2016 - 'n pragtige vertoning vol ritme, glans en talent.

’n Spesiale dankie aan Rowen G Music School, wat die afgelope tyd deel van die projek was en as inspirerende rolmodelle vir ons leerders dien. Wat 'n lekker feestelike afsluiting van 2025.

Kyk net die gelukkige en trotse gesiggies. Ons is baie trots op elkeen van hulle!
Ons blokfluitspelers het die mooiste klanke op hul blokfluite opgetower.
Ons talentvolle kitaarspelers het almal se hartsnare geroer.
GRAAD 7-KAMP
Die Graad 7's het baie geleer en tydens hul kamp en is vol selfvertroue as Graad 8-leerlinge vir 2026. Daar was geleer oor Witzenberg se geskiedenis, lewensvaardigheidsessies oor keuses en, boeliegedrag was aangespreek, sowel as middelmisbruik.
’n Groot dankie aan Togryers Ceres Museum en die Departement van Landbou: Landelike Ontwikkeling vir julle tyd, insette en passie. Die leerders het dit ongelooflik positief beleef.
GOB KAMP
47 Afrikaans- en Xhosa-sprekende GOB’s se leierskapvaardighede is opnuut verskerp tydens ’n energieke en insiggewende sessie aangebied deur Lennox Plaatjies. Die fokus was op die vaslegging van basiese leierskapbeginsels wat ’n sterk fondasie vir volhoubare gemeenskapswerk lê. Die nuwe GOB’s is gereed om hul belangrike rol in die gemeenskap met selfvertroue aan te pak en ons legendariese GOB’s is opgewonde om met passie en toewyding voort te gaan met hul waardevolle werk.
OPKOMENDE KURSUSSE
 
  • HR Studiegroep; 25 Maart, Zoom
  • Werkswinkel vir Opleidingsbeamptes; 25 Maart; KBOS
  • Boordmonitor Gevorderd; 16 en 17 April; Ceres Museum
  • Kokke Inspirasie; 22 April; Elim
  • Vurkhyser Opleiding; Vanaf middel Februarie
  • Potensiaal en Persepsie Toetse; 14 Mei; Ceres Museum
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*