|
Die aansoeke wat ingedien is vir beurse, internskappe en werkplekplasing, is gedurende Desember ge-evalueer en die plase wat goedkeuring gekry het is in kennis gestel. Geen nuwe beurse en internskappe is goedgekeur nie. Goedkeuring vir slegs 2 werkplekplasings en beurse van studente wat verlede jaar ook befonds was, is goedgekeur. Die rede wat die Seta aanvoer, is dat die aansoeke die beskikbare begroting oorskry het. Hierdie is baie sleg vir ons streek. Ons het ons bekommernis hieroor aan die bestuurder van die leer programme en projekte wat internskappe, werkplekplasings en beurse insluit, uitgelig. Tot op hede het ons nog geen terugvoering ontvang nie.
Ons sal teen einde Maart of vroeg April terugvoering kry oor die aansoeke vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme. Ons hou moed dat dit goeie nuus sal bring aan ons lede plase.
|