WITZENBERG GOT TALENT 2024
Is jy die volgende Agri’s Got Talent-wenner? Skryf nou in vir ons talentkompetisie. Kliek hier vir inskrywingsvorms.
|
|
|
AgriSETA het saam met Hortgro die opleidingsentrum en van ons ledeplase besoek. Die voorsitter van AgriSETA se raad, Sharon Sepeng, was ook by die besoek. Ons is dankbaar vir die geleentheid om vir haar te kon wys wat ons doen. Ons hoop daar is nog sulke geleenthede in die toekoms.
|
|
Van voor na links: Adrian Ockhuis - Langrivier, Magdalene Willemse - Dutoit Agri Nooitgedacht, Sharon Sepeng - AgriSETA, Carmen Roberts - Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, Jacob Coetzee - Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, Astrid Arendse - Hortgro, Cinthia Mahlathi - Hortgro, Khanyisa Njengele - AgriSETA. Agter: Frikkie Fouche - AgriSETA.
|
|
|
Op Donderdag 7 Desember 2023, het die leerders op ‘n uitstappie gegaan om verskeie besighede te besoek in Ceres. Die eerste stop was by Dutoit groente, waar ons die pakhuis besoek het. Die studente kon nie glo hoe groot dit werklik is nie omrede almal gewoonlik net daar verby ry op pad Ceres toe.
Dutoit vrugte, was ons volgende besoekpunt waar ons hartlik ontvang is. Ons is op ‘n toer deur die hele pakhuis geneem en die prosesse is aan almal verduidelik.
By Hortec, het Janine ons die verskillende prosesse verduidelik wat tydens vrugrypheidstoetsings gedoen word. Studente was verbaas oor die prosesse wat gevolg moet word voordat produsente besluit dat die vrugte reg is om gepluk te word.
Lumbri Kompos se besoek het die skaal aangedui waarop kompos vir kommersiële doeleindes gemaak word.
|
|
- Daar sal ‘n registrasie sessie wees wat ‘n kontak sessie is om die nodige vorms in te vul.
- Daarna sal die eerste klas plaasvind om die kurrikulum te verduidelik, datums deur te gee, leermateriaal uit te deel, vakke wat beskikbaar is te verduidelik asook opleiding in tegnologie.
- Indien jy enige navrae het kontak gerus vir Abri Coetzee by die Witzenberg Learning Centre op Ceres by witzenburgclc@gmail.com
|
|
Die graad 11’s van laasjaar se Proses het saam Brett Viljoen en sy span van Kunika Outdoors gaan kamp. Die leerders was toegerus met die nodige gereedskap om effektiewe leiers te wees en om hulle matriek jaar suksesvol aan te pak.
|
|
|
51 Gemeenskapsleiers van ons plase het die GOB kamp bygewoon. Dit was 'n merkwaardige en leersame kamp.
|
|
|
OPKOMENDE KURSUSSE:
- Steenvrugte Velddag: 28 Maart
- HR Studiegroep: Belangrike nuwe KVBA reëls en prosedures en Werknemer Regte: 20 Maart (ZOOM)
- Besoek en bespreek - Kurkvlek in Pere: 10 April
- Veilige hantering van gifstowwe: 19 April (vind by Bo-Swaarmoed plaas)
- Kokke inspirasie: 26 April
- Bestuursdag: 16 Mei
|
|
|
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
|
|
|
|