Januarie 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
1,2,3 CHEEEESE VIR 2025!
Kom ons probeer om daardie spesiale oomblikke en hoogtepunte vas te vang in 2025. Mag elke leser 'n voorspoedige en geseënde jaar hê. 
Ons neem afskeid van 'n spesiale personeellid en ons is opgewonde om nuwe personeellede te verwelkom by die KBOS-span.
Tuine, kampe, opleiding...en nog vele meer. Klomp nuus te lees in ons Januarie nuusbrief.

Lekker lees...but first...let me take a selfie!
QCTO ORCHARD AND VINEYARD SERTIFIKAAT SEREMONIE
Op 11 Desember 2024, by Tulbagh Hotel, het ons sertifikaat seremonie plaasgevind vir die 9 studente wat die Orchard and Vineyard Foreman kwalifikasie voltooi het. Die studente het sertifikate van bevoegdheid ontvang wat uitgereik is deur Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en Hortgro om vir hulle erkenning te gee vir hulle harde werk. Ons is baie trots op hulle!
TUINBOU KOMPETISIE
Baie geluk aan al ons wenners! Dit was ‘n moeilike besluit tussen 21 tuine. Ons is trots op julle harde werk en ons kan die liefde sien wat julle kweek.
‘n Spesiale dankie aan Agrimark Ceres en Op-die-Berg wat vir die tuiniers wonderlike tuingereedskap geborg het vir eerste, tweede en derde pryse. Saam maak ons ‘n verskil.

Soos volg die wenners:
Kategorieë:
Blomtuine
  • Catharina Jacobs - Bronaar - 1ste plek
  • Hester Hanekom - Dennekruin - 2de plek
  • Cornelia Hanekom - Dennekruin - 3de plek

Groentetuine
  • Hendrik Spanneberg - Lindeshof - 1ste plek
  • Johannes Kamfer - Remhoogte - 2de plek
  • Petrus Gelant - De Straadt - 2de plek
  • Candice Muller - Lushof - 3de plek

Groente en Blomtuine
  • Isak Snyders - Vastrap - 1ste plek
  • Adriaan Josef - Tandfontein - 2de plek 
  • Kiro Jacobs - Vastrap - 3de plek
Kyk hoe mooi blom Catharina Jacobs se tuin!
Hendrik Spanneberg spog met sy groentetuin.
Isak Snyders se netjiese groentetuin en blomtuin het uitgestaan.
TOTSIENS WINNIE EN WELKOM
Dit is met groot hartseer en blydskap dat ons moet aankondig dat Winnie van Zyl, aftree. Winnie was die afgelope 12 jaar 'n integrale deel van ons span en sy het ons finansies by die sentrum met soveel toewyding en pligsgetrouheid hanteer. Ons sal haar verseker mis, maar is bly vir haar na soveel jare van diens aan die sentrum. Winnie se laaste werksdag is op 31 Januarie 2025.   
In haar eie woorde: "Baie dankie aan almal vir jul vriendelikheid, hulp, geduld en mooi herinneringe. Ek sal dit baie mis, en vir altyd onthou. Mag 2025 vir elkeen van julle ‘n mooi en geseënde jaar wees en mag dit goed gaan met julle".
Winnie van Zyl
BAIE WELKOM aan Hanli Rossouw en Jarred Muller. Hanli is die nuwe Finansiële Bestuurder en Jarred sal sy internskap vir die volgende 18 maande by ons voltooi. 
Hanli gaan voorlopig twee ½ dae `n week op kantoor wees (Maandae en Donderdae) en Jarred sal elke dag voldag op kantoor wees.
Ons is baie opgewonde om hul as deel van ons span te hê.
GR. 7 KAMP
Op 6-8 Desember 2024, het 'n groep van 36 Graad 7 leerders ‘n verskriklike lekker kamp by Dennebos gehad. Hier is ‘n leerder se opsomming in haar dankie-brief aan die plaas:
"Ek het baie geleer hier in Dennebos byvoorbeeld:
  • Ons het 4 nuwe maniere geleer hoe om jouself te red as jy nie kan swem nie.
  • Ons het geleer om die regte keuses te maak.
  • Ons het ook geleer dit maak nie saak wat ander mense van jou sê nie, jou persoonlikheid verander nooit”. 
‘n Ander leerder skryf: “Meneer gee vir ons die geleentheid om iets positief te doen in ons lewe".
 
Baie dankie aan Witzenberg Munisipaliteit vir die afslag op akkomodasie en Departement van Landbou vir die leerders se geskenkpakkies. Aan elke aanbieder wat die leerders se lewens verryk het, ons is dankbaar vir julle.
BEVINDINGS VAN 2024 PRODUKTIWITEITSPLAASBESOEKE
Lees die volledige verslag van Joy van Biljon deur hier te kliek. Onder volg ‘n paar praktiese voorstelle.
Daar is ‘n paar GOEIE tendense wat by die meeste plase voorkom:
  • Die terugkeersyfer is hoog. Dit maak die toesighouers se werk baie makliker.
  • Oggend 10-minute span gesprekke is roetine op die meeste plase.
  • Die QC – span se kommunikasie loop beter.
  • Die woord "kwaliteit" word meer spontaan gebruik.
Ongelukkig is daar ook UITDAGINGS:
  • Bestuur sukkel om by “mens” aksies uit te kom wat produktiwiteit kon verbeter. Hulle betrek nie HR of hulp nie. 
  • Daar is onkunde aan alle kante oor wat ander mense weet en ‘n “dumbing down” tendens. 
  • Swart toesighouers benut nie formele hulpbronne nie.
Goeie praktyke (Verduideliking in verslag).
  1. Gee meer inligting.
  2. Benut die pakstoor.
  3. Dink mooi oor namiddae.
  4. Maak seker van jou tolk.
  5. Bou verhouding tussen QC en span.
  6. Wees konsekwent met wie opdragte gee.
  7. Wees realisties + bestuur jou emosies.
‘n Duidelike gedeelde doel, goeie meting en terugvoering, emosioneel deel voel van ‘n span en inligting wat betekenis aan die taak gee, bly die bou blokke vir produktiewe spanne.
GOB OPLEIDING
'n Groep van 54 GOB's het by Boontjiesrivier bymekaargekom vir 'n goeie opleidingsessie.
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Basiese Brandbestryding (vir kantoor en creche personeel): 19 Februarie; KBOS
  • HR Studiegroep – nuwe wetgewing rondom gelyke indiensneming: 19 Maart; ZOOM
  • Xhosa gespreksklasse: 18 & 19 Maart, 1 & 2 April, 29 Mei, 22 Augustus, 29 & 30 September; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*